EK WIL MET DIE PLASING – LEDE HELP WAT SUKKEL MET HULLE SLOW COOKER.
Ons bespreek ‘n paar vinnige MOETS EN MOENIES
Dit is so maklik en gerieflik. As jy dit eers een keer onder die knie het, sal jy wonder hoe jy sonder jou slow cooker oor die weg kon kom.
JOU SLOW COOKER SAL NIE ONTPLOF NIE, NIE JOU KOS BRAND NIE, DIE HUIS AAN DIE BRAND STEEK NIE,JOU KOS SAL NIE ROU WEES NIE en as jy kos te pap is, maak sop !!!!
‘n Paar punte om te onthou as jy met jou slow cooker werk.
Moenie te veel water ingooi nie, anders is jou gereg een hoop pap gekookte gereg. Mens gebruik altyd MAKSIMUM half na 1 kop vloeistof. Dit sluit in al jou souse bv balsamic vinegar, worstersous, wyn, suiker kerrie, borrie, aftreksels ens.
Neem ‘n koffiebeker, gooi AL jou speserye ens IN die koppie wat jy wil gebruik, dan top jy dit op met water tot bo – die gooi jy bo-oor jou vleis. Dit is genoeg vloeistof om jou kos gaar te kry.
By soppe kan jy ‘n koppie en half water gebruik.
Gebruik altyd VARS GROENTE bv aartappels, wortels, uie, kool, pampoen, patats ens – Die gevriesde pakke wat mens koop werk nie… as jy jou slow cooker die hele dag op laag gaan gebruik nie. Dit kook pap. As jy wel die pakke gebruik, gooi eers jou groente in, omtrent 1 uur voor jy wil eet. Jou groente sal dan nie pap gekook wees nie, dit sal heel bly en nog bros wees.
As jy bv vleis het en jy wil net jou vleis vir die aand gaar he om dan daarmee iets te doen, soos bv om hoender te vlok vir jou pastei of om steak blokkies te verwerk na beef stoggonoff of blokkies vark vir stir fry of so iets, gooi die vleis net so gevries in die slow cooker – dan so ‘n spuit wostersous of balsamic vinegar oor en so kwart na half koppie water. Sit aan op laag en los. Vanaand is jou vleis sag en jy kan begin met die verwerking daarvan. Ek gooi altyd my AFVAL so in my slow cooker – van gevries af. Gooi net so ‘n bietjie water in en los die heel dag op laag. Die middag haal ek dit uit, sny die bene uit en gooi in my swartpot ek maak binne’n uur my afval gaar met die kerrie en die aartappels en wortels en dit is super sag.
Die meeste geregte kan jy die oggend op LAAG aansit – met al jou groentes ens en dit sal reg wees so teen 6H00 die aand. Mens moet gewoonlik – maar ook nie altyd jou sous bietjie verdik. Maak net so 2 eetl bisto/soppoeiers aan met bietjie water, gooi oor die gereg – roer deur en sit die slow cooker op na hoog vir so 30 min. Jou sous sal dan dik wees.
Indien jy jou pak groente wil ingooi, en jou vleis was die heeldag aan op LAAG, stel slow cooker na HOOG, gooi die groente in en jou sop poeiers. Ek gee dit nog so ‘n uur om die groente sag te kry en die sousie dik te kry. In daardie tyd kook jy jou rys of doen jou ander bykosse.
By OXTAIL moet jy maar bietjie woema onder die vleis gee. Ek sit my oxtail aan vir 8/10 ure op hoog, dan val dan dit van die been af. Ek het gevind dat op Laag ek nie tevrede is met die vleis nie. Wat ek baie doen is om as ek gaan slaap (so 22h00) my oxtail in te gooi met my rooiwyn, wostersous, bay leaves, knoffel, sout peper ens – aan te sit op laag. More oggend gooi ek my groentes by en los tot vanaand – nog steeds op Laag. Dit is dan super sag. Gooi so uur voor ete jou verdikkingsmiddel in.
Pasop vir te veel water by HOENDER – ek gooi nie eers ‘n kwart koppie vloeistof en speserye by my hoender nie – Ons weet mos die hoender is volgespuit met water, so jy gaan met ‘n hoendersop sit as jy te veel water ingooi.
GAAN DINK AAN WAT JY IN ‘N POTJIE WAT JY BUITE OP DIE KOLE SOU MAAK, SOU INGOOI, EN DOEN DIT IN JOU SLOW COOKER Wat jy basies dus doen met ‘n slow cooker, gooi jou vleis in, neem jou koppie, maak vol met jou speserye , water ens – gooi jou blokkies groente ens is, gooi alles bo-oor en sit aan.
HIER IS MY KERRIE EN RYS WAT EK GISTERMIDDAG GEMAAK HET. (Sien mens kan selfs 1h00 die middag begin met ‘n slow cooker, dit hoef nie heeldag te wees of oornag nie)
Ek het my gevriesde vleis geneem, my beker geneem, 2 tl kerrie, 2 tl borrie, 2 eetl suiker, 2 eetl asyn, biejie bladjang, knoffel vlokkies, sout, peper, cumin, masala en water in die koppie ingegooi. Dit bo-oor die vleis gegooi en toe paar bay leaves, stukkie kaneel en so 4 anaseed stars oorgegooi.
Dit 13h15 aangesit op HOOG
Kwart voor 6 die aand het ek die vleis van die bene los gesny, my koppie gevriesde veggie mix bygegooi, 2 aartappels geskil en in blokkies gesny en die aartappels in ‘n plastieksak in die mikrogolf gegooi vir so 4/5 minute – die aartappels moet sag wees. Die bygeboeg, 2 eetlepels bisto aangemaak met bietjie water – bygevoeg en deurgeroer – Het dit op HOOG gehou tot;
Kwart oor 7 het ons geskep en HOE LYK MY BORD KOS ?????
NJAMMIES !!!!!
*
*
*
KERRIE EN RYS (Die is basies soos die resep bo)
1kg beesvleisblokkies
1 groot ui opgekap
2 tamaties – geskil en in blokkies gesny
Neem groot koffie beker – dis so ongeveer 300ml – Gooi die volgende in die koppie
1 opgehoopte lepel kerrie
1 eetl borrie
2 opgehoopte eetl bladjang
3 eetl tamatiesous
2 opgehoopte eetl suiker
2 eetl asyn
Jou kerrie aanvullings soos kaneelstokkies, anys sterre, bay leaves
Sout en peper na smaak
Maak beker vol met water – meng goed en gooi al bogenoemde in jou pot
Stel slow cooker op Hoog
5h00 die middag het ek 2 groot aartappels geskil, in blokkies gesny en gaar gekook in die mikrogolf. (ek doen dit want ek het agtergekom as mens aartappels van rou saam met kerrie wil gaarmaak, mens se aartappels nie lekker sag word in die slow cooker)
Ek het die aartappels en 1 kop gevriese gemengde groente by die vleismengsel ingegooi en gelos tot 7h00.
Net voor opdiening maak paar aartappelblokkies fyn teen die kant. Ek het nie eers nodig gehad om verdikkingsmiddel in te gooi nie, maar indien dit nodig is, verdik met soppoeier na keuse, meel of bisto
Hier is my bord kos. Ek het dit bedien met basmatiese rys, piesang en bladjang
You must be logged in to post a comment.