Kopluis Wenke


Kopluis

Kopluis

Opsoek na raad vir kopluise?

Natanya Venter Jy kan by apteke tea tree shampoo en conditioner kry, dit werk! Of was die kop met “pine gel”…

Elize Rossouw Ek het altyd hondeshampoo poeier gemeng met colgate appel shampoo en dit het wonders verrig!!! Dit was nadat ek baaaaaaie geld aan luisshampoo spandeer het!

Amanda Gerber Ek dink die luise raak imuun teen die goed. Ek het al so bja goed gekoop en ek spuit elke dag die tea tree maintenance spray op my dogtertjie se kop maar tog keer die goed terug. Die pine gel help om dit dood te maak maar pasop net dat jy dit nie langer as 20 min op die kop los nie en sit dadelik conditioner aan as jy dit afgespoel het want dit kan die kopvel brand as dit langer op bly.

Estelle van der Westhuizen Conrtolice werk rerig goed

Dauline Diepraam Ek het gehoor my vriendin se sy spoel haar kinders se koppe met asyn af, dit laat glo die nete bars

Vanessa Hills Otto Jy moet elke dag die kind se kop deurgaan en elke luiseier afhaal wat jy sien. Was elke dag die beddegoed en borsels. As dit moontlik is, sit dit in ‘n tuimeldroër. Nadat die hare met die Tea Tree Shampoo gewas is en Conditioner opgesit is, spoel die hare af met helfte bruinasyn en helfte water. As dit nie die kopvel brand nie, los dit in, andersins spoel dit af na ‘n rukkie.

Carol Janse van Rensburg Ek het my dogter se hare met klapper olie ingesmeer en met n fyn kam uit gegaan dit versmoor die luise en hulle eiers elke vrydag gedoen vir so n maand nooit weer gehad nie

Monika Hirsch Nel Gooi Lennons se Bergamot essens in die sjampoo. ‘N luis sal nooit weer naby kom nie.

Elize Truter Para Lice spray en conditioner by clicks. Was alle bedegoed in kookwater en fumi6ate the house.

Alta Reyneke 50ml savlon/detol, 50ml kookolie, 50ml asyn, 50ml shampoo, 1 botteltjie lennon peppermintdruppels. Meng alles saam. Wend aan droe hare en los aan en bedek met plastieksak. Hou dit aan tot 2-3 ure. Kam met fyn kammetjie hare uit. Spoel deeglik af. Dit maak die kinders se kopvelle bietjie droog. Daarna het ek my kind se hare gewas met Nitctacker wat ek by Discem gekoop het. My kind het nog nie weer luise gekry nie. Ek het die resep by my kind se kleuterlool gekry.

Toni Dumas I have also been told that if you colour your hair it gets rid of them and they don’t come back. Apparantley they can’t survive on coloured hair….

Sonja Snyman Wanneer mens die kop behandel MODT AL DIE BEDDEGOED EN KLERE SKOONGEWAS WORD…Mens vergeet somtyds dat die kopluise net op die kop en hare gaan sit maar dit spring af op als waarmee jy in aanraking kom…ek het by kleuterskool gewerk en daar moes jy koes vir jou eie hare…Ek weet nie of jul al gehoor het van AMWAY se produkte nie, maar anyhow, HUL VERKOOP ‘N PRODUK MET DIE NAAM LOC… LIQUID ORGANIC CLEANER….JY VERDUN DIT MET WATER EN WAS DAN ALS WAT JY KAN MET DIE PRODUK HIERDIE PRODUK VERSUIP DIE LUISE EN GLO MY JY SAL NIE WEER KOPLUIS PROBLEME HE NIE…Ek was ‘n agent vir hul…die produk kom voor in 1liter bottels en kan gebruik word soos hul se, vir all purposes….As kind het my mammie ons hare gespoel met bruinasyn water dit kraak glo die neute… net my beskeie mening!

Teresa Theunissen het al die bogenoemde al probeer maar luise raak imuun daarteen het nou nit gone (spelling kan verkeerd wees) gekry en dit werk soos n bom maak net die hare bietjie droog. die asyn ding werk nie ek spoel elke week my kind se ligte hare met witasyn en tog het sy gekry

Joanie Engelbrecht Koop goedkoop shamphoo en dan gooi jy n halwe bottel detol in werk soos n bom my kind nou al 2 jaar skoon van kopluise

Margret van Sandwyk Het self al die produkte oor die toonbank probeer en niks werk nie! Na lang gesoek het ek so 3jaar gelede hierdie resep gekry en dit is al moeti wat werk vir my dogter se dik, lang hare! Stel voor gaan staan op jou grasperk wanneer die OlyfOlie en WitAsyn oor die hare gegooi word. Vir lang hare 1koppie Extra Virgin OlyfOlie, gooi oor hare en maseer in en daarna 1koppie WitAsyn, gooi oor en masseer in, draai die hare in handdoek vas en hou vir 2 tot 3ure op! Stort en spoel eers af, was dan 2x met shampoo en sit gewone conditioner op! Geen uitkam met luiskam nodig nie! Kam met gewone kam uit en stillleer! Vir korter lengte hare gebruik halwe koppie OlyfOlie en halwe koppie WitAsyn! Luise versmoor vd OlyfOlie en Nete (luiseiers) droog heeltemal uit en val vanself uit! Hare blink ook pragtig vd produkte. Al wat werk vir die pestilensies.

·Magrieta de Beer Spoel gereeld jou hare af met asyn water, maar was eers jou hare met ‘n goeie koplys sjampoo en kam dit goed deur met die kammetjie wat jy saam kry. My kind het ook daarmee op laerskool gesukkel en nadat ek dit gedoen het, nog glad nie weer nie. Asyn water werk regtig.

Bella Goetsch Koop by apteek Tea Tree oil behandeling, dis 3 botteltjies, ek het al die raad moointlik gevolg en glo my dit werk ek was my kinders se hare elke 3 maande vir so 3 wasse agtermekaar en hulle is al 2 jaar kopluis loos!

Carli Pops Backhouse Smeer olyfolie op en hou vir 3-5 ure op kind se kop.. Kam met fyn kammetjie uit en doen dit 2 keer n week vir 2 weke!! Dit werk wonders

Moira Nel Ek gebruik ook die tea tree reeks.Stem saam Amanda, daai goed raak imuun.Maar, ek vind baie minder probleme in di somer as di kinders gereeld swem – iets sê vir my die chloor help! As kind eers eenmaal luise gehad het, kan jy ongelukkig geen gewone sjampoo meer gebruik nie – hulle kom altyd terug!

Annarien Venter Ek het een keer gesukkel en nie weer nie. My dogtertjie is klein en het dik hare. Raad gekry om honde shampoo vir ticks&fleas te meng met gewone shampoo. Was elke was met dit en spuit dan na die tyd met: 1proppie detol, botteltjie bergomot essance wat ek sommer by detangler in gooi en placenta. Werk vir ons!

Cheryl En Martin Duvenage Kom ek jou baie goeie raad, nou 3jr my kind het nog nooit weer kop luise gehad, al di lys shampoos werk ni lang termyn ni. Wat ek gedoen het vir n week lank, hare gewas bietjie conditioner op dan sit jy met bakki skoon water en kam deur di hare met fyn kammetjie di luis kammetjie. Elke keer jy deur trek spoel kammetjie af in water kam weer, di eiertjies trek jy uit di hare met jou naels. Jy moet hulle ook vervyder. Jou naels werk lekker om eiertjies uit te kry. Was jou kind se hare een keer n week, luise mal oor skoon hare. Was al julle bedde goed en julle kussings en duvets gooi sommer vir uur lank in warem tuimmel droeer en suig gereeld jou matras. Elke keer as jy uit suig suig sommer julle matraste ook. En elke keer jy hare was, gn deur met kammetjie, sommer so voor di tv. Dit het vir my gewerk en sy het nog nooit weer luise gehad ni, ek het my sussie se kind se hare geleer en

Alta Joubert Asyn in die afspoelwater. Dit maak hare glad en niks kan klou nie.

Bernadette Reyneke controlice werk di beste ek het al baie goed probeer dit maak di hare net baie vetterig maar werk

Anita Mangiagalli Otto My dogter is n stylist en sy gooi teatree oilie in haar kinders en huis gesin se shampoo en hulle het nog nooit dit by skool of crech opgetel nie. Try it.

Marisa Hunt @Annarien Venter dit wat jy na die tyd spuit is dit op droe hare en los jy die in die hare of hoe?

Margret van Sandwyk Wanneer die hare behandel word vir luise moet ONTHOU word om alle beddegoed te was in kokende water asook komberse, kussings en duveys sit ek een vir een in die tumble dryer vir so 20min op ‘n slag. Skoolklere ens moet ook dadelik gewas word! Enige plek waar die kind tyd spandeer! Ek spuit selfs doom op die matras en kamermat en maak die kamer vir ‘n paar uur toe! Sterkte met hierdie pes.

Anilda Pain Wright Moet ni hitte op di hare sit ni (haar droer) di hitte laat di neute uitbroei!!!

Fransa Burger Maak nie saak wat jy opsit nie, die kammetjie help die meeste! Maar kry een met stainless steele “tande” by die apteek. Ek gebruik Paraspray en kam dan met die kammetjie uit.

Elryke Fourie Haarspry is die antwoord. Spuit net jou kind se kop met haarspry eanneer daar luise in die skool is.

Hair D’ Zyne & X-tensions Moet ASB nie die gewone kopluisshampoo gebruik nie – dit is BAIE skadelik! Dit is gif. Ek het vir my kliente artikels gewys van kinders wie se hare op kolle nie weer wou teruggroei nie & ‘n seuntjie wat in die bad hare gewas & verder gebad het; moes beenmurgoorplantings kry! Gebruik die Teatree lice reeks of enige ander wat by Health Shops aangehou word. Voorkomend: meng 1/2 teatree olie & 1/2 water & spuit oor poniestert & vasgemaakte hare.

Hair D’ Zyne & X-tensions MY HAARSALON RAAD AAN MY KLIENTE: GEEN eiertjie kan ‘n Straightning Iron se hitte oorleef nie!! Trek hom 2/3 keer ‘n week deur die hare – die eiers sit veral ‘n entjie van die kopvel af. Die haarkleur werk ook, maar ons wil nie al op ‘n jong ouderdom begin hare kleur nie! Net die PEROKSIED is nodi!! In die salon meng ons bleach poeier & Peroksied of tint & peroksied. Koop by apteke die 20Vol of 30Vol PEROKSIED (dis ‘n waterige botteltjie – dalk 2 botteltjies vir lang hare) Sit dit aan droe hare, maar pasop vir die oe. Laat die kleintjie agteroor ‘n wasbak of bad le & sit dan aan. Vryf dit goed deur die hare & kopvel. Sit ‘n stortkappie op & hou 30-40 min lank aan. Die haarkleur sal nie verander nie

One thought on “Kopluis Wenke

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s