Tag Archive | eiervulsels

GEVULDE EIERS:


gevulde eiers

Wenk: Om jou eiergele in die middel te kry vir mooi gevulde eiers: sodra die water liggies begin kook, roer die eiers met ‘n lepel. ‘n Rukkie kloksgewys, dan weer anti-kloksgewys, dan weer kloksgewys.

Krakerige gevulde eiers

Bron: Bakers Recipes

50 g (¼ pakkie) Bakers KIPS (spekgeur)
4 repe strepiespek
45 ml fyngekapte pietersielie
12 hardgekookte eiers, afgedop
30 ml room
45 ml mayonnaise
15 ml tamatiesous
10 ml Worcestersous
sout en gemaalde swartpeper

Instruksies:
Sny of breek die Bakers KIPS grofweg. Braai of rooster die spek tot bros en kap dit fyn. Meng die spek, beskuitjies en pietersielie en sit dit opsy.
Halveer die eiers, verwyder die eiergele en sit dit in ’n mengbak. Rangskik die eierwitte op ’n opdienbord.
Druk die eiergele fyn en voeg die room, mayonnaise, tamatie- en Worcestersous by. Geur goed met sout en peper. Meng deeglik en skep die mengsel in die eierwitskulpe. Strooi die spek- en beskuitjie-mengsel bo-oor die eiers en bedien.
Lewer 24.
NS: Gebruik jou mikrogolfoond om ’n paar repe spek in te braai. Plaas die spek op ’n bord tussen twee stukke papierhanddoek. Mikrogolf op hoog maar kyk elke 30 – 60 sekondes of die spek al bros genoeg is.

Gevulde Eiers – MEKSIKAANS

6 hardgekookte eiers
50 ml salsa
50 ml fyngerasperde Cheddar- of Jalapeno-kaas
30 ml mayonnaise
Garneer met rissiepoeier

Metode om die eiers te vul:

1. Halveer die hardgekookte eiers in die lengte.
2. Verwyder die eiergeel en plaas die eierwitte eenkant.
3. Druk die eiergele met ‘n vurk fyn.
4. Roer die oorblywende bestanddele vir elke variasie by tot goed gemeng.
5. Skep of spuit met ‘n versierbuis sowat een eetlepel (15 ml) van die eiergeelmengsel in die eierwitholte.

Wenk: Die eiergeelmengsel kan vooraf gemeng word sodat die geure kan ontwikkel. Skep in ‘n lugdigte houer en bêre in die yskas om te verhoed dat dit uitdroog.

Gevulde Eiers – ITALIAANS
6 hardgekookte eiers
50 ml fyngekapte prosciutto of salami prosciutto or salami
50 ml mayonnaise
30 ml gerasperde Parmesaankaas
Garneer met takkies pietersielie en basiliekruid.

Metode om die eiers te vul

1. Halveer die hardgekookte eiers in die lengte.
2. Verwyder die eiergeel en plaas die eierwitte eenkant.
3. Druk die eiergele met ‘n vurk fyn.
4. Roer die oorblywende bestanddele vir elke variasie by tot goed gemeng.
5. Skep of spuit met ‘n versierbuis sowat een eetlepel (15 ml) van die eiergeelmengsel in die eierwitholte.

Wenk: Die eiergeelmengsel kan vooraf gemeng word sodat die geure kan ontwikkel. Skep in ‘n lugdigte houer en bêre in die yskas om te verhoed dat dit uitdroog.

Gevulde Eiers – GRIEKS

6 hardgekookte eiers
50 ml Fetakaas, gekrummel
6 groot swart of Calamata-styl olywe
50 ml mayonnaise
Garneer met skywe suurlemoen, olywe en takkies origanum garnished with lemon slices, olives and oregano sprigs

Metode om die eiers te vul

1. Halveer die hardgekookte eiers in die lengte.
2. Verwyder die eiergeel en plaas die eierwitte eenkant.
3. Druk die eiergele met ‘n vurk fyn.
4. Roer die oorblywende bestanddele vir elke variasie by tot goed gemeng.
5. Skep of spuit met ‘n versierbuis sowat een eetlepel (15 ml) van die eiergeelmengsel in die eierwitholte.

Gevulde Eiers – SUID-AFRIKAANS

6 hardgekookte eiers

50 ml mayonnaise

15 ml gekapte vars pietersielie
50 ml gerasperde of fyngekerfde biltong
50 ml gerasperde Cheddarkaas

Garneer met dungekerfde skyfies biltong en takkies pietersielie..

Gevulde Eiers – FRANS

6 hardgekookte eiers
50 ml gekapte gaar spinasie, goed gedreineer
50 ml Brie-kaas, in blokkies gesny
50 ml mayonnaise gegarneer met gekapte tamaties

Metode om die eiers te vul

1. Halveer die hardgekookte eiers in die lengte.
2. Verwyder die eiergeel en plaas die eierwitte eenkant.
3. Druk die eiergele met ‘n vurk fyn.
4. Roer die oorblywende bestanddele vir elke variasie by tot goed gemeng.
5. Skep of spuit met ‘n versierbuis sowat een eetlepel (15 ml) van die eiergeelmengsel in die eierwitholte.

Duiwel eiers (devils eggs)

Bestanddele:
12 eiers
2 eetlepels mosterd
2 eetlepels mayonnaise (kan meer as dit nodig is)
1 eetlepel gemaalde ui of grasuie
1/4 eetlepel Tabasco sous
Sout en peper na smaak
Voorbereiding:
Hard gekookte eiers. Skil hulle en sny in die helfte. Verwyder žumaca en meng dit met ander bestanddele. Vul die gevolglike mengsel van eiers. Versier hulle deur hulle te besprinkel met rooipeper.

Eiers gevul met olywe en ansjovis 

eiers, gekook, afgeskil, gehalveer en die geel verwyder

125 mℓ swart olywe, ontpit

8 ansjovisfilette

2,5 mℓ mosterdpoeier

15 mℓ kappertjiesaad
olyfolie
peper
15 mℓ brandewyn

Plaas die eiergele, ansjovis, mosterd, kappertjiesaad, peper en brandewyn in ’n voedselverwerker. Terwyl dit fyngemaak voeg jy die olyfolie in ’n dun straaltjie by tot dit amper soos ’n tipe stywe mayonnaise begin lyk. Vul die eiers met die mengsel.

’n Alternatiewe manier om dit as happie te bedien is om die eierwit fyn te sny en dit by die mengsel te roer. Smeer dit dan op roosterbrood.

gevulde eiers 3

LEDE SE IDEES – GEVULDE EIERS

Lesia Uota Kaas, tamatiesous gemeng met die eiergeel is lekker. Jy kan ook gegeurde roomkase probeer.

Qzette Church Meng mayonnaise en Engelse mosterd by.

Francisca Grobler. Meng mayonnaise en mosterd met die geel. Sodra dit teruggeskep is kan fyn biltong oorgestrooi word.

Leana Botes  Meng mayonnaise, tamatiesous, bietjie chutney en paprika.

Fesia Uota Gekapte agurkies of capers kan bygevoeg word vir tekstuur. Versier met pietersielie, mint of fyn gesnyde spring onion.

Jonique Theron Eiergeel, mayonnaise en fyn gekapte agurkies.

Ellenor L. Vorster Blatjang, tamatiesous, mayonnaise, gesprinkel met rooi peper.

Jonique Theron Gebraaide bacon bits met mayonnaise en fyn gerasperde kaas.

Weleen Olivier Holcom Roomkaas en uie en sampioene (fyngekap en gebraai), vir ietsie meer spicy sit rissie by.

Elize Badenhorst Mayo & Sweetchilli sous – ook baie lekker as toebroodjievulsel

Karien De Swardt Oosthuizen Dit is heerlik as jy bietjie fyn hoender met die geel meng saam met mayo.

Petronella Pelzer Ek meng gewoonlik n blikkie tuna, mayonaisse, blatjang en knoffel by die geel.

Lorraine Maree Baie fyngekapte ui gemeng met tamatiesous en mayo. Skep dan weer in eier en versier met pietersielie.

Patrys de Bruyn Oorskietmaalvleis, tamatiesous, blatjang en mayonnaise.

Heidi Ferreira-Matthee Spring onion roomkaas en sweetchili gemeng met geel. Fetakaas gekrummel, mayo en sweetchilli. Mayo en tabasco met geel gemeng. Pietersielie, mayo en geel gemeng.

Roberta Matthews Meng mayonnaise, tamatiesous, tabascosous, engelse mostert en ‘n bietjie room. Meng met die gekookte geel.

Rachel ‘v Rooyen’ Barnard Meng eiergeel met sandwich spread. Daar kan ook chillies ens by gerasper word.

Amaranda Venter   Meng mayonnaise, tamatiesous en gooi bietjie suiker by die eiergele.

Annetjie Crous Avokadopeer en eiergeel en mayonnaise gemeng.

Melanie Voordewind ‎12 eiers gekook. Druk geel fyn. Druk gerookte mossels fyn meng met geel. Meng dan met mayonnaise, tamatiesous, blatjang en aromat.

‘n Paar idees van Rens: Oorskiet kapokaartappels, bietjie Colemans mosterd, eiergele, pietersielie en bietjie room. Meng goed deur en skep terug in die eiers. Versier met vars pietersielie.

GAAN KYK OOK VIR: https://kreatiewekosidees.com/?s=gekleurde+eiers