LET ASB, HIERDIE AFDELING IS SLEGS ‘N AANDUIDING VAN LAE STYSEL OF STYSEL VRYE GEREGTE. Met die afdeling SKAKEL ONS NET …. STYSEL sover moontlik uit !!!
Ilse van Wyk gee elke dag haar STYSELVRYE aandete idees vir ons op FB – so hier is al haar daaglikse idees.
PAAR IDEES VIR PLAASVERVANGERS VIR STYSEL IN JOU DIEET
Kom ons begin bietjie gesels oor plaasvervangers vir al daardie stysels wat ons so wil uitsny.
Ek gaan so paar idees gee wat ek gebruik maar voel vry om julle stysel-plaasvervangers met ons te deel. Zuchinni (groot baby marrow) – sny hom met ‘n groente skiller in dun repies en gebruik in plaas van spaghetti of tagliatelle. Ek lees baie van die groente met die naam Spaghetti Squash. Ek is oral opsoek na dit maar hier in die platteland kry ek dit nerens. As die squash gaar is, krap mens dit uit met ‘n vurk en dit lyk net soos spaghetti. Sal waardeer as iemand ons bietjie meer hiervan kan vertel. Daai groot bruin mushrooms kan jy gebruik in die plek van hamburger buns Raper ‘n rou blomkool en mikrogolf met ‘n titsel water vir 5 min op hoog vir “rys”. Kopkool in dun repies gesny kan ook werk in plaas van spaghetti. Ham snytjies of eiervrug skywe kan jy gebruik om lasagna mee te maak. Chinese Nori kan jy gebruik in plaas van gewone wraps. Dit is die groen velle waarmee daar sushi gemaak word. Peanut butter kan jy vervang met amandel botter, cashew butter, macadamia butter. Broodkrummels vervang ek met amandelmeel. Chips vervang ek met die pakkies pork crackling wat mens te koop kry. ‘n Beter opsie as brood is 100% rye bread. Dit is nie die beste opsie nie maar as die brood craving jou aanval is dit beter om ‘n snytjie of 2 hiervan te eet as om ‘n witbrood aan te val en te verorber. Passop net om nie meer as 2 snytjies per weerk te eet nie. Ek maar vir my ‘n braaibroodjie met hierdie brood as ons braai. Dit help nogal baie.
ILSE SE KAAS EN BOBOTIE LASAGNE GEREG
5 eiers
Sout en peper na smaak
1 ui gekap
1 blikkie sampioene (vars is ook reg)
2 t kerrie
2 t borrie
¼ k asyn
2-3 eetl versoeter
1 k fyn gesnipperde kool
¼ greenpepper
500g maalvleis
1 k gerasperde kaas
Klits eiers, sout en peper goed en hou eenkant Braai uie en greenpepper tot bruin. Gooi kerrie, borrie, asyn en versoeter by. Braai vir 5 minute Gooi kool en sampioene by en braai tot kool begin verlep. Gooi maalvleis by en braai tot bruin. Skep in ‘n oondvaste bak. Sprinkel kaas oor en 3/4 van die eiermengsel. Roer deurmekaar en gooi laaste eiermengsel oor. Bak op 180 tot eier gaar en goudbruin is. Laat 10 minute staan voor bedien.
*
Groenbone met sampioene, spek en uie
½ pakkie spek stukkies
2 medium uie grof gekap
1 blikkie sampioene (vars is ook geod)
½ pak gevriesde groenbone ( vars kan ook werk)
Braai spek tot gaar en bros Gooi die uie by en braai tot uie sag is. Gooi sampioene en bone by en braai oor lae hitte tot bone gaar is maar nie pap nie.
*
Krakerige Koolslaai
Handvol vars boonspruite
1 rooi greenpepper in dun repies gesny
1 klein wortel met groenteskiller in dun repies gesny
4 spring onions fyn gekap
½ medium kopkool blokkies gesny
*
Tuisgemaakte slaaisous
1 k olyfolie
1 k water
1/3 k bruinasyn
3 t knoffel
3 t Dijon mosterd
3 t gerasperde ui
3 t versoeter
Sout en swart peper na smaak.
So is die Naweek hier en dit beteken BRAAI!! So wat maak mens tog nou by as ‘n braaibroodjie nie gaan werk nie?????
My slaai is soos volg: Fyn repies kool Rooi en groen peppers Appel Wortelrepies Mango Olywe Tamatie Komkommer Uie Gouda kaas blokkies Cheddar kaas blokkies Feta kaas blokkies Kersie tamaties Vars knoppie sampioene
TIP: Gebruik kopkool in plaas van blaarlaai. Mens kom nie maklik die verskil agter nie, maar dit hou baie langer in die yskas.
Portabella Sampioene 4-6 groot bruin sampioene Genoeg knoffelbotter om dik mee te smeer. Gerasperde Cheddarkaas om bo-op te gooi Braai laaste oor matige kole.
SAMPIOEN BURGERS Vandag is ek lus vir iets verbode!! Kaasbrugers klink vir my lekker! So ek het lekker groot sampioene wat gaan moet instaan vir die buns.
Maak jou eie burger patties.
1 kg maalvleis
1 pakkie gesnipperde spek
3 uie fyn gekap / gerasper
3 eiers
2 k gerasperde kaas
Meng als deeglik en vorm patties. Druk met jou duim ‘n holtetjie in die middel van die pattie. Dit help dat die pattie nie te dik in die middel braai nie. Braai in bietjie olyfolie tot gaar en mooi bruin. 1 groot pak bruin groot sampioene (portabello) Braai die sampioene in bietjie botter tot net net gaar, dit kan ook net so rou gebruik word. Ek verkies myne rou en my man verkies syne gaar. Braai 1 pakkie repies spek tot gaar en kripsy Sny gouda kaas in dun skyfies. Pak nou jou hamburgers. Ek gebruik bietjie tamatiesalsa op die burgers. Bedien met ‘n vars slaai en wortels wat gebraai is in bietjie botter.
STEAKAAND !!
Steek die vuurtjie aan – dra die gas braaier nader of selfs die stoofplaat en braaipan kan vannaand werk. Hier beleef ons die warmste dag wat ek in my lewensbestaan ervaar het so vannaand gaan ek vir geen geld voor die stoof staan nie. Gertjie se Perfekte Steak 1 steak per persoon – snit van jou keuse (ons verkies sirloin of rump met die vetjie) Kyk dat die steak so ongeveer 2cm dik is. Matige kole wat jou hand so 5 sekondes kan weerstaan as jy dit so 15cm bo die rooster hou. Moenie jou steaks sout en peper voor jy dit op die kole gooi nie. Gooi soos jy braai. Draai jou steak ELKE 2 minute. Riglyne vir die gaarheid van jou steak. 2 minute per kant – Blue Rare 4 minute per kant – Rare 6 minute per kant – Medium Rare 8 minute per kant – Medium 10 minute per kant – Well done
*
Mushroom sous ala Paleo
Bietjie botter
4 bakkies sampioene (helfte groot bruin, helfte wit knoppies), fyn gesny of gerasper.
1 lt room
Sout en peper na smaak (jy kan maar laat loop met die peper)
1 pakkie mushroomsoppoeier aangemaak met 500ml water
Die stysel in die pakkie soppoeier verdun in die resep so min dat dit geen effek op jou dieet gaan he nie. Braai sampioene in bietjie botter totdat dit begin krimp Gooi res van bestanddele by en verhit tot dit verdik. Die resep maak BAIE sous so vries die res. Dit hou maande in die vrieskas. Gooi na smaak oor jou steak. Kook brussel sprouts tot gaar en dreineer, roer genoeg botter deur om als te bedek en geur met sous en peper na smaak. Maak blomkool mash nes gewone mash maar vervang die aartappel met blomkool.
BASIESE RESEP VIR SOUTTERT
4 eiers
2 koppies gerasperde kaas
1 ui gekap
1 eetl pietersielie (vars) (of 2 tl gedroog)
2 eetl meel
1 tl mosterdpoeier (jy kan ook jou klaar aangemaakte mosterd gebruik)
Sout en peper
300ml melk
VOEG NOU BY: 2 koppies vleis
Hier kan jy dit opmaak met ENIGE VLEIS – bv boeliebeef, spek, ham blokkies, viennas gesnipper, enige koue vleis wat jy in blokkies gesny het, gevolkte hoender, polonie, gevlokte vis bv hake,
Jy kan ook gekapte 3 kleure rissies of sampioene byvoeg. Dit kan ongeveer so halwe koppie wees.
Meng melk en eiers Meng al die ander bestandele saam.
Gooi die melk en eier mengsel by die vleismengsel.
Roer liggies deur. Gooi in gespuite oondbak.
Sprinkel bietjie rooipeper of paprika bo-oor
Bak vir 30/40 min by 180 grade C of tot gestol en goudbruin.
*
Hier is ‘n lekker slaai wat ons maak: 1 x blomkool 1 x broccoli 1 ring feta 1 wortel. Rasper Alles saam fyn, gooi suurlemoensap, peper en sout in, ek sit mayo ook in, en dit is soooo lekker! Die groente rou, het soveel extra vitamines en voordele.
*
KOUEVLEIS SLAAI Barbara Joubert (10 minute – 4 porsies)
300 g ham, in dun repies gesny
200 g salami, in dun repies gesny
4 agurkies, in klein blokkies gesny
250 ml mayonnaise
100 ml Bulgaarse jogurt sout en varsgemaalde swartpeper na smaak * (ek sit gekookte eier, blokkies komkommer, klein tamaties en blokkies kaas ook by)
Meng die ham, salami en agurkies. Ook die mayonnaise en jogurt. Geur met sout en swartpeper. Meng alles nou goed saam.
BUTTERNUT SKYWE MET KNOFFEL/UIE EN GEVULDE SAMPIOENE
1. Neem butternut met skil aan en sny dik skwye. Smeer botter op, bietjie knoffel, sout en peper en sit dik sny ui bo-op. Ek het bo-op die ui bietjie lemoenpeper gestrooi. Draai toe in foelie en sit in die oond tot gaar. Ek het myne so +/- vir ‘n uur op 140 grade gehad
2. Gevulde sampioene Neem sampioen en haal die middelste stuk uit. Braai bietjie spek, gekapte ui en peppers. Skep in sampioene, frimmel bietjie feta kaas oor, sout en peper en gerasperde cheddar kaas. Ek het roosmaryn en olyf sprinkel van Ina paarman gebruik om bo-oor te sit ipv sout en peper. So 10 min voor julle wil eet, sit die sampioene in die oond en bedien dadelik.
SPINASIE TERT
Gebruik so 20cm deursnit bak
1 of 2 bossies (pakke) spinasie – ligweg opgekap (of jy 1 of 2 gebruik, jy hoef nie die bestandele onder aan te pas nie)
5 stukkies repe spek (opgekap)
5 sampioene (opgekap)
1 groot ui (opgekap)
Gooi alle bogenoemde in pot en kook so 15 minute – dreineer en hou eenkant. (ja niks braai van uie ens nie , kook alles)
Meng 1 pakkie wit uie sop met 1 houertjie suurroom en laat staan vir 10 minute (suurroom as jy nie het nie – 1 houertjie room met 1 eetl suurlemoensap – laat staan vir 10 minute)
Voeg by 1 houertjie gladde maaskaas
3 eiers
1tl mosterdpoeier
peper
Meng goed deur en gooi spinasie mengsel by en 1 kop gerasperde cheddar kaas. Meng alles ligweg deur Gooi in ‘n bak gespuit met spray en cook en bak by 180 C vir 30 na 40 minute – kyk as gestol en bruin bo-op is. As uit die oond kom, gooi nog gerasperde kaas oor Ek het 2 swart olywe geneem en stukkies gesny en bo-oor gesit vir versiering met bietjie paprika.
Opsioneel – as jy wil, kan jy halwe blik aspersies in stukkies gesny ook byvoeg.
Bedien met lekker mengelslaai.
2 baba koolkoppies halveer Baba wortels Heel sampioene Uie grof gekap Aartappel (hierdie is opsioneel) Rooi rissie
Pak ‘n laag uie onder in ‘n casserole Giet die water oor Meng die olie, aromat, paprika, koljander en peper. Smeer goed in die skenkels in. Pak bo-op die uie. Strooi wortels oor Maak toe en bak op 130C vir 5 ure. Stoom boontjies tot net gaar deur te mikrogolf vir 10 minute, bedek met plastiek wat gaatjies ingedruk is. Geur na smaak met sout en peper Blomkool mash: Kook genoeg blomkool tot sag. Dreineer baie goed. Los 20 minute in vergietes. Druk fyn saam met suurroom. Geur na smaak met sout en peper.
Komkommer toebroodjies: Skyfies komkommer met kaas, kouevleis – dink aan enige iets wat jy op jou toebroodjie wil sit , blaarslaai, skyfies tamatie, low fat mayonaise ens.
BLOMKOOL EN MAALVLEIS GEREG
500 na 750gr maalvleis
1 blomkool (sny in blommetjies)
1 koppie chedder kaas
Paar sampioene (net gehalveer)
1 klein ui (gekap)
Stoom jou kool tot sag maar nie pap nie
Braai jou maalvleis, ui en sampioene na smaak, Gebruik sout, peper bietjie wostersous, knoffel of bbq speserye
Meng al die bestandele en roer tot die kaas effe gesmelt is
Gooi nog klein bietjie kaas bo-oor en sit in die oond of mikrogolf net tot die kaas gesmelt is
Variasie:
Meng 4 na 6 eiers en so 1/2 kop melk, gooi dit bo-oor die vleismengsel, strooi kaas oor en bak in die oond tot gestol
*
BLOMKOOL SLAAI
1 medium head of cauliflower, cut into florets
4 eggs, hard-boiled
1 clove garlic, minced
1/4 large, white onion, finely chopped
1 tbsp mayo
1 tbsp sour cream
1 tsp yellow mustard
1 tsp lemon juice
salt and pepper
Steam the cauliflower for 10mins until tender, but not mushy. Set aside to cool.
Cut the eggs into small pieces and combine with the cauliflower florets, onion and garlic in a large mixing bowl. Season generously.
In a separate bowl mix together the mayo, sour cream, lemon juice and mustard. Add this to the eggs, cauliflower and onions.
Mix well and refridgerate until needed.
You must be logged in to post a comment.