Skilferdeeg/skilferkors/puff pastry


puff pastry

MAAK JOU EIE SKILFERKORS – PUFF PASTRY

SKILFERDEEG/PUFF PASTRY

Bestanddele:
225 gm koekmeel
2ml sout
175 g koue botter – NIE margarien nie!
5ml suurlemoensap
100 – 125 ml koue water

Sif die meel en sout in ‘n mengbak. Voeg al die botter met eenslag by. Bedek die botter met die meel en sny die botter dan in 1,5cm stukkies met ‘n mes. Maak ‘n dammetjie in die deeg en voeg die suurlemoensap by en dan bietjie-vir-bietjie die water terwyl jy dit insny met ‘n mes. Hou aan met meng met die mes totdat die deeg ferm en elasties is. Moenie die botterstukkies opbreek nie. Plaas die deeg op ‘n meelbestrooide oppervlak en vorm dit in ronde bal sonder om dit te knie. Rol die deeg in ‘n lang strook. Vou een derde tot in die middel en die ander punt bo-oor sodat jy drie lae het. Vou die oop kante toe sodat die lug nie ontsnap nie. Rol weer uit en herhaal die proses vier keer. Rol uit en gebruik.

Oond 220 grade vir ongeveer 15 minute.

SKILFERDEEG

250 g koekmeel
Of meelblom van die beste gehalte
250 g botter (Nie margarine nie)
12,5 ml ( 1 e ) varkvet
Yskoue water, 150 ml ( 3/ 5 k )
10 ml ( 2 t ) brandewyn
Of sap van 1 suurlemoen of geel van 1 eier
2,5 ml ( 1/ 2 t ) sout

Sit die botter in die yskas of op `n baie koue plek, sodat dit goed hard word. Rasper dan die botter op `n growwe rasper en sit dit weer in die yskas.
Sif die meelblom en die sout tweekeer en werk die vet liggies daarin met `n deegmenger of met die vingers.
Meng die brandewyn en die koue water ( of die suurlemoensap of geklitste geel van die eier ) en voeg dit by die meel om `n stywe geeg te vorm. Knie die deeg goed tot dit elasties is. Werk altyd lig en vinnig om dit so koel moontlik te hou en knie dit op `n werkplank wat liggies met meelblom bestrooi is.
Rol die deeg reghoekig uit `n dikte van omtrent 5 tot 10 mm.
Neem een-derde van die botter uit die yskas en sprinkel dit egalig oor die deeg. Vou die deeg soos volg toe: Vou een-derde van die stuk deeg om en dan weer een-derde van die ander kant bo-oor sodat die stuk nou in die vorm van `n lang reghoek is. Vou dan weer die stuk in derdes toe sodat dit in die vorm van vierkant is. Druk die kante van die deeg met die roller vas sodat die lug nie kan ontsnap nie.
Rol die deeg dan weer uit en sprinkel op dieselfde manier nog `n derde van die botter daaroor. Vou dit toe en rol weer uit sonder om die lug te laat ontsnap.
Herhaal nog eenkeer en vou die deeg dan weer op dieselfde manier op.
Draai dit nou in `n stuk waspapier toe en laat dit oornag op `n koel plek ( of in `n yskas ) staan om die volgende dag te bak. Dit kan `n lang tyd so in die yskas bewaar word vir later gebruik.
Rol die deeg of `n gedeelte daarvan die volgende dag uit tot `n dikte van omtrent 5 mm en druk dit af of sny dit soos verlang word.
Die deeg moet baie koud wees as dit in die oond gesit word en die oond moet baie warm wees. Bak dit by 230 C ( 500 F ) en sorg dat die oond veral onder goed warm is, sodat die tert so hoog moontlik kan uitrys. Na 7 minute kan die hitte verminder word. Bak dit omtrent 25 minute lank.

WENKE:

SKILFERKORS WORD ALTYD BY 180C – TOT SO 200C GEBAK

VERF MET N KWASSIE ALTYD MELK, OF MELK EN EIER GEMENG, OF SOMMER NET MAYONAISE OOR DIE DEEG VOOR JY DIT BAK.

IDEES VAN LEDE MET SKILFERKORS

Heidi Rowe
Rol liggies uit met koekroller. smeer marmite op en sit gerasperde kaas oor. Rol dan weer op, sny in wieletjies en bak in oond, heerlike snacks vir almal!

Liezel Parsons
Pizza, wiele – rol oop, smeer tamatie puree, gooi kaas, fyn biltong, rol op vanaf lang kant, draai toe, los in vrieskas vir 30 min, sny in wiele, smeer eier en bak tot goudbruin ! Kan enige iets ook insit, dis verskriklik lekker !

Yvette Kunneke
Sny in vierkante. Bak in oond tot bros en ligbruin. Sit gekookte kondensmelk en stywe vla op. Sit nog een bo op. Heerlikke nagereg.
Carina Visser

Rol bietjie uit, smeer gaar pampoen bo-op, rol toe, sny in 2cm stukke, pak dit in n gespuite oondpan, sit in die oond op 100 grade, as dit mooi uitgerys het gooi bruinsuiker en baie room oor, bak tot gaar en opgepof

Chane Louw Smith
Tuna, kaas, fyn uie, mayonaise vir vulsel. Rol op, los bietjie in vrieskas. Sny wieletjies en bak.

Muriel Lotriet
Vat 6 Pork Sausages en 6 Beef sausages trek die velletjies af en meng dit goed. Maak Heerlike sausage rolls. Kleintjies of grootes. Jy kan die helfte van hulle kaas by sit maar jy moet dit dan goed seel voor jy dit bak.

Rona Swart
Rol liggies uit en vul met ‘n mengsel van gebraaide spek, uie. sampioene, knoffel, feta

Kristel Ludick
Ekt die resep gekry toe ek by n koffie shop gewerk het. Al wat benodig word saam die pasty is patat wat gekook is,maar geen sout. Afgekoel en op pasty gesmeer. Rol toe. Voeg in vrieskas vir 30min. Sny daarna dit in wiele,nie te dun of te dik. Spray die bak met cook n spray. Bak tot ligbruin. Terwyl dit bak. Voeg room in n maatbeker en n halwe koppie bruin suiker (as soeter wil he 1 kop). Sit dit in mickro golf vir n minuut. Roer dit en kyk of suiker opgelos het. Wanneer die in oond ligbruin is,gooi die karamel sous oor en bak tot gaar.
Susan Lottering Vd Merwe

Het n resep die week in tydskrif gesien. Sny in stroke en plaas enige tipe gaar wors in middel, druk wors toe met deeg en bak in oond tot gaar

Annatjie Rautenbach
Rol oop in ‘n groot pan. Smeer met basil pesto/roomkaas of sweet chillie sous. Sit halwe kersietamaties en feta op en bak in oond tot deeg gaar is. Jy kan selfs spek stukkies opsit

Adri Pieterse
Vat sjokolade, breek dit in blokkies. Vou elke blokkie apart toe in die pastry, maak seker dat die kante mooi geseel is. Dompel dit vinnig in melk en deepfry dit in olie.

Madri Cordier
GROENTEROL

1 Pak blaardeeg
250 gemengde groente
Gerasperde kaas
Mayonnaise
15ml mixed herbs/veggie sprinkle
Sout/aromat en gemaalde swartpeper
Paprika
Gooi gevriesde groente in ‘n bak met kookwater oor en mikrogolf vir 7 minute op hoog. Dreineer water. Rol die blaardeeg uit. Sprei die groente egalig oor die blaardeeg. Gooi spices oor en laaste die kaas. Rol nou die blaardeeg op. Sny in wiele en pak die wiele op ‘n gesmeerde oondplaat. Smeer elke wiel se bokant met mayonnaise en sprinkel paprika vir kleur oor. Bak in oond tot goudbruin.

puff 5

Madri Cordier
Mens kan enige iets in blaardeeg TOEROL IN WIELE en bak:
Tuna, uie, mayo, blatjang, gherkins en gerasperde kaas
Fyn hoender, mayo, sampioene, feta en gerasperde kaas
Gevlokte Hake, suurroom, gerasperde kaas en mixed herbs
Maaskaas, sweet chilli sous, biltong en gherkins
Maalvleis, tamatie, uie en blatjang met bruinuie sop
Mossels, roomkaas, gerasperde kaas en swartpeper
Ham, uie, gerasperde kaas en swartpeper
Salami en feta en mixed herbs en gerasperde kaas en swartpeper
Spinasie, uie, witsous, sampioene en spek met gerasperde kaas

puff 3

PALMIERS / OLIFANTS-ORE / HOEFIES

puff 1

Rol metode van Palmiers/hoefies

Puff pastry

Suiker

Vou metode.
Sit die deeg op jou blad, strooi die suiker oor en rol dit in met ‘n koekroller dat die suiker in druk.
Draai deeg om en doen dieselfde.
Nou vou jy so 4 cm onder om en bo om en rol weer liggies met die koekroller.
Vou weer en rol liggies met die koekroller.
By nou as jy weer vou, vou jy die 2 helftes bo op mekaar en rol weer met die koekroller.
Jy rol letterlik net eenkeer liggies oor.
Jy rol nou nie weer uit om uit te rol nie, net liggies om hulle aanmekaar te laat klou.
Nou sny jy hulle in so 2 cm stukkies en draai hulle op hulle sye.
Jy het nou goedjies wat lyk soos ‘n U.
Los in die yskas vir so halfuur en nou bak jy hulle by 200 º C vir 12 – 15 minute.
Wees kreatief, gebruik kaneelsuiker, gekapte spek en peppers, tuna, stukkies hoender, marmite, nutella, konfyt, kaassmeer en biltong, gekapte neute, spinasie, gekapte olywe en peppadews, chakalaka en gerasperde kaas, sandwichspead, gegeurde maalvleis, bully beef,

puff 2

SOUT VARIASIES

PUFF 12

SOET VARIASIE MET AARBEI KONFYT EN GESIFTE VERSIERSUIKER

SNY JOU PUFF PASTRY IN BLOKKIES OF SIRKELS – SMEER OF SIT ENIGE IETS BO-OP EN BAK TOT OPGEPOF – 

GEBRUIK DIE TEGNIEK OOK  VIR MINI-PIZZAS

puff 6

PUFF 8

Mini pizzas – vierkante en rondes

GEBRUIK AS PIZZA BASIS – JY KAN DIT ROND SNY OF VIERKANTIG HOU

PUFF 23

PUFF 24

VLASKYWE MET PUFF PASTRY EN VANILLA INSTANT POEDING (Gebruik jou standaard vlaskywe vulsel resep ook vir die resep)

1 pak puff pastry – net oopgerol en nie uitgerol.
3 pakkies vanilla instant poeding
625ml koue melk
500 ml room
Versiersuiker aangemaak met bietjie suurlemoensap
Meng die 3 pakkie poeding met melk soos aangedui op pakkie, en los om te stol.
Klits room styf en meng in by die poeding mengsel.
Sny puff pastry in lang repe – en dan in die grootte wat jy dit wil he, of slegs repe en sny die grootte wat jy wil he as pastry gaar is. (sien foto)
Neem vurk en prik die deeg ooral met gaatjies
Bak by 180gr C tot goudbruin en opgepof
Verwyder uit die oond en laat afkoel.
Neem skerp mes en deel die puff pastry vierkant in 2 – sny horisontaal oop
Skep beslag op onderste deel van die puff pastry
Sit boonste deel weer op.
Smeer/gooi die versiersuiker en suurlemoensap mengsel oor en sprinkel met sif droe versiersuiker oor.
Jy kan ook jou vlaskywe met 3 of 4 lae puff pastry pak met die vulsel tussen in.
Ek het ook al as ek my versiersuiker aanmaak, granadilla mouse gebruik ipv suurlemoensap. Dit is net so ‘n effense “twist” as die gewone.
Nog ‘n idée is om skyfies aarbeie tussen die lae met die poeding mengsel in te sit

PUFF 11

JY KAN ENIGE PASTEI VULSEL MAAK. SIT SKILFERKORS BO-OP OF ONDER OP DIE BODUM VAN DIE BAK

puff 4

Hoenderpastei

spinasietert rens

Spinasietert met skilferkorsdeeg

SPINASIE TERT:
500gr spinasie (ek gebruik gewoonlik so 2 van die bossies wat jy te koop kry by die winkels)
1 ui gekap
1 pakkie spek gekap
So 5 na 7 sampioene grof gekap
Kook bg vir so 10 min – dreineer water af –
Meng 1pakkie wit uie sop en 1 houer suurroom – Laat staan eenkant vir so 15 min om dik te word –
Meng 1 houer cream maaskaas, 3 eiers, 1tl mosterd, sout en peper
Gooi nou alles bymekaar en 1 kop cheddar kaas –
Neem pastry deeg en voer tertpan uit – gooi mengsel in en bak vir 30/40 op 180 grade tot gaar en mooi bruin – As uit oond haal, gooi nog so ‘n lekker klomp kaas bo-oor en bedien of warm, lou of koud

ROL JOU BOEREWORS,VIENNAS, KAASWORSIES toe in puff pastry

puff 10

JY KAN SELFS JOU MAALVLEIS, HOENDER of ENIGE VULSEL TOEROL/VOU  IN PUFF PASTRY EN BAK (PASTEITJIES)

PUFF12

MAAK KAASSTROOTJIES 

Neem jou puff pastry – sny in dun repe, rol dit op, strooi met speserye, kaaspoeier, selfs pasta bake of potato bake soppoeiers werk lekker – bak tot opgepof en goudbruin

PUFF 14

SNY JOU PUFF PASTRY IN BLOKKE OF SIRKELS. SNY REPE, SIT DIT VAS MET GEKLITSTE EIER.  BAK TOT GOUDBRUIN EN VUL MET VARS VRUGTE, ROOM, KONFYT, MELKTERTVULSEL, LEMON CURD, GEKOOKTE KONDENSMELK ENS.

puff 15

PUFF 20

JY KAN OOK AS JY DIT ‘n SOUTHAPPIE  WIL MAAK,  DIE VULSEL INSIT EN ALLES OP EENSLAG BAK

PUFF 19

WEES KREATIEF MET ENIGE VORM WAARAAN JY KAN DINK !!

puff 21

MAAK JOU TERTDOPPIES VAN PUFF PASTRY

PUFF 22

MAAK JOU HORINKIES DEUR DUN REPE TE SNY EN OM ‘n CONE TE DRAAI

PUFF 26

PUFF 28

PUFF PASTRY ROLLE

TUNAROL RENS

TUNAROL

TUNA ROL MET CHAKALAKA EN MIELIES/OF CHAKALAKA EN BUTTERNUT

Gebruik enige vleis soos gevlokte hoender, bully beef, gebraaide gesnipperde spek, spinasie en fetakaas, enige oorskiet vleis, stukkies gekapte koue vleise soos polony en ham, 

1 blaardeeg (puff pastry)
1 blikkie tuna chunks in water (gedreineer)
1 blikkie chakalaka with sweetcorn of met butternut
1 kop kaas gerasper
1 eetl mayonaise
1 tl mosterd
1 ui gekap
Vars pietersielie
Meng al die bogenoemde en smeer bo-oor die blaardeeg
Rol dit op soos ‘n “jamroll” en seel die kante en onder mooi. Sit op ‘n bakplaat en vou die kante mooi onder die rol in – dit keer dat die tunamengsel uitkook. Maak 3 kepe – vertikaal – bo-op rol

Verf eier of melk of mayonaise bo-oor en sprinkel bietjie droe pietersielie bo-oor.
Bak in oond vir 45 min by 180grade tot gaar en goudbruin.

 BEEF WELLINGTON

puff 25

Beef wellington

1 beesvleis filet
gemaalde swartpeper (opsioneel)
1 eier
1 eetlepel. water
1 eetlepel. botter
2 koppies fyn gekapte sampioene
1 medium ui, fyngekap (ongeveer 1/2 koppie)
Koek meel
1 skilferkorsdeeg, ontdooi

Aanwysings
Verhit die oond tot 210 C Plaas die vleis in ‘n liggies gesmeerde oondpan. Geur met swartpeper, Rooster vir 30 minute.
Bedek die pan en plaas in die yskas vir 1 uur.

Klits die eier en water in ‘n klein bakkie met ‘n vurk.
Verhit die botter oor medium-hoë hitte. Voeg die sampioene en uie by en braai tot die sampioene sag is en al die vloeistof verdamp het, roer dikwels.
Sprinkel die werksoppervlakte met die meel.
Rol die deeg neer in ‘n reghoek 4 duim langer en 6 duim wyer as die vleis. Smeer die deeg met die eiermengsel. Skep die sampioenmengsel op die deeg – 1-duim van die rand af. Plaas die vleis in die middel van die sampioen mengsel. Vou die deeg oor die vleis en druk en seël. Plaas voukant af op ‘n bakplaat. Knyp die kante goed toe. Smeer die deeg met die eier mengsel.
Bak by 200 C vir 25 minute of totdat die deeg goudbruin.

SNY JOU PUFF PASTRY SOOS OP FOTO – DRUK VIENNAS, KAASWORSIES DEUR – SMEER MET GEKLITSE EIER EN BAK

PUFF 27

SNY JOU DEEG IN REPE, ROL OM VIENNAS OF KAASWORSIES 

puff 29

SNY REPE DEEG, SMEER BIETJIE KAASSMEER OP OF STUKKIE KAAS,  SIT ROU STUKKIE ‘streaky bacon” OP, TWIRL EN DRAAI DIE DEEG EN BAK TOT GAAR

PUFF 30

PUFF BALLS

ROL DEEG IN BOLLETJIES. AS GAAR IS, SNY OOP EN SMEER MET ROOM, KONFYT, LEMON CURD, SOUT VULSLES, KONFYT

puff31

NEEM JOU PUFF PASTRY – MAAK IN BOL, ROL DIT DAN IN ‘n  DIK WORS. SIT IN N BUNT PAN (Pan net gat in die middel) BAK TOT GAAR. SNY IN DIE HELFTE OOP, SIT ROOM IN, PLAAS 2 STUKKE TERUG BO-OP MEKAAR, SMELT SJOKOLADE EN GOOI BO-OOR. BEDIEN MET KERSIES, AARBEIE OF NEUTE

PUFF 32

Maak in jou buntpan

MAAK VINGERHAPPIES. DRUK MET KOEKIEDRUKKER VERSKILLENDE VORMS UIT. BAK TOT GAAR. STEEK MAALVLEISBOLLETJIES IN, KERSIE TAMATIES, AARBEIE, ENS

PUFF 33

SNY JOU DEEG IN VIERKANTJIES EN VOER MUFFIN PANNETJIES UIT. SORG DAT DIE BLOKKIE DEEG GROOT GENOEG IS OM BO TOE TE VOU. SIT NOU JOU VULSEL IN, VOU TOE , KNYP VAS EN BAK

PUFF 34

PAAR IDEES VIR TERT EN PASTEIE

PUFF 36

PUFF 39

PUFF 40

PUFF 41

PUFF 42

puff 44

BRAAI PIE

braai pie 44

BRAAI PIE 4

SKILFEEKORS “PIZZA” OP DIE KOLE:
2 rolle skilferdeeg – Oopgerol
1 pak spinasie of vars bossie
Gaar hoender (geflok of in blokkies)
250gr spek – 1 ui, 1 rooi en 1 geel rissie gekap en gebraai tot gaar
1 pak sampioene in skywe gesny
Fetakaas
Cheddar kaas
Mozzarella kaas
Gouda kaas
Kies so 2 verskillende kase of 3 of al 4 jou keuse
Kies jou eie speserye soos lemonpepper, rosmary and olive of sout en peper ens.
Vat nou jou toeknyp roorster. Spuit spray en cook op of smeer met botter
Sit op onderste deel van die rooster die 1ste stuk skilferkors
Sit helfte van die rou spinasie op
Sit hoender op
Sit uie en spek mengsel op
Pak rou sampiene op
gooi speserye op
Sit nou verskillende kase op
Eindig af met ander helfte van pak spinasie
Plaas ander skilferkos bo-op – knyp toe aan die kante
Verf eier of melk bo-oor en onderkant van skilferkors
Knyp rooster toe.
Braai hoog op vuur tot gaar en goudbruin.
Draai gedurig om.

PATATROL

patatrol rens

2 Kg patats gaar – fyngemaak en afgekoel
1 Rol puff pastry oopgerol
Smeer patats 1cm dik oor deeg
Rol op en sny skywe van 2.5cm dik en pak in gesmeerde bak
Sous:
Gooi 150ml suiker (wit of bruin)  en 250ml room bymekaar en bring tot kookpunt
Gooi bo-oor patats en bak in oond vir 30/40min by 180grade C

KAAS PUFFS

puff 55

ROL DIE DEEG DUN UIT. GOOI GERASPERDE KAAS OOR (SLEGS OP DIE EENKANT) VOU DIE DEEG TOE EN ROL WEER DIE BOONSTE GEDEELTE VAS. NEEM KOEKIEDRUKKERS EN DRUK VORMIES UIT. BAK TOT BRUIN EN OPGEPOF

L  E  K  K  E  R    B  A  K   !  !  !

Comment here!