WITSOUS
30ml Botter of Margarine
30ml Koekmeelblom
1ml Sout
200ml Melk
´n Knippie Pepper
1. Smelt die botter in ´n kastrol oor lae hitte of oor kookwater.
2. Roer die koekmeelblom, gemeng met sout en pepper, geleidelik by die gesmellte botter tot dit glad is.(gebruik ´n houtlepel)
3. Voeg die melk drupsgewys be en roer deurentyd tot die sous dik en glad is.
VARIASIES VAN WIT SOUS:
Dik witsous:
Volg die resep vir witsous, maar gebruik 45ml botter en 45ml koekmeelblom.
Dun witsous:
Vplg die resep vir witsous en gebruik 310ml melk en 2,5ml sout.
Kaassous:
Voeg 190ml gerasperde kaas by die basiese witsous en verhit tot die kaas gesmelt is.
Geskryf deur: Janie
WITSOUS RESEP
Vir die gewone wit sous (Béchamel):
Bestanddele:
1 opgehoopte eetlepel botter
1 opgehoopte eetlepel meel
250ml melk
Sout en peper
Metode:
Verhit die botter in ‘n pan oor ‘n medium tot lae hitte totdat die botter skuimerig is.
Voeg die meel by en klits aanhoudend vir ongeveer 2 minute. Jy wil die meel moet gaar word, nie donker verbruin nie
Begin om die melk by te voeg, terwyl jy die heeltyd klits. Die sous moet glad wees sonder klonte – hou aan klits en kook tot die mengsel blink en verdik het.
Geur met sout en peper.
Indien jy jou witsous vir ‘n rukkie gaan laat staan en jy wil nie he daar moet ‘n vel bo-op vorm nie, gooi klontjie botter bo-op en smeer die oppervlak van die sous liggies met die botter
Kaassous:
Maak die witsous en voeg 4 eetlepels gerasperde kaas by. As jy ‘n sterk kaas soos parmesan gebruik proe na elke eetlepel.
Klits totdat dit heeltemal gesmelt is
Sampioen sous:
Ongeveer 60gr gesnyde sampioene en voeg 2 eetlepels water by , ‘n bietjie suurlemoensap en geur met sout en peper. Saggies prutdie sampioene totdat hulle sag is.
Voeg die witsous by en roer deur
VARIASIES OM BY TE VOEG BY WITSOUS:
KAASSOUS: voeg 150 gr gerasperde parmasaan – blou of chedder kaas by en roer tot glad
SAMPIOENSOUS: braai 250gr mushrooms en 1 ui gekap tot sag en voeg by witsous
MOSTERDSOUS: voeg 15ml droe of 30ml franse mosterd by witsous en roer deur
SUURROOM-EN TAMATIESOUS: roer 120ml suurroom en 45ml tamatiepasta en 5 ml vars basiliekruid by
CHEESE-GARLICSOUS: voeg 1 tl garlic by en 150ml gerasperde chedderkaas
VINNIGE MIKROGOLF DIK WITSOUSRESEP
200 ml melk
30 ml koekmeel
20 gm (25 ml) botter of margarien
1 ml sout en ‘n titseltjie swart peper
Roer bestanddele bymekaar en mikrogolf vir 4 minute teen 100% krag ( oop in ‘n diep houer) en roer/whisk elke minuut.- Ek weet as my witsous gaar is, is as die mengsel opkook tot heel bo. Laat staan so 1 minuut in die mikrogolf en haal uit.
Voeg by handvol gerasperde kaas vir kaassous
Thanks for the recipes.Appreciate it
Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!
Pingback: Witsous | Na 'n baie besige dag!
Ek het 19 Feb laas n e-mail van jul gekry. Ek sien altyd so uit na die repte. Lekker dag
Hi Tip top resepte – ek update elke dag die afdelings. Ek het omtrent al die afdelings oopgemaak, so as ek nuwe resep kry, plaas ek dit net onder die afdeling soos bv SJOKOLADE KOEKE – as ek nuwe een kry – plaas ek dit net onder die afdeling, ek maak nie ‘n nuwe post oop nie. Dit maak net die ‘SEARCH”OPSIES makliker. Ek gaan vandag weer nuwe een oopmaak -vanilla koeke – dan sal ek klomp resepte bv daarin plaas – bly om te sien die mense mis my xxxxx Rens