Gryp more met die vakansiedag die boks Post toasties (corn flakes) en bak ‘n lekker Kondensmelk blokkie en bak ‘n poeding vir aandete;
Kondensmelk Blokkies
Deur: http://www.boerekos.com/index.php?topic=SOETGOED
1 X 397g Blik Kondensmelk
125ml (100g) Bruinsuiker
75g Botter
5ml Vanieljegeursel
45ml Goue Stroop
4 X 250ml Graanvlokkies (Corn Flakes)
250ml (80g) Klapper
60ml Kakao
250ml (130g) Versiersuiker, Gesif
250g Botter, Gesmelt
Smeer n vierkantige koekpan (23 X 23cm)
Voer Die Bodem met gesmeerde bakpapier uit.
Gooi kondensmelk, bruinsuiker, botter,gouestroop In n kastrol,
Verhit oor matige hitte, roer aanhoudend vir 8 min tot dik..
Laat afkoel.
Gooi helfte van graanvlokkies, klapper, kakao en
versiersuiker n groot mengbak.
Gooi helte van die gesmelte botter bo-oor. Roer deur droë bestanddele tot botter deurgemeng is.
Druk mengsel in gesmeerde koekpan vas
Sit vir 10 Minute in yskas.
Smeer Caramel bo-oor , sit terug in yskas totdat die caramel gestol is
Meng die orige graanvlokkies, kapper, kakao en
versiersuiker,
Voeg res van botter by. Meng deur.
Druk die bo-op Karamellaag vas.
Sit koekpan terug in yskas tot goed gestol..
Sny In blokkies.
GRAANVLOKKIE NAGEREG:
Deur: Hartpaadjies
3 kop melk
2 eiers
2 eetl maizina
1 kop suiker
1 eetl botter
2 kop post toasties
1/4 kop klapper
1tl vanilje
knippie sout
Room botter en suiker. Voeg geklitste eier, melk en maizina by.
Voeg vlokkies, sout en vanilje by. Meng deur.
Gooi in gemeerde bak en bak ongeveer 20min by 180 C –
Bedien met warm vla
♥ Rens
You must be logged in to post a comment.