Tag Archive | canned mushrooms

Ingelegde sampioene/mushrooms


Lucretia Boucher

Ingelegde sampioene
Olie
1 klein ui, gekap

1 klein wortel, gekap
2 knoffelhuisies
Sout en peper
500 ml witasyn
Takkies vars roosmaryn, tiemie en pietersielie
3 lourierblare
6 koljandersade, gekneus
12 heel witpeperkorrels, gekneus
1 kg knopiesampioene, skoongemaak

Verhit ‘n bietjie olie en braai uie, wortels en knoffel sowat 5 minute tot sag. Voeg sout, peper, asyn, kruie, koljander, peperkorrels en 500 ml water by. Verhit tot kookpunt en kook onbedek vir 10 minute.
Plaas sampioene in ‘n groot plastiek- of glashouer en giet mengsel oor. Bedek en laat oornag.
Dreineer sampioene en pak saam met gedreineerde kruie en speserye in ‘n fles. Vul met olie en verseel. Laat 3 – 4 weke staan.

 

Linda Theron

Ingelegde Sampioene

1 liter witwyn-asyn
500g wit suiker
3 knoffelhuisies, in skywe gesny
2 takkies tiemie
3 lourierblare
1kg witknopie sampioene
150-200ml olie
Sout en peper

Meng die asyn, suiker, knoffel, tiemie en lourierblare saam en bring tot kookpunt terwyl jy roer.
Sodra die mengsel kook, haal van die hitte af en hou eenkant.
Braai die sampioene in klein hoeveelhede op ’n slag in olie om dit vinnig ’n kleurtjie te gee.
Geur met sout en peper sodra die sampioene uit die pan kom.
Gooi dit in die pekel.
Sodra al die sampioene in die pekel is, skep dit in verseëlbare bottels.
Dit hou in die yskas vir tot 3 maande.