Tag Archive | Kweper Sambal

Kweper Resepte


Kwepers-bron onbekend

Kwepers-bron onbekend

Kwepers

Kwepers Flambe

Karamel 5 eetlepels suiker en 3 eetlepels botter in ‘n pan en gooi kwepers by, in skywe gesny saam met twee koppies lemoensap en kwart koppie Cointreau orange liqueur. Kook vinnig vir 3 minute, voeg dan kwart koppie brandewyn by en terwyl dit vinnig kook, steek aan die brand. Bedien onmiddelik saam met roomys, Charl Faurie

Kweper Jellie

Rens Mina Venter

Sny 2 kg Kwepers met skil en al in stukke. Voeg 2.5 17:50:27 water en die skil en sap van 1 suurlemoen bym prut ongeveer n uur in n toe kastrol tot goed sag. Syg deur hou sap eenkant en skep pulp terug in pot. Voeg 1.25 vars water by pulp. Verhit tot kookpunt en prut 30 min en syg weer deur. Meet die 2 kooksels sap af en gooi by elke 500 ml sap 400 gr wit suiker. Verhit tot kookpunt en roer net aan die begin tot suiker opgelos is. Moenie weer roer nie. Kook vinnig tot dit begin jel as dit op n piering geskep word. Skep skuim af en bottel warm!
Magrietha Jeneke

Kweper Sambal
1 groot kweper ;60ml suurlemoensap; 3eetl.suiker;2 groen brandrissies fyngekap; sout en pepper na smaak.METODE; Rasper kweper in suurlemoensap.voeg res van bestandele by;meng goed.sit voor met kerrie of vis.Resep kom uit kaapse kos en kultuur resepte boek.

Ingelegde Kwepers

(lekker resepte vir jongergeslag)
6 kwepers, geskil die pitte verwyder en in kwarte gesny
30 ml bruinsuiker
50 ml botter
3 stukke kaneel
125 ml brandewyn en nog
METODE:
Kook alles stadig saam tot sag en gooi in flesse. Maak vol met brandewyn en verseël.”Kosmater”

Gebakte kwepers

3 groot kwepers
sap van 1 suurlemoen
80 g (90 ml) botter
100 g (125 ml) suiker
50 ml water

Verhit oond tot 180 °C. Was en vryf donse van die kwepers af. Sny kwepers in kwarte en plaas in ‘n oondroosterpan. Gooi onmiddellik suurlemoensap oor. Stip die kwepers met botter en strooi suiker oor. Gooi water in bak en plaas in warm oond. Bak vir sowat 1½ uur tot sag. Draai kwepers so elke nou en dan om. Sit voor saam met lamskenkels.

Wenk: Suurlemoensap keer dat die kwepers bruin word

Kweperkonfyt

500 g kweper, geskil en in stukke gesny
water, vir kook van kwepers
200 g suiker
1 suurlemoen, versap
1 lemoen, versap
steranys, een vir elke kweper*

Kook die kwepers in water tot dit sag is. Dreineer en voeg die suiker, suurlemoensap, lemoensap en steranys by. Laat toe om 2-3 ure teen baie lae hitte te prut tot die kweper diep-oranje in kleur is en die stroop dik is. Gooi in gesteriliseerde bottel en bedek met suikerstroop.

* Omdat steranys ‘n sterk smaak het, kan dit bygevoeg word volgens jou voorkeur, maar in hierdie resep is ongeveer een steranys per kweper wat gebruik word bygevoeg.

Lamskenkels met kwepers

30 ml olyfolie
6 lamskenkels (van sowat 2,7 kg)
3 knoffelhuisies, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
5 ml droë gemengde kruie
2 lourierblare
1 bottel (750 ml) rooiwyn
sowat 8 klein piekel-uitjies

Verhit oond tot 180 °C. Vehit olyfolie in ‘n groot kastrol. Braai skenkels so twee op ‘n slag tot bruin. Plaas almal terug in die kastrol wanneer al die skenkels gebraai is. Voeg knoffel by en geur met sout en peper. Voeg kruie, lourierblare en rooiwyn by. Maak kastrol toe met deksel en plaas in warm oond vir 1 uur. Haal uit en laat afkoel. Laat staan skenkels oornag in yskas. Haal skenkels so 3 uur voor etenstyd uit die yskas en plaas in ‘n oondroosterbak. Sit terug in ‘n warm oond van 180 °C. Draai en bedruip skenkels so elke nou en dan. Die vloeistof sal baie lyk, maar dit sal afkook en ‘n heerlike sous vorm. Oondrooster skenkels vir minstens 3 uur tot sag. Sit voor saam met gebakte kwepers.

Advertisement