Brood – basiese wit en bruin


IMG_0025

Die broodjie het ek vir 1 uur laat rys. Sien daar is geen verskil tussen die brood wat dadelik gebak is en die een wat gerys  het nie

MY DAD SE BROODJIE

1 kg witbroodmeel (7koppies)

4 koppies lou water

2 tl sout

1 pakkie gis (10gr)

Meng alles saam.

Dit is nie nodig om dit te laat rys nie. Jy kan as jy wil, maar sien die 2 foto’s. Daar is geen verskil nie

Bak vir 1 uur by 180 C

IMG_9996

Die broodjie is dadelik gebak. Het dit nie laat rys nie

BROOD

Ek gebruik 4kop wit meel en 1kop bruin broodmeel, 3t sout, 6t suiker, 3 eetl olie, 2pk yeast en 2kop lou water! Laat n uur rys knie af en maak 2 brode rys dan so 45 min en bak 180gr n uur lank en gebruik die deeg vir vetkoek ook! Ek bak elke 3de dag brood!

 

MAKLIKE BROOD
125 ml melk
2 Eetl margarien
Kook  bg saam en laat afkoel
4 koppies brood- of koekmeel
1 pakkie kitsgis, 1 t sout
Meng
Meng die twee mengsels. Maak aan met ongeveer 300 ml lou water. Knie 5 minute. Maak toe en sit op warm plek om te rys vir 30 minute. Knie af, plaas in gesmeerde pan en laat rys nog 30 minute. Bak 1 uur by 180ºC.

 

BASIESE BROODRESEP
WEG TYDSKRIF
Met hierdie veelsydige, basiese broodresep kan jy gewone brood, potbrood,roosterkoek, vetkoek en self askoek bak.
VIR 2 BRODE
1kg (7kp) witbroodmeel of helfte Nutty wheat en helfte witbroodmeel
2 teel suiker
1 teel sout
1 pakkie (10g) kitsgis
1 eetl olie
Ongeveer 2 kp louwarm water
Meng die droe bestandele en gooi genoeg louwater by om ‘n hanteerbare deeg te vorm.
Knie die deeg tot glad. Sit die deeg in ‘n gesmeerde bak en bedek met kleefplastiek. Laat staan dit vir 15min op ‘n warm plek totdat die deeg in volume verdubbel het. Dis nou reg vir gebruik

 

WITBROOD

1kg witbroodmeel
15ml sout
10ml suiker
1x10g Anchor kits droëgis
20g botter
625ml lou water
Sif die meel, sout, suiker en gis saam. Vryf botter by droë bestanddele in. Voeg lou water by en meng tot ‘n sagte deeg. As die deeg te droog is, kan nog bietjie water bygevoeg word. Knie deeg tot sag en elasties. Plaas in ‘n olie gesmeerde mengbak, bedek en laat 20 minute lank rus. Nadat deeg gerys het, knie af en verdeel in 2 ewe groot dele, vorm en plaas in gesmeerde broodpanne. Bedek en laat rys op ‘n warm plek, 35-40 minute lank of tot dubbel die hoeveelheid deeg. Bestryk met water en bak in voorverhitte oond by 200C, vir 35 minute of tot gaar

 

BASIESE BRUINBROOD

400 g meel
10g kitsgis
350 g nutty wheat
30 g margarien
ongeveer 500 ml warm water
1 t sout
Meng meel en sout. Vryf margarien in. Sprinkel kitsgis bo oor en meng. Voeg geleidelik die water by, meng tot sagte maar nie klewerige deeg. Knie tot glad en elasties. Plaas in gesmeerde skottel en maak toe met gesmeerde cling wrap. Plaas op warm plek tot dubbel in grootte gerys. Knie af vir 5 minute lank. Plaas in broodpan en laat weer rys. Bak by 190ºC vir ongeveer 40 minute.

 

brood bruin

BRUINBROOD
600ml witbroodmeel
560ml volkoringmeel
600ml bruinbroodmeel
1x10g kitsgis
sout na smaak
500-750ml warm water
Meng die meel, gis en sout in ‘n groot mengbak. Maak ‘n holte in die meel en voeg 500ml van die water by. Meng met ‘n lepel tot ‘n stywe deeg vorm. As die deeg te styf is, kan nog water bygevoeg word. Knie deeg op ‘n houtplank wat liggies met meel bestrooi is, tot glad en elasties. Vorm die deeg in twee gesmeerde broodpanne, bedek en laat rys tot dubbel die volume. Bak 40-60 minute in ‘n voorverhitte oond by 200C. Laat op ‘n draadrak afkoel.
KORINGROERBROOD:
5 x 250 ml gaar koringkorrels
6 x 250 ml bruinbroodmeel
2 x 10 g kitssuurdeeg
25 ml sout
60 ml bruinsuiker
125 ml kookolie
1 liter louwarm water
Meng die koringkorrels, bruinbroodmeel, suurdeeg en sout in´n mengbak. Plaas die suiker, olie en water in ´n ander mengbak en roer tot goed gemeng. Voeg dié mengsel by die droë bestanddele en roer goed deur. Skep die deeg in twee gesmeerde broodpannetjies Laat op ´n warm plek rys tot gelyk met die borand van pan. (Dit duur sowat ´n halfuur; die brood rys ook terwyl dit bak.) Stel intussen die oond op 200C. Wanneer die deeg gereed is, bak sowat een uur tot gaar in die voorverhitte oond. Die brood is gaar as ´n mens ´n hol klank kry wanneer jy dit onder met die kneukels klop.

 

PLAASBROOD

8kp meel – 1 pakkie kitsgis – 5ml sout – 5ml suiker – 30ml kookolie – 600ml louwarmwater. Plaas droe bestanddele in mengbak  en meng goed. Maak holte in meel. Meng olie en water. Gooi water in holte. Meng alles met jou hand. Hou ekstra meel en water byderhand indien te styf of te droog is. Knie 10min. Sit deeg in een groot of 2 kleiner gesmeerde broodpanne. Plaas op warm plek om tot dubbel die volume te rys. Bak by 180grade C tot gaar – so tussen 30 – 40min.

 

ONGESUURDE BROOD
(maak 3)

175 g witbroodmeel
1 t sout
1e olyfolie
± 115 ml water

Sif meel en sout saam. Kombineer olyfolie en water. Gooi meelmengsel geleidelik in die vloeistofmengsel in en roer totdat dit ‘n kniebare deeg vorm (soms is ietwat meer of minder water nodig).
Haal uit die mengbak en knie op meelbestrooide oppervlakte totdat die deeg glad en elasties is. Bedek met ‘n klam doek of kleefplastiek en laat toe om ± 20 minute te rus. Verdeel in drie ewe groot dele, vorm in bolletjies en rol totdat dun, ronde sirkels vorm.
Plaas op voorverhitte nie-klewende elektriese braaipan of gewone nie-klewende stoofpan. Braai totdat blase begin vorm en die deeg begin verkleur. Draai om en braai tot goudkleurig aan die ander kant ook. Verwyder en geniet warm of koud.

 

NUTTYWHEAT BRUIN BROOD
2 koppies Nuttywheat meel
2 koppies Bran OF Muesli OF All Bran flakes
2 teelepels Koeksoda
2 teelepels Bruin suiker
1/2 teelepel Sout
500 ml Karringmelk OF Gewone Jogurt
Meng alles saam en bak vir 1 uur op 180º C.

 

BROOD BêRE MENGSEL
1.45 kg Koekmeel
20 ml Bakpoeier
20 ml Sout
15 ml Kremetart
8 ml Koeksoda
340 ml Vetvrye melkpoeier
500g Botter
In n groot houer, meng al die droe bestandele, vryf botter in.
Bere in lugdigte houer.
Vir gebruik word net water bygevoeg. ( van pannekoek tot brood ) gebruik jou verbeelding.
Ek gebruik dit om pizza op die kole te maak, druk dit plat met die hand ( dis nou nadat jy dit aangemaak he met water tot rolbare of hanteerbare deeg ) braai aan een kant, dop om plaas jou gunsteling pizza vulsel op, terug op vuur tot kaas gesmelt is

 

POTBROOD

1 kg Broodmeel/bruin of wit
12,5 ml Sout
1 pak Giskorrels (10g)
2 tl Suiker
4 el olie
500-800 ml Lou water
Metode:
Meng al die droë bestandele bymekaar. Voeg olie by en dan genoeg water sodat deeg kniebaar is. Knie vir 10 min en laat dan rys voor weer afknie. Sit in po en laat rys tot bo, bak vir 45 – 60 min teen 160 grade, of op matige kole in jou swartpot.

 

BASIESE RESEP VIR BIERBROOD
500g bruismeel
5ml sout
1 blik (340ml) bier
Voorverhit oond by 180C.
Smeer ‘n 1.2 liter broodpan.
Sif bruismeel en sout saam.
Voeg bier by en meng goed.
Skep in voorbereide pan.
Bak 1 uur of tot gaar.
WENK: Voeg nog bietjie water by ingeval deeg te styf is.

 

 MELKBROOD
15 g kitsgis
250 – 300 ml milk
1 teelepel strooisuiker
450 g sterk broodmeel
1 teelepel sout
100 ml olyfolie
Metode:
Meng die gis met 150 ml melk en die suiker.
In ‘n aparte mengbak, meng meel, sout en olie. Vryf die olie in.
Meng die meel en melkmengsel en voeg geonoeg van die melk by om ‘n klewerige deeg te vorm.
Knie deeglik tot die deeg nie meer klewerig is nie.
Bedek met ‘n doek en laat dit in ‘n warm plek rys tot dubbel die grootte.
Knie weer vir so 5 minute en vorm dan vier 30 cm lang ronde brooodjies.
Laat dit staan tot grootte verdubbel en bak dan teen 200 C.

Comment here!