Tag Archive | turkish delight

Turkse lekkers (Turkish delight)


Turkse lekkers (Turkish delight)

Turkse lekkers (Turkish delight)

Turkese Lekkers (Turkish Delight)
DEUR Lillyne Grunewald

Bestandele:

45ml gelatien
125ml koue water
500ml strooisuiker
190ml kookwater
4ml wynsteensuur
1 suurlemoen se sap
5ml vanielje geursel
Rooi voedselkleursel

Metode:

Spons gelatien in koue water. Verhit suiker en kookwater saam tot suiker opgelos het. Voeg wynsteensuur by en verhit tot kookpunt. Laat vir sowat 5 minute kook. Roer suurlemoensap by en verwyder van hitte. Los gelatien oor warm water op en giet by. Roer deeglik en voeg kleursel by. Kleur mengsel, indien verkies, met ‘n paar druppels voedsel kleursel. Giet in gesmeerde vlak bak en laat afkoel. Sny in blokke en sif versiersuiker oor.
Opsioneel. Gooi bietjie gekapte neute op beslag as nog warm is. druk effe vas.