Kerriehoender


kerrie hoender3

  KERRIEHOENDER

1 hoender, in stukke gesny  (ek gebruik sommer pakke met die stukke)
1 eetl meelblom
2 uie
2 e appelkooskonfyt of appelkoosblatjang of gewone bladjang
2 eetl vet of botter
2 na 3 wortels – grof gerasper of in blokkies gesny
2 eetl asyn
Sout en peper
1 eetl kerriepoeier
1 eetl suiker

1 bell pepper (rooi, geel en groen gemeng)

Spruituie (opsioneel)

Spinasie in stukke gekap (opsioneel)

Handvol rosyne (opsioneel)
½ k melk

Ek sit opsioneel blokkies aartappels by . Ek pre-cook dit tot sag en voeg by

Sny die hoender stukkend (ek gooi dit sommer in die stoompot vir so 15 min) haal uit en vlok

Andersins kook op die stoof tot gaar en vlok
Verwarm die botter of vet in ʼn swaar kastrol
Sny die uie en peppers in skywe en braai hulle bruin in die botter of vet.
Voeg die stukke hoender, rosyne,  wortels en aartappels (spinasie en spruituie)  daarby en 2 kop  tot 3 kop kookwater. Laat dit baie stadig stowe tot groente sag is

Meng die kerriepoeier, suiker, meelblom, appelkooskonfyt/bladjang,  asyn en voeg ½ t
sout by . Gooi dit oor die hoender in die kastrol en laat dit
nog  prut.
Roer die melk by net voor dit opgedien word, en prut paar minute.

KERRIEBOTTER HOENDER:

8 hoenderdye, vel verwyder

sap van een suurlemoen

15ml masala

sout en vars gemaalde swartpeper

60ml olie

2 uie, in dun skywe gesny

1 soetrissie, in repies gesny

10 ml komynsaad

10ml vinkel

4 kardemomsade

2 stukke pypkaneel

4 vet knoffelhuisies, gekneus

1×2.5cm vars gemmer, fyngekap

5ml borrie

2 suurlemoen- of lourierblare

2 groen brandrissies, fyngekap

6-8 vars, ryp tamaties

45ml tamatiepasta

50ml botter

vars koljander vir garnering

Vryf suurlemoensap oor hoenderdye. Sprinkel masala oor hoenderdye en geur na smaak met sout en vars gemaalde swartpeper. Bedek en laat eenkant staan vir 30 minute. Verhit helfte van olie in ‘n kastrol en braai hoenderdye aan albei kante tot liggies verbruin. Verwyder hoender en hou eenkant. Verhit oorblywende olie in dieselfde kastrol en soteer ui en soetrissies oorl lae hitte tot baie sag. Voeg komynsaad, vinkel, kardemomsade, pypkaneel, knoffel, gemmer, borrie, suurlemoen blare en brandrissies by. Roerbraai om geure te laat ontwikkel. Sny ‘n kruisie deur die skil van die tamaties grof. Voeg by uie en soetrissies in kastrol saam met tamatiepasta. Bring tot kookpunt en prut vir 10 minute. Plaas hoender terug in kastrol en bring tot kookpunt. Prut vir sowat 35- 40 minute stadig totdat vleis sag is en amper van die bene wil afval. Roer botter by.  Proe en geur. Indien nodig kan ‘n bietjie bruinsuiker bygevoeg word. Sprinkel koljanderblare oor net voordat gereg voorgesit word.

Advertisements

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s