Tag Archive | pasta en maalvleis

Pasta gereg met maalvleis en eier


pasta rens1

PASTA GEREG (Rens se konkoksie)

(Genoeg vir 4 Mense)

½ na ¾ pakkie noedels (gaar en gedreineer)

500 gr maalvleis

1 groot ui geskil en gekap

8 sampioene gekap

6 repies spek (gekap)

½ tl knoffelvlokkies (die kan opsioneel wees)

3 eetl blatjang

1 tl droe mosterd poeier (die kan opsioneel wees)

1 pakkie tamatie “paste”

Sout en peper na smaak

8 eiers

½ kop melk of room (of half en half)

1 tamatie – in dun skyfies gesny

Gerasperde kaas

Braai jou spek, ui, sampioene en maalvleis met die knoffelvlokkies tot gaar

Voeg die blatjang, mosterdpoeier, pakkie tamatie paste, sout en peper by

Roerbraai vir nog ‘n rukkie

Klits die melk en eiers

Gooi ½ vd macaroni in ‘n gespuite oondbak

Gooi die ½ vd maalvleismengsel oor

Herhaal die laag

Sit die dun gesnyde tamaties oor, gooi die eiermengsel oor en dan  die kaas

Bak ongeveer 30 na 40 min in oond 180 C of tot eier gestol is in die middel

Ek is so bietjie van die stysel af – so het het myne presies dieselfde gedoen, ek het net ‘n bietjie van die maalvleismengsel in ‘n bakkie geskep (sonder die pasta) die eiermengsel en kaas oorgestooi en  gebak. Ek het ook ‘n paar peppadew stukkies ingesit (die is opsioneel)

pasta rens 2