Eend


Geroosterde Eend - Foto bionicgrrrl

Geroosterde Eend – Foto bionicgrrrl

GEROOSTERDE EEND
JP Du Plessis
Pasella

4 eendborsies, in filette gesny en vet verwyder
sout en varsgemaalde swart peper

Sous
1 k lemoensap, vars uitgedruk
8 e heuning
2 e sjerrie
knippie saffraan
1 t kardemom, fyngemaal
1 t swart peper, fyngemaal
2 k hoenderaftreksel
1 salot, gemaal
¼ t borrie
knippie gemmer, gemaal
sout en peper na smaak

Bring al die sousbestanddele tot kookpunt in ‘n klein kastrolletjie. Stel hitte laer en kook af tot stroperig.

Geur die eendfilette met sout en peper en braai in dikboompan – die vetkant eerste, totdat dit bruin en krakerig is. Seël vinnig aan die ander kant. Verwyder van hitte en bak 5 – 8 min in oondpand teen 180 C,
Haal uit oond en laat staan 5 minute op warm plek voordat dit in dun skyfies gesny word.
Bedien met sous, saffraanrys en groen aspersies

Saffraanrys

80 g botter
½ kaneelstokkie
5 heel kardemompeule, gekneus
1 huisie knoffel
3 heel swart peperkorrels, gemaal
200 g basmatirys, gewas en 3 ure geweek in soutwater
2 e pistasieneute, gekap
2 e pitlose rosyne
1 lekker vet knyppie saffraandrade, geweek in 4 e kookwater
seesout

Smelt die botter in pan, voeg die knoffel, kaneel, kardemom en swartpeper by en braai ongeveer 3 minute oor lae hitte.
Dreineer die rys, voeg by die botter en roer 1 minuut goed deur.
Stel hitte hoër, voeg die neute, rosyne en saffraan by en gooi genoeg water by om die rys te bedek.
Geur met sout en maak stewig toe met deksel.
Bring tot kookpunt en prut 5 minute. Verwyder deksel, en bedruip die saffraanwater.
Sit deksel terug, stel hitte tot laag en kook vir nog 5 – 8 minute

Lemoen Eend - Sarie

Lemoen Eend – Sarie

LEMOEN EEND
Deur Barbara Joubert, SARIE KOS

Sit voor met kapokaartappels en ’n groenslaai.
(4 – 6 porsies)

1 heel eend
5 lemoene
2 heel kaneelstokke
sout en varsgemaalde swartpeper
100 g ligte bruinsuiker
125 ml appelwynasyn
80 ml brandewyn
Verhit jou oond tot 160 °C. Vul die holte van die eend met een lemoen en die kaneelstokke. Geur die eend met sout en swartpeper. Prik die vleis met ’n vurk of skerp messie. Plaas die eend op ’n rakkie in ’n oondroosterbak. Rooster vir ’n uur. Draai dit ná ’n halfuur om. Rasper intussen die skil van die ander 4 lemoene en druk die sap uit. Blansjeer die skil vir 1 minuut in kookwater. Dreineer en gooi in koue water. Smelt die bruinsuiker in ’n pan tot dit gekaramelliseer het. Voeg die asyn by en kook vir 3 minute. Gooi die brandewyn, lemoensap en skil by en kook vir nog 3 minute. Verhoog die oondtemperatuur na 180 °C. Verf van die sous ná die eerste uur oor die eend en rooster verder vir 1 uur, terwyl jy so elke 10 minute nog sous oorverf. Die vel moet bruin en bros word. Vir die mooi kan jy twee dun lemoenskyfies vinnig in botter braai vir garnering.

 

HEUNING-EEND MET APPELS

SARIE – Mei 2008

As jy nie eendborsies in die hande kan kry nie, kan jy gewone hoenderborsies gebruik. Jy sal maar self die hoenderborsies moet ontbeen, want jy moet die vel behou

(6 porsies)

3 appels, gehalveer

70 ml brandewyn

1 ml fyn kaneel

1 ml fyn gemmer

170 ml heuning

4 knoffelhuisies, fyngedruk

6 vars salieblare

15 ml olyfolie

6 ontbeende eendborsies, vel net deurgesny

100 ml hoenderaftreksel

sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Verhit die oond tot 180 °C. Meng die gehalveerde appels, brandewyn, knoffel, kaneel, gemmer en heuning saam in ’n bak. Sny so 4 kepe in die eendborsies se vel. Dit moet net deur die vel gesny wees, nie diep in die vleis self nie.

Verhit die olyfolie in ’n pan wat jy in die oond kan sit. Plaas die eendborsies velkant onder in die pan en braai vir so 5 minute voor jy dit omdraai. Braai vir nog so 5 minute. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Voeg die appelmengsel en hoenderaftreksel by. Laat dit vir sowat 5 minute kook en voeg die vars salieblare by. Plaas in die warm oond en rooster verder vir 25 – 30 minute tot die sous effens afgekook het. Sit voor saam met kapokaartappels. Dis veral lekker om die sous oor die aartappels te skep.

 

 

Maureen Adendorff Van Os

DUCK IN ORANGE SAUCE

How to make duck with orange sauce:

Of course in French this would be Duck a l’orange and is an absolutely fundamental dish in French cuisine.

Ingredients

1 whole duck

3 oranges

2 onions peeled

2 tablespoons cornflour

1 bay leaf

salt

pepper

Method

Put the giblets to simmer in 1 pint water with one of the onions and some salt and pepper.

Put the other onion and one chopped orange inside the duck.

Cook the duck on a wire rack in a roasting tin at 200 degrees C. (see temperature conversions) (for a 5-6lb duck) allowing 15 minutes per lb and an extra 15 minutes at the end of cooking or for a 4lb duck 20 minutes per lb and an extra 20 minutes at the end.

Cut the zest from the two remaining oranges and put it in a pan with 1/2 pint water.

Bring to the boil, take off the heat and stand for about 30 minutes.

Strain, reserving half of the zest.

Shred this very finely.

Add the giblet stock to make orange liquid up to 1 1/2 pints.

Add the shredded zest to this.

Blend the cornflour with a little cooked fat from the duck.

Add this to the 1 1/2 pints of liquid.

Bring to the boil and simmer, stirring for about 4 minutes.

Take the orange and onion out of the duck and serve with the sauce.

 

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s