Skorsies / gem squash


skorsies 2

GEVULDE SKORSIES

1) Maak roomspinasie en skep in die skorsie
2) Maak gemengde groente gaar (of veggie mix) , skep in skorsie gooi witsous en kaas oor.Paar minute onder die grill
3) Gooi roommielies in en kaas bo-oor. Paar minute onder die grill
4) Maak maalvleis gaar met uie en tamatiepaste. Skep in skorsie
5) Maak ertjies gaar, gooi bietjie vla aangemaak met bietjie melk in, kook die vla-ertjies tot dik en skep in die skorsies.
6) Maak blikkie chakalaka met mielies of chakalaka met butternut warm. Skep in skorsies.
7) Braai uie sampioene gekap tot sag in olyfolie en bietjie speserye. Skep in skorsies  Maak blikkie pitmielies warm, maak dik kaasssous en meng die 2 met mekaar. Skep in skorsies
9) Kook blokkies wortels tot gaar. Gooi bietjie bruinsuiker, maizina en water by en kook tot dik en skep in skorsies in.
10) Maak gegeurde rys. Braai uie, 3 kleure peppers en sampioene – meng in by rys en vul skorsie.

gems

Gems gevul met gebraaidespek, sampioene en spinasie – roer net bietjieroomkaas by om roomerig te maak, of gooi net bietjiemayonaisein of n witsous of sommermelk met n bietjiepotatoebake of sampioensop

 

Tessa Mae van Heerden

Gekapte uie,kaas in blokkies gekap en pecan nuts gekap. Voeg alles saam, skep in skorsies of butternut en bak

Elana Kitching

Sny net dekseltjie v d skorsie af, haal pitte met teelepel uit, vul met mengsel van : geklitste eier, gesnyde viennas, gerasperde kaas, suikermielies.aromat en swartpeper. Sit dekseltjie v skorsie terug. Vou stukkie foelie rondom skorsie (nie toemaak nie) ! Bak in lou kole of in die oond tot sag en gaar

Soretha Bruwer Kotzé

Vul met baba ertjies en plaas skootjie suurroom bo-op

 

SKORSIE TERT
5 gaar skorsies
2 eetl meel
1 teel bakpoeier
1 eetl margarine
½ kop suiker
3 geklitste eiers
1 kop melk

Meng als goed in ‘n diep glasbak.
Bak @ 180° tot gestol.
Gooi kaneel bo-oor en geniet.

gems 2

Gevulde Gems met ertjies en gemengdegroente met witsousgemeng

 

 

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s