Melkkos


Melkkos

Melkkos

Outydse Melkkos-Klontjies/Frimmel Melkkos

Op 1 liter melk vat so 100g koekmeel en so halwe tl sout. Vryf 1 eet lepel koue botter daarin tot dit lyk soos broodkrummels. Verhit jou melk tot kookpunt en gooi die meel mengsels bietjies gewys  by terwyl jy met whisk  melk meng. Prut vir so 20min roer elke nou en dan. Bedien met kaneel en suiker.

 MELKKOS met kondensmelk

1 blik kondensmelk

1 koppie melk of water

2 eetl (maw 50 ml) koekmeel

…2 eetl margarine

bietjie sout

 

Klits alles goed in ‘n bak en sit dan in die mikro – hou aan kook (op 100%) totdat dit styf is MAAR jy moet dit kort-kort roer – elke 1 minuut – anders maak dit klonte.

Sodra dit dan styf is – jy sal sien dit het dan ook darem al so ‘n keer of wat geborrel – dan gooi ek net lekker baie kanneelsuiker in

Roer deur en skep in bakkies – ek gooi dan sommer weer kaneelsuiker bo-oor.

Melkkos met Spaghetti

 

Bestanddele:

125g spaghetti, in korter stukkies gebreek of macaroni

150ml koekmeel

5ml sout

50ml witsuiker

1l melk

3 ekstra-groot eiers, geskei

50ml margarien

3ml vanieljegeursel

1ml amandelgeursel (ek sit dit nie in nie)

1. Kook die spaghetti in genoeg vinnig kokende soutwater tot gaar en dreineer

2. Meng die droe bestanddele en meng met 250ml koue melk.

Klits die eiergele en voeg by.

3. Verhit die res van die melk en die botter. Voeg ‘n klein bietjie

hiervan by die meelmengsel en roer dan alles by die res van die

melk.

4. Verhit oor lae hitte tot die mengsel kook en verdik. Roer gedurig

om te verseker dat die eiers nie skif op die bodem nie.

5. Voeg die spaghetti by

6. Klits die eierwitte tot dit sagte punte vorm en vou saam met die

vanielje- en amandelgeursel by die gaar melkkos in.

7. Strooi kaneelsuiker oor en dien op in sopborde met ekstra suiker

indien verkies

 

Melkkos met Sago

 

3 liter melk

1 liter water

2 eetlepels botter (goed, beter, botter)

500 gram sago

2 teelepels geurmiddel (karamel-essens)

Maak die vloeistof warm, sit die botter daarin, roer tot die botter gesmelt het,

voeg die sago by, roer tot alles gaar is, voeg die essens by. Strooi

Kaneelsuiker oor.

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s