Malvalekker tert/slaai – marshmallow tart/salad


IMG_9244

 MALVATERT

Vulsel
1 blik  (397g) Kondensmelk
2 houertjies vars room (2 x 250ml)
750g marsmellows in kwarte gesny
1 pak kersies (250g) in kwarte gesny
3 suurlemoene uitgedruk
1 blikkie (1kop) fyn pynapples, gooi deur ‘n sif om ergste vloeistof te dreineer

Metode:
Meng die kondensmelk met die sap van die suurlemoene.
Voeg die marshmallows en kersies by.
Voeg die pynappel by
Klits die room goed styf en meng by.
Gebruik die tennisbeskuitjies om bak mee uit te voer
Gooi vulsel bo-op die koekies en verkoel.
Deur: Knuppeldik aan Koningskos

MARSHMALLOW TERT

KORS:
Tenisbeskuitjies, fyngedruk
½  teel  kaneel
Bietjie suiker
Gesmelte botter (ongeveer 100gr)

Meng alles. Druk vas in tertbord. Sprinkel bietjie sjerrie oor indien verkies.

VULSEL:
1 blik kondensmelk
¼  k suurlemoensap
1 kop pynappelstukke
8 kersies
1 kop room styf geklop
18 marshmellows

Klits kondensmelk en suurlemoensap tot duk. Smelt marshmellows met bietjie melk. Voeg by mengsel. Vou room by en dan vrugte. Giet in kors. Versier met kersies. Laat stol in yskas.

MALVALEKKER TERT

18 Marshmallows
½ koppie room
1 koppie melk
1 blok sjokolade – neute geur

Smelt marshmallow en sjokolade oor kastrol met water in. Gooi melk by. Haal van stoof af as alles gesmelt het en roer room by. Gooi in krummelkors en laat afkoel.

Krummelkors:
1½ koppie beskuitjie krummel of rice Crispies. Meng met ½ koppie sagte botter en 1½ eetlepel suiker. Druk stewig vas in tertpan. Verkoel tot styf is.

MALVALEKKER YSKAS TERT
500ml room, styf geklop.
1 blik fyn pynappel (dreineer vog af)
2 pakke mini malvalekkers (of groot malvalekkers – fyn gesnipper)
125ml suurlemoen sap.
1 blik kondensmelk.
1 pak tennis beskuitjies vir onder in die bak.
Metode:
1) Meng suurlemoensap en kondensmelk saam.
2) Voeg styfgeklopte room by.
3) Meng pynappel en malvalekkers by.
4) Meng als goed en skep op beskuitjies en sit in yskas.
5) Krummel so 2 na 3 tennisbeskuitjies bo-oor
Opsioneel – kan rooi kersies gesnipper ook byvoeg
marshmellow sala
MALVALEKKER SLAAI/POEDING 

2 x 150g Malvalekkers
1 Blikkie fyn pynappel crushed pineapple
175 ml grenadella joghurt
Sny malvalekkers in kwarte. Meng al die bestanddele saam. Laat staan oornag en geniet dit die volgende dag.
Wenk: Jy kan hier paar rooi kersies gehalveer bygooi, self paar skywe perske stukke (gekap)
Ek het al by die resep, ‘n blikkie fruit coctail (gedreineer) en dit in gegooi ipv die fyn pynappel – dit werk baie lekker en lyk baie kleurvol.

MARSHMALLOW SLAAI
1 kop suurroom
1 blikkie perskes – gesnipper en gedreineer
1 blikkie pynappel – gesny en gedreineer
1 kop mini marshmallows
1 kop klapper
1 kop rooi kersies (gehalveer) opsioneel
Meng alles en sit in yskas vir tenminste 3 ure

2 thoughts on “Malvalekker tert/slaai – marshmallow tart/salad

  1. Baie dankie.Ek gaan dit definitief probeer.
    Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s