MILO KAASKOEK
Tertkors
200g tennisbeskuitjies, fyngemaak
60ml milo
125ml gesmelte margarine
Maak ‘n krummelkors en voer ‘n tertbord daarmee uit en verkoel tot benodig.
Vulsel
2 houers (250g elk) geroomde maaskaas (marscapone kaas kan ook gebruik word, net meer ryk)
1 blik kondensmelk
20ml gelatine
30ml koue water
100ml kookwater
250ml room, verkoel
200ml milo
ekstra milo om oor te sif
Klits maaskaas en kondensmelk effens saam. Sprinkel gelatine oor koue water. Laat tot sponserig, giet die kookwater by en roer tot opgelos. Voeg by die maaskaasmengsel en meng deur. Klits die room en milo saam tot styf en vou by die kaasmengsel in. Giet in die tertkors en verkoel oornag, tot stewig. Sif ekstra milo bo-oor. Lewer ‘n middelslag tert.
MILO MALVA POEDING
Klits saam in mengbak:
250 ml suiker
20 ml sagte botter
1 groot eier.
Meng saam:
275 ml bruismeel
5 ml koeksoda
kwart t sout
100 ml milo.
Meng
250 ml melk
10 ml asyn
10 ml vanilla geursel.
Meng om beurt met meelmengsel by eiermengsel.
Gooi in gesmeerde oondbak en bak by 180 C vir 30 tot 40 minute tot gaar.
Gooi volgende sous oor.
Smelt in kastrol:
100 gram blok milosjokolade
125 ml room
160 ml melk
30 ml botter
80 ml milopoeier
Gooi oor gaar poeding en bedien met roomys of room.
Deur: Radio Namakwaland
MILO KOEKIES
1 ½ kop witsuiker
1 ½ kop bruinsuiker
3 eiers
375g marg
3 3/4 kop bruismeel
1 ½ kop milo
1 ½ kop sjokoladesplinters
1 teel vanilla
Klits wit en bruinsuiker saam eiers. Voeg marg by. Voeg bruismeel, milo en sjokolade by. Gooi vanielje by. Laat staan vir 10 min. Skep klein skeppies op bakplaat en bak vir 10 – 15min by 180C . Laat staan vir paar min voor jy dit vd plaat afhaal (moet net bietjie hard word)
MILO-SJOKOLADE KOEK
125 g botter, kamer temperatuur
60 ml strooi suiker
195 gram koekmeelblom (1 en 1/4 kop meel)
12,5 ml bakpoeier
150 g Milo poeier
3 eiers
125 ml karringmelk
Kondensmelk Versiersel:
150 g botter, by kamertemperatuur
350 g versiersuiker
160 ml kondensmelk
Vir die Sjokolade Ganache:
300 ml room
400 g donker sjokolade
125 ml Milo poeier
Bak die koek:
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n 20cm koekpan met margarien (of spuit) en voer dit met bakpapier uit.
Room die botter en suiker saam tot glad en romerig. Voeg die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Sif die meel, bakpoeier en Milo saam en dan voeg dit bietjie vir bietjie by die bottermengsel terwyl op stadige spoed geklits word. Klits nou die karringmelk in. Gooi die beslag in die koekpan en bak vir 40-45 minute of tot toetspen gaar uit die middel van die koek kom. Laat die koek vir 10 minute afkoel en keer dan uit. Laat heeltemal op ‘n draadrakkie afkoel.
Maak die Kondensmelk Versiersel:
Plaas die botter in ‘n menkbak en klits vinnig tot lig en romerig – voeg die versiersuiker en kondensmelk by en klits tot goed gemeng. Sny die koek in drie gelyke dele, en dit die koeklae aanmekaar met die versiersel.
Maak die Sjokolade Ganache:
Smelt die room, sjokolade en Milo in ‘n kastrol op die stoof of in ‘n mikrogolfvaste bak in die mikrogolf. (Die Milo is geneig om klontjies te maak, so die voorstel is om dit eers in die warm room op te los voordat die sjokolade bygevoeg word.) Laat die mengsel goed afkoel totdat dit maklik kan smeer en bedek die hele koek daarmee. (As jy haastig is kan jy die ganache in die yskas sit om af te koel – soos dit kouer word, so word dit stywer en kan dit makliker smeer. Moenie wag tot dit te koud is nie, want dan smeer dit weer baie moeilik.)
Deur: Leandra v/d Westhuizen
Goeiemore,
Kan julle my asb dalk help?
Ek is opsoek na ‘n lekker malva poeding resep.
Ek sal die resep baie waardeer!
Geseende dag!
Liezel
Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!
More – gaan loer gerus onder die afdeling Rens
https://kreatiewekosidees.com/?s=malvapoeding