Eishbein
Idees Tydskrif Kos & Onthaal
EISHBEIN
Varkvleis-en-tamatiebredie met speserye
Varkskenkels word dikwels voorgesit as eisbein. Dié snit kan taamlik vetterig wees, maar sodra jy die vel en vet afgesny het, het dit verbasend baie vleis. Sit dié pikante tamatiebredie op rys, koeskoes of pasta voor.
Genoeg vir: 6-8
Bereidingstyd: 30 minute
Gaarmaaktyd: 2 uur
2 varkskenkels
30 ml olyfolie
4 preie, in ringetjies gesny
2 groot wortels, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
2 vars rissies, ontpit en gekap
5 ml fyn komyn
15 ml paprika
5 ml fyn koljander
15 ml vars tiemie
2 blikke gekapte tamaties
500 ml hoenderaftreksel
1 Sit die varkskenkels in ‘n kastrol en gooi genoeg water in om dit te bedek. Verhit dit tot kookpunt. Laat dit vir een uur prut en gooi dan die water af.
2 Verhit die olie in ‘n kastrol. Soteer die preie, wortel, knoffel en rissie totdat dit sag is. Voeg die speserye, tiemie, tamatie en aftreksel by en verhit die mengsel tot kookpunt. Voeg die varkskenkels by en laat dit vir nog een uur saggies prut.
3 Skep die skenkels uit die kastrol. Sny die vet en vel af en gooi dit weg. Skeur die vleis in stukkies. Laat die bredie ‘n rukkie staan en skep dan die vet op die oppervlak af.
4 Skep die vleis terug in die kastrol en voeg die boontjies by. Verhit dit tot deurwarm en geur dit na smaak. Roer die gekapte koljanderblare by.
Eishbein
Anel van Zyl
Hierdie resep is genoeg vir vier mense. Vars of gerookte skenkels kan gebruik word, maar as mens gerookte skenkels gebruik, dan moet jy nie sout in die kos gooi nie, want dan is dit reeds sout genoeg. 2 middelmatige varkskenkels 4 wonderpeperkorrels 4 kruienaeltjies 1 groot lourierblaar of 1 t gestampte koljander ‘n suurlemoenblaar sout (slegs by vars skenkels) Bedek skenkels met water en kook tot dit begin sag word. Voeg die wonderpeperkorrels, kruienaeltjies, lourier- of suurlemoenblaar, koljander en sout by. (Kneus eers die blaar om die geur beter vry te stel). Stowe die skenkels tot hulle papsag is, en lieflik lymerig is. Mens dien die skenkels met ‘n skyfie suurlemoen daarby op, en sorg dat die pepermeul ook op die tafel staan, dis altyd lekker so vars oor gemaal. (Uit: Boerekos: Dine van Zyl)
Pieter se Eisbein
Woensdag 6 Julie 2011
Program: Tjailatyd
BESTANDDELE
1 Eisbein
kookolie
heuning
Worcestersous
METODE
Maak dun snytjies in die vel van die Eisebin reg rondom. Dit maak die sooltjie (crackling) makliker om te eet wanneer dit gaar is.
Sit dit in ‘n oondbak met deksel met ‘n bietjie olie onder in.
Bak teen 180 grade vir 3½ tot 4 uur. Dit moet baie sag wees en uitmekaar val.
Meng die heuning en Worcestersous in die volgende verhouding – twee derdes heuning en een derde Worcestersous.
Gooi dit oor die Eisbein en bak teen 250 grade sonder deksel tot krakerig. Hou dit dop dat dit nie brand nie.
Bedien met aartappelwiggies, soetrissiesous, mosterd, suurkool en ‘n tamatie- en uieslaai.
Wenke vir ‘n goeie Eisbein:
Die vel moet stewig wees.
Dit moet ‘n rooi kleur hê.
Dun been, baie vleis.
Die lagie vet moet ‘n halwe sentimeter dik wees.
Eishbein
Maureen Adendorff Van Os
Gerookte Eisbein
Gemengde Kruie
Suurlemoensap
Sout
Peper
Knoffel
Heuning
Botter
Gooi al die bestanddele behalwe die heuning en botter in ‘n pot met baie water, kook die eisbein ongeveer 2 – 3 ure (stoompot ongeveer 30 – 60 min). Sodra die eisbein sag is smelt die botter en heuning in mikrogolf en verf die eisbein deeglik. Bak in ‘n warm oond tot goudbruin en “Crispy
You must be logged in to post a comment.