Op 1 liter melk vat so 100g koekmeel en so halwe tl sout. Vryf 1 eetlepel koue botter daarin tot dit lyk soos broodkrummels. Verhit jou melk tot kookpunt en gooi die meel mengsels bietjies gewys by terwyl jy met whisk die melk meng. Prut vir so 20min roer elke nou en dan. Bedien met kaneel en suiker.
Georgia Strauss De Klerk
MELKKOS
1 blik kondensmelk
1 koppie melk of water
2 eetl (50 ml) koekmeel
2 eetl margarine
bietjie sout
Klits alles goed in ‘n bak en sit dan in die mikro – hou aan kook (op 100%) totdat dit styf is MAAR jy moet dit kort-kort roer – elke 1 minuut – anders maak dit klonte.
Sodra dit dan styf is – jy sal sien dit het dan ook darem al so ‘n keer of wat geborrel – dan gooi ek net lekker baie kanneelsuiker in
Roer deur en skep in bakkies – ek gooi dan sommer weer kaneelsuiker bo-oor.
MELKKOS
10 ml bakpoeier
7 koppies melk
3 eiers (geskei)
200 ml koekmeelblom
2 ml sout
50 ml gesmelte botter
50 ml suiker
kaneelsuiker om bo-oor te strooi
1. Sif bakpoeier, meel en sout saam.
2. Klits 1 koppie melk saam droë bestanddele tot pasta.
3. Klop botter by pasta in.
4. Klits eiergele en suiker saam en sit by pasta.
5. Sit bietjie warm melk by pasta.
6. Meng pasta stadig in kookmelk in.
7. Kook tot gaar en laat effens afkoel.
8. Klits eierwitte styf en vou in.
9. Dien op met kaneelsuiker.
You must be logged in to post a comment.