Tag Archive | appelkooskonfynt

Lepelsteeltjies (sout)


Lepelsteeltjies- rainbow cooking

Lepelsteeltjies- rainbow cooking

Lepelsteeltjies (sout)

Maureen Van Helden

(4-5 dosyn)
500 ml koekmeel
2 ml sout
1 ml bakpoeier
250 gram gerasperde Cheddarkaas
250 gram margarien (kamertemp )
appelkooskonfyt (kan met sweet chillie vervang word)

1. Sif droë bestanddele. Meng kaas by. Meng margarien by. Dit moet sag maar nie gesmelt wees nie.
2. Meng tot hanteerbare deeg. Rol okkerneut grootte ba…lletjies en plaas in holtes van klein kolwyntjie pannetjies wat met Spray & cook gespuit is.
3. Druk gaatjie met agterkant van houtlepel maar oppas dat jy nie regdeur tot op pan druk nie.
4. Skep bietjie appelkooskonfyt in elkeen en bak so 15 minute by 200°C.
5. Laat afkoel en bere in digte houer. Voor opdiening skep weer bietjie appelkooskonfyt in elkeen want konfyt bak weg.
Ek sit sommer die appelkooskonfyt in my versierbuis dan spuit dit makliker in gaatjie en jy besmeer ook nie kante nie want dit bak donker en lyk nie so mooi nie

Advertisement