Tag Archive | appelkose

Mikrogolf Appelkooskonfyt


20141205_154821

Mikrogolf Appelkooskonfyt

Rencia Odendaal Pretorius
Sny appelkose oop, verwyder pitte
1 kg appelkose
1 kg suiker
30ml suurlemoensap
2tl botter
Mikrogolf appelkose (bedek) vir 5 min op hoog (100%) – sit eenkant –
Mikrogolf suiker IN GLASBAK vir 6 min op hoog (100%) roer elke 2 min
Meng nou appelkose in by suiker, gooi botter en suurlemoensap by
Mikrogolf nou vir 25 min op hoog (100%)
Roer af en toe liggies.
Bottel warm
NB jy sal sien jou sous is nog waterig maar moenie verder kook nie. Dit is reg en dit word dik in die bottel as jy dit gebottel het. Hierdie resep is ALTYD suksesvol. Ek kook glad nie meer konfyt op die stoof nie. Ek vries my appelkose 1 kilo gewys, en soos my konfyt klaar raak, haal ek net ‘n kilo uit en maak gou ‘n paar botteltjies.

20141205_160252