
allrecipes.com.au
DEEG:
8 kop meel
1 tl sout
500gr to bake stork margarine
Rasper die botter in die meel en soutmengsel in en vryf in met jou vingers
Meng 4 eiergele met 4 eetl asyn en gooi 500ml YSKASWATER by
Meng alles goed en rol uit
Sny jou blokkies vir die pasteitjie – ek en my ma het die groote mooi uitgewek. Sny dit 5cm by 7 cm – dit is ‘n mooi fyn maar groot genoeg pasteitjie.
Vleismengsel.
Maak maalvleis gaar op stoof SONDER ENIGE WATER OF UIE. Voeg sout en peper by na smaak.
Maak mash aartappels – kook net die aartappels op en mash met klein bietjie melk
Die formule moet wees bv 1kg maalvleis op 1 kg mash – of 500gr op 500gr – jy bepaal hoeveel pies jy wil maak
Meng die maalvleis en mash en gooi 1 TEELEPEL KAKOA by en meng goed.
Vat jou vinger, maak nat met water en smeer bo-oor die pasteideeg. Sit vleis in en rol toe.
Seel jou kant mooi toe met water op die vinger wat jy smeer tot glad.
Pak jou vleispasteitjies op bakplaat en dan:
Vat 1 eetlepel mayonnaise gemeng met 1 eiergeel. Met jou kwassie verf die hele vleispasteitjie mooi – ooral – probeer om nie plekkies te mis nie want die mayonnaise gee die pasty so ‘n mooi bruin goue kleur as gebak is, en as daar plekkies is wat jy nie geverf het nie, is daar wit kolle op die pasty. Strooi bietjie sesame saadjies bo-op.
Bak vir ongeveer 30 min by 150 grade C
NOG ‘N LEKKER MAKLIKE KAAS DEEG RESEP:
Hierdie romerige kaasdeeg kan ook vir pasteitjies en kleingebak gebruik word. Die deeg kan tot drie maande bevries word.
250ml koekmeel 2ml sout
5ml mosterdpoeier 125g koue botter
125g gladde maaskaas
Sif droë bestanddele saam. Vryf die botter met die vingerpunte in tot los en krummelrig. Voeg die maaskaas by en meng tot ‘n sagte deeg. Draai die deeg in kleef plastiek toe en verkoel ‘n paar uur.
PASTEI DEEG:
4 kp meelblom
4 tl bakpoeier
½ tl sout
250 g botter
Yswater
Vryf smeer in droë bestanddele in, meng met yswater tot hanteerbare deeg.
Rol dunnerig uit.
Druk sirkel vormpies uit deeg uit, skep vulsel in middel en vou oor mekaar tot halfmaan pasteitjie, druk halfmaan kante goed met vurk vas, smeer bo-oor met geklopte eiergeel wat met gesmelte botter geklits is.
Bak in oond tot goudbruin
Hannah Frauendorf Langenhoven (Facebook resepte)
WARM WATER DEEG (Lekker vir vleispasteitjies)
Sny 500g botter in klein blokkies in mengbak, giet 250 ml kookwater oor botter.
Roer tot gesmelt.
Sif 500 g (2 koppies) meelblom en 5 ml sout by mengsel.
Meng goed en plaas in yskas vir oornag. Rol uit en gebruik.
VLEISROLLETJIES
Bestanddele
2 Koppies Meel
500 g Margarien
1 t Sout
1 Eier
2 t Asyn of Suurlemoensap
4 e Koue Water
1 kg Fyngemaalde vleis (helfte bees & helfte Vark)
Metode Deeg
Meng deeg en margarien totdat gekrummel. Klits eiergeel, asyn en water. Meng eiermengsel met meel mengsel. Laat goed afkoel voor gebruik.
Metode Vleisrolletjies
Neem deeg en rol uit. Sny kante mooi gelyk. Neem vleis en geur na smaak. Vul versiersak of buis (met geen punt) en vul met vleis. Druk op deeg sodat dit ‘n wors vorm. Rol vleis toe. Sny oortollige deeg af. Sorg dat las onder lê. Sny in verlangde grootte. Smeer eier of melk oor. Sny skuins kepe oor. Sprinkel met braaivleis speserye oor. Bak tot gaar.

Spek en kaas burger oprol pasteitjies
Deur; http://gurutotheoutdoors.com/bacon-cheeseburger-roll-up/
Spek en kaas burger oprol pasteitjies
Deur; http://gurutotheoutdoors.com/bacon-cheeseburger-roll-up/
Bestanddele
500gr gemaalde beesvleis
4 snye spek, gekap
1 klein ui, gekap
250gr PROCESSED CHEESE bv Berg , sny in ½-duim blokkies
1 pak pizza kors deeg (ek dink nie ons het pizza kors deeg by ons nie ?? so gewone skilferkors (puff pastry) sal werk
Instruksies
Verhit oond tot 200 C
Verbruin beesvleis met spek en uie in ‘n groot pan oor medium-hoë hitte, Dreineer die vet af en voeg die kaas blokkies by. Kook vir paar minute tot kaas gesmelt is.
Laat afkoel vir 10 minute
Rol deeg uit. Sny 15 × 8-duim reghoeke, plaas op gespuite bakplaat en skep vleismengsel bo-op. Rol toe en sit neer met naatkant na onder. Smeer bietjie melk of eier oor pasteitjie
Bak 20 tot 25 min. of tot goudbruin
“n Vinnige maklike manier om vleispasteitjies vingerhappies te maak.
1 Rol skilferkors – uitgerol en in stukke gesny – (jy kan jou eie deeg maak vir pasteitjies indien verkies)
Blokkies ham
Gerasperde fyn chedder kaas
Volg stappe soos op foto.
Smeer eier, mayonaise of melk oor deeg, sprinkel met sesame saadjies en bak in oond by 180 C tot gaar en goudbruin.
http://www.recipebyphoto.com/megans-ham-cheese-pretzel-bites/
Garnaalpasteitjies / Hoenderpasteitjies
LANDBOU.com ARINA DU PLESSIS
Jy kan die garnale in dié resep met gevlokte hoender of gevlokte skelvis vervang. Jy kan ook skilferkorsdeeg of filodeeg pleks van brosdeeg gebruik.
40 g botter
1 groot aartappel,
geskil en gerasper
1 groot ui, gekap
150 ml bevrore ertjies, ontdooi
100 ml room
50 ml witwyn
500 g gaar garnaalvleis,gekap
15 ml gekapte pietersielie
Fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
Sout en vars gemaalde swartpeper
1 kg klaarbereide brosdeeg
1 eier, geklits
Verhit die botter en braai die uie en aartappel daarin tot sag. Voeg die ertjies by en braai vir nog vyf minute. Voeg die room en wyn by en kook vir vyf minute. Voeg die garnaalvleis, pietersielie, suurlemoenskil en geurmiddels by en laat afkoel.
Voorverhit die oond tot 200°C en voer twee bakplate uit met bakpapier.
Rol die deeg uit op ‘n meelbestrooide oppervlak en druk sirkels van 10 cm met ‘n skondrukker daaruit.
Rol bo-oor elke sirkel met die koekroller om dit ‘n effens ovaalvorm te gee. Skep ‘n groot lepelvol van die garnaalmengsel op die deeg en bring die langer kante na bo bymekaar. Druk die rant met jou vingerpunte in ‘n
kartelvorm. Herhaal met die res van die deegsirkels en vulsel. Bak pasteitjies vir 25-30 minute of tot goudbruin. Lewer 20 pasteitjies.
So maak jy hoender-fynvleis en pasteitjies
Deur Huisgenoot Vrydag 15 Julie 2011
Maak sowat 7 liter fynvleis
Bereiding: 10 min
Gaarmaaktyd: 1¼ uur
Groot hoenderstukke vries nie te lekker nie – dis alte veel asof dit droog wil wees. Kook dus eerder ’n paar heel hoenders op en maak fynvleis waarmee jy dan ’n verskeidenheid geregte kan berei.
3 heel vars hoenders
1 liter (4 k) hoenderaftreksel
250 ml (1 k) witwyn
4 uie, geskil en fyn gekap
6 wortels, skoongeskraap en gekap
6-8 peperkorrels
3 heel naeltjies
6-8 knoffelhuisies, gekneus
skil van 1-2 suurlemoene
3-4 takkies pietersielie
3 lourierblare
2 takkies vars roosmaryn
sout en vars gemaalde swartpeper
125 ml (½ k) sago, in water geweek
Verwyder die meeste binnevet van die hoender en plaas saam met die res van die bestanddele, buiten die sago, in ’n groot kastrol of drukpot.
Bring tot kookpunt en kook sowat 15 minute.
Verwyder van die hitte en trek dan al die velle van die hoender af om dit minder ryk te maak (
Plaas terug in die kastrol en kook tot die vleis van die bene afval; dit neem sowat 1 uur.
Verwyder al die bene en voeg die geweekte sago by.
Laat weer goed kook tot die sago deurskynend is; roer gedurig om te keer dat die sago aanbrand.
Verdeel die mengsel in twee en laat goed afkoel.
Maak hoenderpastei en/of lasagne.
HOENDERPASTEITJIES
Vir ’n hoenderpastei wat nie so swaar is nie, het ons filodeeg gebruik.
Maak 12 pasteitjies
Gaarmaaktyd: 15 min
1 rol (250 g) filodeeg, ontdooi
gesmelte botter of kleefwerende sproei
1 deel basiese hoendermengsel
Smeer 4 velle filodeeg met botter of spuit met kossproei en pak opmekaar.
Herhaal met nog 4 velle.
Sny in groot vierkante en voer 12 holtes van diep muffinpanne daarmee uit.
Verdeel die hoendermengsel daartussen en vou die bokante goed toe om die vulsel.
VRIES
Bedek die muffinpannetjies liggies met kleefplastiek en vries tot stewig.
Verpak die pasteitjies dan in ’n bak of stewige plastieksak en vries tot latere gebruik.
SIT VOOR
Ontdooi die pasteitjies effe by kamertemperatuur en plaas met die voukant op ’n bakplaat.
Bak by 190 °C tot die vulsel goed warm is en die deeg goudbruin.
As jy hoenders koop met binnegoed en al, moenie die lewertjies weggooi nie; braai hulle en sit by die hoendermengsel.
You must be logged in to post a comment.