Tag Archive | roereiers

Roereier/scramble egg ontbyt/brunch idees


Deur: adventuresofourfamily

Deur: adventuresofourfamily

ROEREIER  MUFFINS

1 pak blaardeeg (Puff pastry) (druk met glas ringe uit amper so groot soos jou muffin pannetjie
Spuit jou muffinpanne goed met spray en cook
Plaas in elke muffinpan ‘n sirkel blaardeeg en druk effe vas onder en teen die kante – Sit die pannetjie in die yskas sodat die deeg stewig bly en nie pap raak nie
Maak nou al jou ander goed gaar:
Roereiers (jou eiers moet nog klam/nat wees. Met die bakproses raak dit verder gaar.
Stukkies spek (gebraai – of sommer vinnig gaar gemaak in die mikrogolfoond)
Gerasperde kaas
Skep muffinpannetjies 3/4 vol met roereier
Strooi spek en dan die kaas bo-oor
Oond 180C
Bak in oond vir ongeveer 15/20min tot die blaardeeg mooi bruin en opgepof is aan die kante.

Bedien dadelik

Deur: adventuresofourfamily

pizza breakfast 1

ONTBYT PIZZA MET ROEREIER

Maak die Skud en skommelkors vir jou basis. Jy kan sommer klaar voorafbereide brooddeeg, uitgerol ook gebruik, of klaar gekoopte pizza basis

750 ml bruismeel
200 ml kookwater
200 ml sonneblomolie
5 ml sout
Plaas bruismeel, kookwater, olie en sout in ‘n groot plastiekhouer met deksel wat dig seël.
Sit deksel op en skud dit goed op en af, heen en weer totdat dit ‘n deegbol vorm.
Druk deeg liggies uit en plaas in die oondpan. Dit is nie nodig om die pan te spuit nie. Die deeg het genoeg olie in.
Braai ‘n paar repies spek, sampioene, uie, groen/rooi en geel soetrissies tot sag (alles moet in stukkies gekap wees)
Maak roereiers
Sny nou dun skyfies tamatie en plaas op die deeg. Sit die roereier op en sprinkel die spek mengsel oor. Strooi gerasperde kaas, sout en peper oor

Bak in voorverhitte oond by 180 grade C vir 30 minute.

 

EIER BROODJIE MET BAKED BEANS EN SPEK

Rooster jou brood, maak roereiers, sit bo-op broodjie. Braai stukkies spek tot bros. Meng in by baked beans,Sny ‘n stukkie ui fyn in by die baked beans, maak vinnig warm in die mikrogolf en skep bo-op die broodjie. Versier met varsgekapte pietersielie of spruit uie of droe pietersielie en paprika

brunch baked beans

SPEK EN ROEREIER WAFELS

Wafels – sny slegs in die helfte, moenie al 4 stukke los sny nie

Roereiers – moet lekker klam wees
Repe spek bros gebraai
Uie en gekapte sampioene (sag gebraai) – gooi hier so bietjie knoffelvlokkies by as jy dit braai
Sweet mustard sous of sweet chillie sous

Pak jou wafel broodjie
Begin met die uie en sampioenmengsel onder, dan die roereier, dan die spek, en dan so ‘n “dash” sweet mustard sous.
Sit ander deel van die wafel bo- op.
Bedien met ‘n lekker growwe mengelslaai – groot skywe tamatie, komkommer, blaarslaai, avokadopeer, uie ringe en ‘n honey en mustard slaai sous

wafel3

WAFELS

Meng saam:

2 kop meel

2tl bakpoeier

sout

Meng saam:

1tl koeksada (aangemaak in bietjie melk)

2kop karringmelk

2 eiers

90ml olie

Meng nou alles saam tot gladde mengsel

Laat staan vir 15 min en bak

eierbroodjie 22EIERBROODJIE
Hier is die eierbroodjie wat ons almal ken, maar die een word in die oond gemaak en nie op die plaatstoof nie:

Oond 180 C
Lyn ‘n bakplaat met foelie

2 snye brood. Botter die 1 snytjie aan beide kante
1 velletjie maxi slice kaas in 4 repies gesny (of gewone kaas is ook reg)
1 eier
1 stukkie ham of kouevleis (opsioneel)

Sit snytjie brood met botter op die foelie. Met ‘n koekiedrukker of die oopkant van ‘n glas, druk ‘n vormpie uit die ander sny brood. Die gaatjie moet net groot genoeg wees om ‘n eier te kan vat.
Rangskik die kaas om die rante van die brood.
Sit snytjie brood met gaatjie bo-op
Gooi eier in en bietjie droe pietersielie, sout en peper en bak in die oond vir ongeveer 15 na 20 minute

Wenk: Sit stukkie ham of kouevleis op die onderste stukkie brood.

Jy kan ook ipv die eier heel, roereier maak, dit in die holte insit, sit stukkies spek ook in die holte, rasper  kaas bo- oor en  bak in die oond tot die brood begin verbruin en die kaas gesmelt is.