PASTA MET CHAKALAKA EN MIELIES
5oogr maalvleis
1 groot ui (gekap)
1 blikkie chakalaka met mielies (Jy kan die een met die butternut ook gebruik of sommer net die gewone Mild een)
1 tl knoffelvlokkies
2 na 3 eetl bladjang
Sout en peper
Skyfies tamaties
Lekker dik witsous/kaassous
2 kop noedel pasta (enige soort)
Kook pasta tot gaar – dreineer –
Braai ui, maalvleis en knoffel tot gaar. Gooi chakalaka, sout en peper in met so 1/4 kop water. Laat deurprut. Gooi bladjang in.
Maak intussen ‘n witsous in die mikrogolf – ek het so 1 en half kop melk gebruik. Gooi bietjie kaas in jou witsous (indien kaas verkies)
Begin deur lae te pak, pasta, maalvleis, witsous en skyfies tamaties. Eindig af met witsous. Gooi kaas oor en versier met skyfies tamaties. Ek het by die foto van gisteraand nie kaas oogerasper nie – my kaas was klaar. Het ook net ‘n gewone witsous gemaak – sonder kaas in.
Bak in voorverhitte oond 180C vir so ongeveer 30 minute of tot deurwarm en goudbruin bo-op.
Bedien saam met mengelslaai en broodrolletjies
OPSIONEEL: Gooi sampioene, groen rooi en geel peppers gekap by – jy kan ook blikkie sweetcorn mielies ekstra bygooi – moenie die 1/4 kop water byvoeg as jy die mielies gebruik nie.
WENK: Ek gebruik presies hierdie resep as ek lasagne maak – ipv die noedels pak ek dit met lasagne velle. Laat staan net jou lasagne vir so 1 uur voor jy dit bak. Dit help dat jou velle lekker deurgaar is.
Jy kan ook ‘n koppie catering veggie mix byvoeg om die gereg te rek.
MAC en kaas HAM PIE
BESTANDDELE
3 koppies gerasperde Cheddarkaas
1 koppie gesnyde ham (in blokkies)
1 koppie rou elmboog macaroni
2 ¼ koppie melk
2 eiers
½ koppie Original Bisquick mengsel = ½ koppie meel, 1 teelepel bakpoeier, 1 eetlepel botter (meng meel en bakpoeier en vryf botter met jou vingers in – dit is bisquick mix)
¼ teelepel sout
Gekapte vars pietersielie (opsioneel)
Verhit oond tot 200 C. Spray 10-duim grootte bak met spray en cook
In groot bak, meng 2 koppies van die kaas, die ham en rou macaroni. Versprei dit in jou bak
Meng die melk en eiers tot glad. Voeg Bisquick mengsel en sout by en meng tot glad. Gooi oor die mengsel in tertbak.
Bak 35 tot 40 minute of tot mes plaas in die middel skoon uitkom. Besprinkel met oorblywende kaas. Plaas terug in die oond en ak 1 tot 2 minute of langer totdat kaas gesmelt is. Laat staan 10 minute voor bediening. Besprinkel met pietersielie.
Adaped from: http://www.bettycrocker.com
*
KOSHUIS/KINDERHUIS MAC & CHEESE:
400 gr macaroni (gaar)- Rasper 4 tamaties, 4 eetl tamatiesous, 4 eetl chutney, BBQ spices – Meng al b.g – Voeg by – 2 kop gerasperde kaas – Gooi in bak – Klits 5 eiers – 150ml melk sout en peper – Gooi bo-oor – Gooi nog 2 kop gerasperde kaas bo-op en bak vir 30 min by 180 grade
*
MACARONI-EN-KAAS
200 gr Macaroni, gaar gekook
5 ml Margarien
4 ryp tamaties, in skrywe gesny
Sout & peper
375 ml Cheddar kaas, gerasper
2 Eiers
500 ml Melk
Ekstra kaas vir bo-oor
Voorverhit oond tot 180ºC
Plaas gedreineerde macaroni in ʼn gesmeerde oondskottel.Rangskik skywe tamatie op gaar macaroni. Gooi kaas bo-oor (indien spek bygevoeg word, meng hier in) (Ek vat sommer kortpad en meng die kaas, spek of maalvleis en macaroni alles deurmekaar )
Rangskik nog skywe tamatie op gaar macaroni mengsel
Strooi sout en peper oor na smaak
Klits die eiers en melk saam en voeg ʼn bietjie sout en peper by.
Giet die eiermelk oor die macaroni in die oondskottel.
Stip dit met ‘n paar klontjies margarien
Gooi nog bietjie gerasperde kaas bo-oor. Plaas nog paar skyfies tamatie bo-op
Bak 40 min tot eier gestol is en goudbruin kleur bo-op het.
(Kan spek byvoeg! Baie tamatieskywe bo-op is heerlik!)
*
SPAGETTI BOLOGNAISE
Spagetti gekook tot sag
750 gr maalvleis
2 medium uie grof gekap
1 pakkie (50gr) tamatiepuree
1 pakkie Spagetti dry cook in sauce bolognaise aangemaak met 1 kop water
Gerasperde kaas
Sout en peper
(opsioneel, maar my man se bestelling vanaand, 1 blikkie baked beans in tamatiesous bygevoeg)
Julle kan nie glo hoe lekker maak dit die gereg nie.
Braai uie, en maalvleis. Voeg tamatiepuree, sout en peper by en roer deur – voeg cook in sauce by en prut tot dik.
Bedien met gerasperde kaas
*
PASTA A LA RENS
500gr maalvleis
1 ui (grof gekap)
¼ van elk – greenpepper,red pepper en yellow pepper (grof gesny)
8 sampioene (gehalveer)
Garlic- vars of gedroog
Blikkie heel tamaties
2 eetl chutney
1 eetl wostersous
Bietjie bisto om te verdik
Sout en peper na smaak
Braai uie, greenpeppers, sampioene, maalvleis en garlic
Voeg tamaties,chutney en wostersous by en prut
Voeg bietjie bisto by om te verdik en dien op saam met gaar pasta
*
MACARONI EN MAALVLEIS
Bestanddele Kors
225 g Rou Maalvleis
½ k Melk
1 k Vars Broodkrummels
1 e Water
1 Fyn Gekapte Ui
‘n Knippie Sout
1 t Worcester sous
1 t Blatjang
1 t Gemengde Kruie
Bestanddele Vulsel
¼ Pak Macaroni
2 k Gerasperde Kaas
1 e Margarien
1 e Meel
3 e Melk
2 Tamaties
1 t Mosterd
Metode Kors
Meng al die bestanddele. Voer gesmeerde tertbak uit met mengsel. Bak 25 minute teen 180ºC.
Metode Vulsel
Kook Macaroni en dreineer. Smelt botter en meel oor lae hitte. Voeg mosterd en twee derdes van kaas en 1 tamatie by. Roer melk by en roer tot dik. Gooi sous oor die macaroni en meng. Skep nou die macaroni mengsel in kors. Sit die orige kaas en tamaties bo oor die gereg. Sit en oond en bak tot lig bruin.
*
ARM MAN SE DROOMDIS
Bestanddele
250g spaghetti
410g pit mielies
150ml olie
½ soetrissie
4 repe ontbytspek, gesnipper
1 pakkie sampioensoppoeier
200ml water
1 blik sampioene of 250 gr vars sampioene
250ml cheddarkaas, gerasper
sout en peper na smaak
Metode
Kook spaghetti volgens aanwysings op pakkie tot gaar. Dreineer, voeg pit mielies en olie by en meng. Braai intussen soetrissie en spek tot gaar en bros en roer deur spaghetti mengsel. Meng soppoeier en water en voeg saam met sampioene in kastrol en kook vir 15 minute. Giet oor spaghetti mengsel en meng. Plaas in vuurvaste bak en bedek met kaas. Bak by 180C totdat die kaas mooi bruin is.
*
WORSIE-EN-KAAS PASTA
450ml gesnyde macaroni
50ml botter of margarien
1 klein ui, fyn gekap
1 groen soetrissie, fyn gekap
1 pakkie sampioenroomsoppoeier
575ml koue melk
250ml gerasperde Cheddarkaas
1ml vars gemaalde swartpeper
50ml droë broodkrummels
3 gaar worsies/bacon
10ml aangemaakte mosterd
37.5ml Parmesaan kaas, gerasper
Voorverhit die oond tot 180C. Kook die macaroni gewoonweg tot gaar en dreineer dit. Spoel dit met warm water af en hou dit warm. Verhit die botter of margarien in ‘n swaarboomkastrol en soteer die ui en soetrissie ongeveer 5 minute lank daarin totdat dit sag is. Roer die soppoeier vinnig by. Roer die melk geleidelik by en verhit dit tot kookpunt. Laat dit 10-15 minute lank prut totdat die sous dik is. Roer dit voortdurend. Roer die Cheddarkaas en die peper by en verhit dit totdat die kaas gesmelt het. Roer die macaroni by die sous en skep dit uit in ‘n gesmeerde oondskottel. Strooi die broodkrummels bo-oor en bak dit 20-25 minute op die middelste oondrak. Voorverhit die roosterelement van die oond sodra die macaroni kaasgebak uit die oond gehaal word. Halveer die gaar worsies in die helfte sodat daar 6 helftes is. Smeer die worsies met die mosterd. Rangskik die gaar worsies soos die speke van ‘n wiel op die macaroni kaasgebak. Strooi die Parmesaankaas bo-oor en verhit die gereg in die voorverhitte oond totdat die kaas gesmelt het. Garneer die gereg met geroosterde tamatieskywe.
*
PASTA MET ROMERIGE HAM EN SAMPIOENSOUS:
400 g pasta
30 ml olyfolie
1 ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, gekneus
250g-pak knopiesampioene, in skyfies gesny
15 ml koekmeelblom
15 ml sampioensoppoeier
500 ml melk
4 gerookte hamskywe, in dun repe gesny
50 ml vars room
15 ml sjerrie
sout en varsgemaalde swartpeper
droë gemengde kruie
garneer met gekapte vars pietersielie
Kook pasta in vinnig kokende soutwater, waarby ‘n bietjie olie gevoeg is, tot net sag (al dente). Dreineer en hou eenkant. Verhit 30 ml olie in ‘n pan en soteer die ui, sampioene en knoffel tot sag en deurskynend. Roer die koekmeelblom by en laat 1 minuut prut. Verwyder van die stoof. Meng die soppoeier en melk saam en voeg bietjiesgewys by die pan terwyl aanhoudend geroer word. Verhit die mengsel weer totdat dit kook en verdik. Voeg ham, room en sjerrie by en verhit tot goed deurwarm. Geur na smaak met sout, peper en kruie. Giet die sous oor die pasta. (Dit lewer 4 porsies)
*
DROOMDIS PASTA GEREG
259g spaghett
410g pitmielies
150ml olie
½ soetrissie
4 repe ontbytspek, gesnipper
1 pakkie sampioensoppoeier
200ml water
1 blik sampioene
250ml cheddarkaas, gerasper
Sout en peper na smaak
Kook spaghetti volgens aanwysings op pakkie tot gaar. Dreineer, voeg pitmielies en olie by en meng. Braai intussen soetrissie en spek tot gaar en bros en roer deur spaghetti mengsel. Meng soppoeier en water en voeg saam met sampioene in kastrol en kook vir 15 minute. Giet oor spaghetti mengsel en meng. Plaas in vuurvaste bak en bedek met kaas. Bak by 180C totdat die kaas mooi bruin is.
*
SPAGHETTI CARBONARA
10ml olyfolie
1 knoffelhuisie, geskil
250g streepspek, in repies gesny
375g spaghetti
2 eiers
2 eiergele
60ml gerasperde parmesaankaas
Sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit olyfolie en knoffel in ‘n pan. Voeg spek by en soteer tot goudbruin en bros, ongeveer 5-10 minute. Verwyder die knoffel. Gebruik ‘n groot mengbak en klits die eiers, eiergele en parmesaankaas liggies saam. Geur met sout en peper. Kook intussen die spaghetti volgens die aanwysings op die pakkie. Dreineer en gooi ± 100ml van die kookwater by die eiermengsel. Voeg die spek met olie en al by die eiermengsel en meng. Roer laastens die spaghetti in en bedien onmiddelik, met ekstra parmesaankaas indien verkies.
*
PASTA MET HOENDERLEWERS
500g noedels van jou keuse
SOUS
2 x 250g bevrore hoenderlewers,ontdooi
60ml botter
125g streepspekvleis, swoerd verwyder en fyngekap
1 ui, fyngekap
15ml gedroogte salie
250g sampioene, in skywe
45ml sjerrie of brandewyn
15ml koekmeelblom
310ml hoenderaftreksel
Sout en varsgemaalde swartpeper
Was en sny die hoenderlewers in kwarte. Plaas eenkant. Verhit botter in swaarboompan, braai ui en spek daarin vir sowat 5 minute of totdat ui sag is en die spek gaar. Roer af en toe. Voeg die salie by en roerbraai ‘n verdere minuut. Voeg die sampioene by en kook oor matige hitte vir 3-4 minute. Roer voortdurend. Voeg hoenderlewers by en laat kook totdat dit begin verkleur. Voeg sjerrie of brandewyn by en kook verdere 2 minute. Roer die meel by en voeg die hoenderaftreksel geleidelik by, terwyl voortdurend geroer word. Sodra gereg begin kook, bedek en laat ‘n verdere 5 minute saggies prut. Geur met sout en peper na smaak. Kook die pasta in kokende soutwater tot al dente. (Die pasta moet nog ferm wees as jy dit byt, en nie sag en pap nie). Dreineer. Skep hoenderlewersous oor pasta en sit voor.
WENK
Om ‘n romerige sous te verkry, kan die hoenderaftreksel met room vervang word.
*
SPEK-EN-EIER-SPAGHETTI
200g spaghetti
sout
250g spekvleis
4 eiers
175ml gerasperde Cheddarkaas
growwe swartpeper
Kook spaghetti tot sag. Spoel af onder lopende koue water. Snipper spekvleis en braai tot gaar. Voeg spaghetti by, met spekvleis en verhit stadig tot goed warm. Klits eiers en voeg die kaas by. Roer die eiermengsel by spaghetti. Verhit stadig totdat eiers romerig gaar is en kaas gesmelt het en roer af en toe. Geur na smaak met sout en swartpeper en sit dadelik voor.
*
SPAGHETTI MET SPINASIE EN FETAKAAS
300-400g spaghetti
500g vars spinasie
15ml olyfolie
1 ui, fyn gekap
4 knoffelhuisies, gekneus
125ml natuurlike jogurt óf room
200g fetakaas, in 1 cm blokkies gesny
30ml gekapte vars kruie
sout en varsgemaalde swartpeper
Kook die pasta in vinnig kokende soutwater vir sowat 8-10 minute of tot al dente. Dreineer. Spoel intussen die spinasie goed af in koue soutwater, plaas dit nat in ‘n groot pot, sit die deksel op en stoom dit oor matige hitte tot net sag sonder om enige vloeistof by te voeg. Haal dit uit, sny die harde stingeldele uit en snipper die res van die blare fyn. Verhit die olie in ‘n swaarboompan en soteer die ui en knoffel, tot sag en deurskynend. Voeg die spinasie en jogurt of room by en verhit tot deurwarm. Meng die gaar, warm pasta en spinasiemengsel liggies deur. Geur na smaak. Skep in opdienskottel, sprinkel fetakaas en kruie oor. Sit dadelik met ‘n tamatieslaai voor.
*
PASTA-EN-TUNASMULTERT
2 groot tamaties in skywe gesny
2 groot uie opgekap
2 blikkies tuna (in water)
500-750ml reeds gemaakte dik witsous
500ml gaar pasta, noedels of macaroni
500ml gerasperde Cheddarkaas
sout en peper na smaak
Smoor of braai uie en tamatie en meng die tunavis by. Plaas die uie en tamatiemengsel in ‘n groot oondvaste glasbak. Meng nou die pasta en witsous by. Meng alles goed en geur met sout en peper. Strooi nou die gerasperde kaas egalig bo-oor die mengsel. Bak vir omtrent 30 minute in oond van 180C. Om meer volume te kry, kan u twee tot vier geklitste eiers by mengsel inroer voordat u die kaas oorstrooi. Bedien met ‘n vars slaai en brood. Die bestanddele kan gehalveer word vir ‘n kleiner hoeveelheid.
*
PASTA EN MAALVLEIS GEBAK
500g pak noedels van jou keuse
1 ui fyn gekap
500g maalvleis
250g ontbytspek in blokkies gesny
420g blik suikermielies
1 pakkie tamatieroomsop gemeng met 200ml water OF
1 blik tamatiesop
gerasperde cheddar vir bo-oor
Voorverhit oond tot 200C.
Kook noedels tot sag en skep in groot bak.
Braai ui goudbruin.
Voeg maalvleis en spek by en braai tot gaar.
Voeg mielies en sop by en kook mengsel vir ongeveer 5min oor medium hitte.
Roer deeglik.
Meng met noedels in bak, strooi kaas oor en bak tot kaas gesmelt het en goudbruin is.
*
SPAGHETTI EN KAAS
1 pak spaghetti
1 blik geroomde mielies
1 blik geroomde sampioene
gerasperde kaas
Metode:
Kook spaghetti in soutwater tot sag –
dreineer. Skep helfte van spaghetti
in gesmeerde oondbak. Gooi eers die
mielies, dan sampioene oor. Skep res
van spaghetti bo-oor. Gooi kaas booor. Vir versiering kan skywe tamatie
bo-op gesit word. Bak vir ongeveer ‘n
halfuur in voorverhitte oond van 160
grade totdat kaas goudbruin is en jy
seker is dit is warm tot op bodem.
Sit voor saam met groen slaai van jou
keuse.
*
EEN-SKOTTEL HOENDER-NOEDELGEREG:
1 hoender – gaar gekook in 2 blokkies hoender ekstrak en geflok
1 en half kop noedels (gaar en gedreineer)
100 ml mayonaise
1 groot pak Simba skyfies (enige geur of maak) (fyngemaak
400ml witsous
50ml gekapte vars pietersielie
2 eiers geklits
Meng hoender, noedels mayonaise en helfde van die chips. Skep in oondskottel.
Meng nou die witsous, pietersielie en eiers. Gooi bo-oor
Gooi nou die ander helfde van die chips bo-oor
Bak 20/25 min by 190grade tot gaar en goudbruin
*
ROMERIGE MACARONI MET HAM EN SOETMIELIES
BEDIEN 4
1 pakkie ( 500 g ) macaroni
1 blik ( 250 ml ) suurroom
1 groot eier, geklits
1 blik ( 410 g ) roomsoetmielies
1 pakkie ( 125 g ) laevetham, in repies
1 tros sprietuie, gekap
Sout en peper
Cheddarkaas, gerasper
Voorverhit oond tot 180 C. Maak pasta volgens aanwysings op pakkie gaar. Dreineer en plaas in `n groot oondvaste houer. Meng res van bestanddele, voeg enige geurmiddels by, en roer by pasta in. Bedek met kaas en bak vir 20-25 minute tot goudkleurig.
*
HOENDER EN PASTA GEREG
500g Pasta skulpies, al dente gekook
800g Hoenderbors filette, in repies gesny
1 Ui
1 Green Pepper
1 Pakkie Wit uiesop
1 Blikkie Sampioen en Aspersie sop
1 Klein blikkie tamatiepasta
410g Blik gemengde groente
Cumin, gemengde kruie, hoenderspeserye, knoffel, sout en peper
Gerasperde kaas
Braai die ui tot sag en bruin. Voeg die hoender en green pepper braai en braai tot gaar en bruin. Voeg speserye by, na smaak. Voeg tamatiepasta by, verdun met ‘n biejie water. Meng die soppoeier met 400ml water en voeg by – kook deur tot dik. Voeg die groente by. Meng die hoender en sous met die gaar pasta en sit in ‘n oondpan of bak. Meng die blik sop met ongeveer 50ml water om bietjie te verdun en smeer oor die pasta. Strooi gerasperde kaas bo-oor en bak in die oond tot borrelend en goudbruin.
*
ALFREDO PASTA
Rencia Odendaal Pretorius
Kook spagetti of pasta tot sag – nie pap en dreineer
1 groot ui (gekap)
250gr spek (gesnipper)
1 pakkie sampioene (gesny)
Braai bogenoemde tot sag (ek voeg bietjie knoffel by)
Voeg 1 blikkie room en meng goed deur
Voeg pasta by
Gooi gemaalde swartpeper en baie aromat oor en laat prut oor lae hitte tot dik en roomerig
*
ALFREDO
500 g pasta
250 g gerookte ham
1 ui, gekap
500 ml room
250 g sampioene
olie
1 pakie royco 3 cheese pasta sous
100 g Parmesan
Kook pasta in helfte water, helfte melk tot gaar.
Braai uie en sampioene tot bruin voeg room by. Stoof moet op lae hitte wees. Meng Royco sous met 100 ml warm melk, nie water nie, en roer tot glad. Roer nou sous en uiemengsel by pasta in. Kerf ham in klein blokkies en voeg by. Bedien warm en sprinkel parmesan bo-oor pasta
*
ALFREDO PASTA
Kook jou pasta tot sag maar nie pap nie –
Braai mushrooms, spek en uie tot sag
Sous:
3 Eetlepels botter
2 Eetlepels olyf olie
2 Knoffel huisies, fyn gemaak
2 koppies swaar room
1/4 teelepel wit peper
1/2 koppie gerasperde parmesan kaas
3/4 koppie mozzarella kaas
METODE :
Smelt botter in pan saam olyf olie oor medium/lae hitte.
Voeg knoffel, room, wit peper by en bring mengsel to a prit.
Roer gereeld.
Voeg Parmesan kaas by en laat prit sous vir 8-10 minutes of tot sous dik en romerig is.
Waneer sous dik is voeg Mozzarella kaas by en roer gereeld tot “smooth”
Meng pasta , spek, uie en mushrooms en roer sous by – Bedien warm
*
SPAGETTISKOTTEL:
500 ml spagetti – gaar en gedreineer
1 blik pitmielies
1 blikkie bully beef fngemaak
1 groot tamatie geskil en fyngekap
1 uie fyngekap
25ml pietersielie
1 green pepper gekap
sout en gemaalde swartpeper
2 eiers geklits in 125ml melk
Meng alles deurmekaar
Gooi in bak en rasper so 200gr kaas bo-oor
Bak vir ongeveer 1 uur tot gaar en goudbruin
*
PASTA GEREG MET MAALVLEIS
Ingredients
1 box elbow macaroni
1 big pureed tomato (just peel tomato and cut in small bits)
1 cup tomato sauce
1 small can tomato paste
4 cups cheese (whatever type you like)
500gr ground beef
Spices
Directions
Use whatever spices you like in the tomato sauce. I used lots of garlic, some sea salt, oregano and basil
Brown the meat and drain. Boil the pasta. Heat all the tomato sauces in a pot and add your spices.
Mix meat and sauce in a large lasagna pan. Mix in two cups of cheese..stir well.
Sprinkle remaining cheese on top and bake at 180 C for about 30-40 minutes.
Adapted by : realmomrecipes
MyFridgeFood.com
You must be logged in to post a comment.