Tag Archive | tamatiesmoor

Frikadelle op pasta


Frikadelle op pasta

Frikadelle op pasta

Deur: Radio Namakwaland

Kook pasta van jou keuse tot gaar maar nie pap, dreineer goed en skep onderin oondbak.
Maak frikkadelle:
500 gr maalvleis, 1 groot gebraaide uie, 2 snye geweekte brood (bietjie melk), 1 kop rou oats, 1 eier, 2 eetl gekapte pietersielie, 1 fyngekapte knoffelhuisie, 1 tl fyn koljander, 1 eetl asyn en 1 tl sout. Pak (rou) bo-op pasta en gooi 1 blik matige chakalaka oor gevolg met 1 blik tamatie, uie en knoffel smoor.  Bedek met tinfoelie en bak vir 1 uur by 180 gr C.

Rasper mozzarella kaas bo-oor en sit terug in oond tot gesmelt.

Bedien met mengelslaai.

Advertisements