Tag Archive | malvapudding

Malvapoeding met lemoenskil


IMG_022900000000000

 MALVAPOEDING  MET LEMOENSKIL

2eetlbotter
1 ¼ kop suiker (1 kop)
2 eiers
1 hoogvol eetl appelkooskonfyt
2 kop meel
2 tl koeksoda
1 tl bakpoeier
1 ½ kop melk
½ tl sout
2 tl gerasperde lemoenskil

Sous – meng alles in pot en bring tot kookpunt. Prut vir ‘n rukkie en hou warm
1 groot blik idealmelk + 125ml melk
2 tl gerasperde lemoenskil
125gr botter
1 ½ kop suiker (1 ¼ kop)

Oond 180 C
Room/meng botter en suiker – meng eiers en konfyt by
Meng meel, bakpoeier en sout
Los koeksoda op in bietjie melk
Meng droe bestandele in by geroomde mengsel. Gooi koeksodamengsel in. Meng goed deur
Bak onbedek vir ongeveer 25min (ek het gevind myne was nog baie rou na 25 min – het dit gebak vir 40 min)
Haal uit en skakel die oond af. Hou die deur toe
As poeding gaar is, sny die poeding in groot blokke. Gooi die sous oor die poeding. Sit poeding terug in die oond vir 5 minute
Moenie bekommerd wees dat die poeding baberbek gate gaan trek as dit in blokke gesny word nie. Die poeding trek weer toe as die sous oorgegooi word. Sien my foto bo
Wenk: Verminder die suiker indien jy dit nie so erg soet wil he nie. Ek het myne vervang (sien bo met die mates in hakkies)

Indien jy nie idealmelk wil gebruik nie, vervang dit met room, of melk of helfte helfte (bv helfte melk, helfte ideal melk, helfte room en helfte melk of slegs net melk)

1 lemoen is genoeg vir die hoeveelheid lemoenskil wat jy benodig.

Bak 20cm grootte

IMG_0225