Soet broodjie met room en bruinsuiker
1 Klaarvoorafbereide brooddeeg
Halwe koppie bruinsuiker
1 Houerjie room (ek gebruik half kop melk en half kop room gemeng)
Indien jy nie room beskikbaar het nie, kan net melk gebruik word.
Smeer jou pot lekker dik met botter.
Gooi so klein bietjie suiker en bietjie room onder in die pot. Maak bolletjies met deeg en pak bo-op die room en suiker mengsel.
gooi orige suiker en room oor. Ek gebruik gewoonlik half koppie melk gemeng met half koppie room. Die rede hiervoor is – room is so duur en dan kan ek die ander helfte gebruik vir iers anders.
Laat rys vir so ‘n uur of so.
Bak (onbedek) in voorafverhitte oond vir ongeveer 40 na 45 min by 180gr C
BAIE BELANGRIK;
As jy die brood uit die oond uithaal, haal onmiddelik uit die pot en sit op draadrak. Skep die sous onder uit die pot en smeer oor die brood. Die rede hiervoor is: as jou brood koud raak, raak die suiker en roommengsel hard en dan kry jy NIE JOU BROOD UIT DIE POT UIT NIE.
You must be logged in to post a comment.