Tag Archive | guava salad

Koejawel /guava


Koejawel Stolvorm Poeding

Koejawel Stolvorm Poeding

KOEJAWEL STOLVORM

1 groot blik koejawels fyngemaak met sap

2 pakkies aarbei jellie aangemaak met 3 kop kookwater

1 blik kondensmelk

500ml vla (slap aangemaak met net ongeveer 4tl vlapoeier sonder suiker)

Meng jellie en laat afkoel, nie stol – voeg alles bymekaar – meng goed en laat staan verkieslik oornag in yskas

 

GUAVA/KOEJAWEL  TERT

‎1x blik (825) gr koejawels

2x pakkies kersie jellie

2x blikkies ideal melk

2x pakkies Tennis beskuitjies

Dreineer  koejawels, druk fyn en hou stroop eenkant.

Meng jellie poeier met stroop en verhit tot jellie poeier gesmelt is

Voeg dan koejawels en Ideal melk by en roer goed.

Plaas laag tennis beskuitjies  in tertbak, dan koejawel mengsel, herhaal en strooi laaste fyn t beskuitjies bo-oor.

Bedek met Gladwrap en sit in yskas om te stol.

 

 KOEJAWELPOEDING

Rencia Odendaal Pretorius

1 Blik koejawels (water afgegooi en fyn gedruk)

1 blik volroom kondensmelk

3 eetl suurlemoensap

1 eier geklits

Meng al bogenoemde goed

Neem 1 pak tennis beskuitjies en pak in tertbak.

Gooi mengsel bo-oor

Bak in oond vir 10 min by 180grade C

Klits 250ml room tot styf en sit bo-oor tert

guava tert

SIMPLE GUAVA FRIDGE TART

This Guava Fridge Tart is ridiculously easy to make and tastes delicious! It is a light, yet creamy dessert perfect for a hot summer’s day!

Ingredients:

Canned Guava halves in syrup (410gr)
Ideal Evaporated Milk (380gr) *chilled
Strawberry Jelly Powder (80gr) *Cherry or Rasberry Jelly Powder will also work
1-2 Packets Tennis Biscuits

Method:
1.Separate guavas from syrup. Do not discard the syrup!
2.Mash or cut guava halves into fine pieces. You might want to remove the pips as they can be quite hard.
3.Add the jelly powder directly to the guava syrup. Place the mixture in the microwave on high for 30-60 sec., or until the sugar in the jelly powder has dissolved. Allow to cool.
4.Beat the Ideal Milk until thick and creamy. Add the jelly syrup and guava pieces and mix well.
5. In a glass dish, alternate between layers of Tennis Biscuits and the Ideal Milk mixture (2-3 layers).
6.Sprinkle a layer of 2-3 crushed Tennis Biscuits over the top of the tart.
7.Refrigerate until set.
8.Consume within 2 days.

Deur: Katara

 

GUAVA TERT
1 groot blik guava – stroop afgegooi en gemash
1 blik kondensmelk
1 pakkie aarbei jellie
1 pakkie tennis beskuitjies
Maak jellie, meng kendensmelk by, meng guavas by. Gooi oor tennisbeskuitjies wat dien as kors.
Sit in yskas om te stol.
KOEJAWELTERT MET VLA
Kors van mariebeskuitjies
Vulsel:
2 kop stywe vla
1 blik koejawels
½ pkt rooijellie opgelos in:
¾ kop water
¾ kop room
1 tl vanielje
2 Etl suiker
Pak as volg in kors:
1.Laag vla.
2. Laag koejawels.
3. Laag jellie .
4. Laag vla
5. Room geklits met geursel en suiker.
Rencia Odendaal Pretorius
KOEJAWELPOEDING (Basaarpoeding)
1 groot blik koejawels fyngemaak met sap
2 pakkies aarbei jellie aangemaak met 3 kop kookwater
1 blik kondensmelk
500ml vla (slap aangemaak met net ongeveer 4tl vlapoeier sonder suiker)
Meng jellie en laat afkoel, nie stol – voeg alles bymekaar – meng goed en laat staan verkieslik oornag in yskas

KOEJAWELYSKASTERT 

1 x 800g blik koejawelhelftes
2 x 410g blikke ingedampte melk
2 x 80g kersie of perskejellie
2 x 200g pakke Tennisbeskuitjies

Dreineer Koejawelhelftes en hou sap eenkant. Druk Koejawels met ‘n vurk fyn. Meng jelliepoeier en sap wat eenkant gehou is en verhit in pan tot jelliepoeier gesmelt is. Verwyder van hitte. Voeg fyn gedrukte Koejawels en ingedampte melk by en roer goed. Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n 3 liter tertbord en skep die helfte van die Koejawel mengsel in. Rangskik nog ‘n laag beskuitjies bo-oor en skep oorblywende Koejawelmengsel in. Maak orige beskuitjies fyn en strooi krummels bo-op tert. Bedek met kleefplastiek en verkoel tot gestol.
KOEJAWEL TERT
Enige gaar tertkors of tennisbesuitjies
Vulsel:
1 tl gelatien
1 pakkie suurlemoen of pynappeljellie (moenie aanmaak met water nie)
1 groot blik koejawels (fyngedruk)
1 blikkie caramel kondensmelk
1 blikkie room (styfgeklop)
Gooi koejawelstroop in bak en maak warm in mikrogolf en meng die gelatien en jellie met die stroop. Laat afkoel.
Voeg kondensmelk en koejawels by en meng goed.
Gooi in tertkors of pak tennisbeskuitjies onder en aan kante van ‘n bak en pak lae
Sit Geklopte room bo-oor en verkoel in yskas.

KOEJAWELTERT
‎1 Konfytrol
1 Groot blik koejawels
30g Vla Poeier
60ml Water
1 blik kondensmelk
1 houer gladde maaskaas
125ml suurlemoensap
250ml room
1t vanielje essense
Sny konfytrol en plaas onder in langwerpige bak. Kook koejawels met sous vir ongeveer 3 minute. Meng vlapoeier met water en voeg by koejawels. Gooi oor konfytrol. Meng kondensmelk, maaskaas en suurlemoensap tot goed gemeng en romerig. Smeer bo-oor. Plaas kersies bo-op (opsioneel.)
KOEJAWELS IN SUIKERSTROOP
Koejawels in suikerstroop
15 ryp koejawels – geskil en deurgesny
5 1/2 koppies suiker
1 liter water
12 naeltjies
1 kaneelstok
In ʼn groot pot maak jy alles stadig warm terwyl jy dit roer met n houtlepel totdat die stroop kook en die suiker gesmelt is, laat dit stadig prut totdat die stroop begin dik raak en op die agterkant van ʼn lepel bly klou
Gooi die koejawels in die stroop en prut saggies tot die koejawels net sag is, moet dit nie pap kook nie. trek die pot van die stoof en laat die koejawels afkook in die stroop
Jy kan dit warm, warm in flesse inlê of jy kan dit in die yskas laat staan vir tot 3 weke
As jy inlê sorg dat jou bottels gesteriliseerd is – pak jou vrugte dan met ‘n lepel in warm bottels, gooi die warm stroop oor, skud om borrels uit te haal, seel die bottels, sit in ‘n kastrol met kookwater wat oor die bottels se koppe strek en kook vir 15 minute – daarna kan hulle spens toe tot jou lus jou weer kom kry en jy ‘n bottel oepmaak
As jy gril vir die pitte kan jy dit uitskep voor jy dit kook, en die koejawels in die middel deursny.

KOEJAWEL SLAAI

Ons maak gereeld hierdie slaai saam met braaivleis. Dis heerlik! Die mans noem dit sommer altyd poedingslaai: 1 blikkie ingemaakte koejawels, 2 ferm piesangs, een groen appel. Sny die 3 bestanddele op in stukkies en gooi enige geur joghurt oor sodat dit bedek is. Om dit nog lekkerder te maak, skep ek sommer nog n hoogvol eetlepel kondensmelk ook oor, en meng.

KOEKAWELKONFYT

Skil koejawels dun af en sny in skyfies.

Bedek dit met KOUE WATER en kook dit tot dit sag is. Laat afkoel.

Gebruik die 1 op 1 formule bv 1 kg suiker vir 1 kg vrugte (gebruik ook jou water wat oorgebly het toe jy die koejawels gekook het – dit maak op vir die vrugtemengsel.

Verhit die suiker en koejawelmengsel en kook verder jou konfyt soos wat jy appelkooskonfyt sou kook. Onthou die bietjie suurlemoensap.

Bottel  warm