Rencia Odendaal Pretorius(ook geskik vir muffin pannetjies en cupcakes)
Bestandele:
250 ml suiker
250 ml olie
3 eiers
375 ml meel
10ml bakpoeier
20ml kaneel
8ml koeksoda aangemaak met bietjie melk
250 ml piesang mousse (1 koppie)
250ml grof gerasperde wortels
125 gr gekapte neute
Verroom suiker, olie en eiers
Voeg by meel, bakpoeier, kaneel en koeksoda
Meng piesangs, wortels en neute by
Bak vir 25/30 min by 180 grade
Laat heeltemal afkoel en smeer versiersuiker bo-oor.
Versiersel:
Verroom:
110 ml ml botter en 375 ml versiersuiker
Roer by 100ml room maaskaas en 8 ml vanilje
WENK: Vir afwisseling gebruik net versiersuiker met 1 tl kookwater en suurlemoensap gemeng vir versiering of kondensmelk en suurlemoensap gemeng. Smeer oor koek
HIERDIE KOEK VRIES BAIE LEKKER – EK MAAK MYNE GEWOONLIK IN BROODPANNETJIES
Rina Kleinhans
WORTELKOEK (MIKROGOLF)
Klits:
2 eiers
125ml gerasperde appel of pynappel
170ml kookolie
250ml gerasperde wortel
200ml bruinsuiker
Voeg by:
300ml koekmeel
250ml neute, gekap
5ml bakpoeier
5ml vanilla
5ml kaneel
5ml koeksoda(met bietjie melk gemeng)
2ml sout
Gooi in ringkoekpan wat met Spray & Cook gespuit is. Bak 12 minute, Med High 70%)
Versiersuiker
160ml maaskaas
60ml margarien
500ml versiersuiker
5ml vanilla
Klits goed en gooi oor koek as dit afgekoel is
You must be logged in to post a comment.