Doppies (soet en sout)


doppies 1

doppies idee

Make little tarts
Make little tarts using your favorite sugar cookie dough and cutting it with a 3″ cookie cutter…just press into muffin tin and with a fork or a glass. Bake @ 350°F/180C for 10min.

 

doppies 2

 

Rencia Odendaal Pretorius

DOPPIE RESEP : (Vir alle vinger-etes, soet en sout)

750ml meel

5ml bakpoeier

3ml sout

250gr botter

2 eiers

15ml suiker

Sif droe bestandele saam. Vryf botter in

Klits eier en suiker tot skuim. Voeg by droe bestandele

Meng goed tot stywe deeg

Rol uit – nie te dun –

Druk met koekievorm ‘n ronde sirkeltjie uit.

Gebruik kolwyntjie pannetjies, en druk degie in pannetjie. Jy hoef nie jou pannetjies te smeer nie

Bak 8-10 min by 190 grade.

*

VULSELS SOET:

Cremora vulsel:

1 koppie cremora

¼ kop kookwater

Meng b.g

Voeg by ½ blikkie kondensmelk en ¼ kop suurlemoensap

Lemon curt:

2 eetl botter

1kop suiker

2 eiers

2 suurlemoene – skil gerasper en sap uitgedruk

Smelt suiker en botter, voeg suiker en suurlemoensap en skil by

Klits eiers en GOOI WARM MENGSEL by eiers.

Laat prut en roer die heeltyd tot dik. Koel af en sit in doppies.

Dadel vulsel:

1 blik kondensmelk

250gr dadels (fyn gesnipper)

400ml klapper

Meng alles goed en skep in doppies.

Kondensmelk vulsel:

1 blikkie caramel treat

Peppermint sjokolade (gerasper)

Styfgeklopte room

Gesnipperde kersie

Skep 1/2 tl sjokolade onder in bakkie, dan kondensmelk, dan geklopte room en kersie bo-op

Melktert vusel:

3 eetl meel

4kop melk

1/2 kop suiker

1 tl vanilje

3 eetl maizina

4 eiers

1 eetl botter en knippie sout

Meng maizina en meel met bietjie v/d melk

Klits eiergele goed en klits die suiker by, voeg vanilje en sout by

Verhit melk tot kookpunt en roer meelmengsel mengsel by.Kook tot gaar.

Roer nou die eiermengsel in en laat stadig opkook. Haal af van hitte en roer botter in.

Klits eierwitte tot styf en vou in. Gooi in doppies en strooi kaneelsuiker bo-oor

Pynappel vulsel:

1 pynappel (gerasper)

1tl botter

2 eiers

1/2 kop suiker

1/2 kop water

4tl vlapoeier

Kook pynappel water en suiker tot gaar. Klits eiergele en roer vlapoeier by – voeg by pynappel – Kook tot gaar. Haal van stoof af. Klits eierwitte tot styf en vou in by mengsel. Moenie mengsel weer kook nie, skep direk in doppies

SOUT VULSELS. 

Salm vulsel:

1 blikkie pienk salm

2 eetl sandwichspread

2 eetl mayonaise

sout en peper

Meng alles en skep in doppies

Komkommer vulsel:

1 gerasperde komkommer (gedreineer)

1 fyn gedrukte eier

1 eetl mayonaise

sout en peper

Meng alles goed en skep in doppies

Polonie vulsel:

1 kop fyn gerasperde polonie

1 fyngedrukte eier

1 eetl mayonaise

sout en peper

Maasksaas/ham vulsel:

125gr ham (fyn gerasper)

100ml mayonaise

1 houertjie maaskaas

30ml pietersielie gekap

30ml agurkies gekap

30ml ui gekap

sout en rooipeper

Meng alles goed skep in doppies en gooi paprika bo-oor

Hoender/ham vulsel:

1 pakkie cream of mushroom sop

50ml meel

50ml melkpoeier

750ml water

100gr ham gekap

30 ml agurkies gekap

sout en rooipeper

Meng droe bestandele in ‘n pot voeg water by en kook tot dik en gladde mengsel

Laat prut vir so 5 minute – Voeg ham en agurkies by meng en laat afkoel.

Gooi sout en peper by en skep in doppies

Aartappel vulsel:

Kook aartappels en mash – roer bietjie mayonaise en bietjie kondensmelk by sout en peper en bietjie droe pietersielie en skep in doppies.  Jy kan as jy wil so ‘n bietjie sandwichspread ook in roer en die kondensmelk los.

 *

Rensche de Fortier

SOETDOPPIES
Bestandele:
8 koppies koekmeel
2 teeleples bakpoeier
1 teelepel sout
Kwart teelepel kremetart
MENG AL DIE BESTANDELE BAIE GOED,
Vryf 500 gram margarine (storkbake) in, dit moet lyk soos mieliemeel. KLITS SAAM:
8 klein eiers
2 koppies suiker
DIT MOET SPONSERIG WEES.
METODE:
1. Maak ‘n gat in die middle van die meel
2. Gooi mengsel by die meel
3. Meng eers deur met n houtlepel
4. Meng dan met die hand
5. Meng baie goed deur,
6. Moet geen vloeistof of meel byvoeg nie., geen melk
7. Laat rus vir n halfuur
8. Rol klein hoeveelhede op n slag uit. HOU DEEG BEDEK IN YSKAS TERWYL JY WERK NOU JOU GEHEIM TOT SUKSES VAN DOPPIE 1. Rol klein hoeveelhede op ‘n slag uit. HOU DEEG IN YSKAS TERWYL JY WERK
2. Rol baie dun uit, amper sodat jy jou werksoppervlak kan sien
3. Gebruik n drukkertjie wat kartelrandjies het (Tupperware)
4. Spuit jou pannetjies
5. Plaas jou deeg (doppie) sorgvuldig in jou kolwyntjie pan
6. Druk saggies met jou kolwyntjie drukker
7. Plaas jou kolwyntjie papier binne in
8. Plaas nou jou besemstok gewiggie binne in
9. Bak eerste 10 minute net so met nr 7 en 8
10. Bak die laaste 5 minute sonder nr 7 en 8
11. Voorkom dat doppies sag of pap word.
12. Gebruik geklitse eierwit, en verf elke doppie daarmee. OOND VOORAF VERHIT OP 180 GRADE, BAKTYD IS 15 MINUTE
BAIE BELANGRIK MOET NIE JOU VULSEL LANK VOOR DIE TYD IN SIT NIE, DOPPIES WORD PAP, AS GEVOLG VAN VOG

*

Rensche de Fortier

SOUTDOPPIES

BESTANDELE:
110 gram Margarien (Stork Bake)
12.5ml kookolie
2 eiers
240 gram (500 ml) koekmeel
10 ml (2tl) Bakpoeier
2 ml sout
Kwart teelepel kremetart (om doppie hard te maak)

METODE:
1. Maak ‘n gat in die middle van die meel
2. Gooi mengsel by die meel
3. Meng eers deur met n houtlepel
4. Meng dan met die hand
5. Meng baie goed deur,
6. Moet geen vloeistof of meel byvoeg nie., geen melk
7. Laat rus vir n halfuur
8. Rol klein hoeveelhede op n slag uit. HOU DEEG BEDEK IN YSKAS TERWYL JY WERK NOU JOU GEHEIM TOT SUKSES VAN DOPPIE
1. Rol klein hoeveelhede op ‘n slag uit.
2. Rol baie dun uit, amper sodat jy jou werksoppervlak kan sien
3. Gebruik n drukkertjie wat kartelrandjies het (Tupperware)
4. Spuit jou pannetjies
5. Plaas jou deeg (doppie) sorgvuldig in jou kolwyntjie pan
6. Druk saggies met jou kolwyntjie drukker
7. Plaas jou kolwyntjie papier binne in
8. Plaas nou jou besemstok gewiggie binne in
9. Bak eerste 8 minute net so met nr 7 en 8
10. Bak die laaste 5 minute sonder nr 7 en 8
11. Voorkom dat doppies sag of pap word.
12. Gebruik geklitse eierwit, en verf elke doppie daarmee.
OOND VOORAF VERHIT OP 180 GRADE, BAKTYD IS 15 MINUTE
BAIE BELANGRIK MOET NIE JOU VULSEL LANK VOOR DIE TYD IN SIT NIE, DOPPIES WORD PAP, AS GEVOLG VAN VOG

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s