ONFEILBARE SKONS
2 koppies meel
4 teelepels bakpoeier
sout
2 eier
1 koppie melk
½ koppie olie
Metode:
Meng die droë bestanddele. Klits die
eier, melk en kookolie saam en meng
met droë bestanddele. Bak in
kolwyntjie pannetjies vir ongeveer +/- 10 min by 200 C
VIR KAASSKONS: Gooi handvol kaas in beslag, gooi gerasperde kaas bo-oor, bietjie pietersielie en paprika.
MAYONNAISE MUFFINS
2 k Bruismeel (of 2 kop meel en 15ml bakpoeier)
4 eetl Mayonnaise
1 kop Melk
1 teelepel Suiker (opsioneel)
1 eier
½ tlp sout [As jy nie suiker gebruik nie]
Meng al die bestanddele en skep in gesmeerde muffin pannetjies.
Bak by 190*C vir 10 -12 min
Wenk: Gooi halwe koppie gerasperde chedderkaas by vir mayonaise kaas muffins
ANGEL BISCUITS – YEAST COOKIES
Meel: 5 koppies
Sout: 1 teelepel
Koeksoda: 1 teelepel
Bakpoeier: 3 Eetlepel
Suiker: 3 Eetlepel
Botter: 1 koppie
Gis: 1 pakkie
Warm water : 2 Eetlepel
Karringmelk: 2 koppies
Metode:
Sif droë bestanddele saam.
Sny die botter in
Los gis op in warm water.
Voeg gis en karringmelk by droë bestanddele en roer met ‘n vurk tot ‘n sagte deeg gevorm word.
Keer uit op ‘n meelbestrooide bord en knie vir so 4 na 5 minute
Stoor in ‘n plastieksak – toe geknoop in die vrieskas vir minstens 1 uur
Verwyder deeg uit vrieskas en rol liggies uit. Die deeg moet omtrent nog so 2 cm dik wees
Sny met koekie snyer of sommer ronde glas die vorms uit.
Dis nie nodig om die deeg weer te laat rys nie, maar dit word aanbeveel om dit vir tenmiste ‘n half uur te los dat dit dubbel die grootte kan rys.
Bak op gesmeerde bakplaat in voorverhitte 220 C oond 10 minute.
Dit deeg kan vir ‘n week in die yskas gebere word en lewer ‘n dosyn koekies per dag, afhangende van hoe groot jou koekies is en ook hoe dik jy dit uitrol.
KAASSKONS
2 koppies meel
2 teelepels bakpoeier
1 teelepel suiker
1/2 teelepel sout
knippie rooipeper (opsioneel)
2 koppies gerasperde kaas
1 koppie volroommelk
Kan 1 eier geklits byvoeg. Die mengsel is redelik droog.
Verhit die oond tot 220 ° C. Plaas die bakplaat in die oond om warm te word.
Sif meel, bakpoeier, sout, suiker en rooipeper in ‘n bak. Meng kaas by. Maak ‘n holte in die middel van die meel..
Bestrooi jou werksoppervlakte met meel en sorg dat jou oond op hitte is.
Voeg die melk by, meng deur met ‘n mes. Keer uit op ‘n meelbestrooide oppervlak en vinnig vorm ‘n 3 cm dik reghoek. Sny in 8 stukke en sit op meelbestrooide, warm bakplaat. Bak vir 15-20 minute. Jy sal ruik as julle gereed is. Dit sal mooi opgepof en goudbruin wees.
Jy kan die resep ook in jou muffin pannetjies bak wat gespuit is met spray en cook.
Heerlik! As jy dit nie dadelik wil eet nie, die resep vries goed.
Wenke vir bak van skons
1 Verhit die oond vooraf- dit moet warm
2. Verhit die pan – sit dit in wanneer jy die oond aansit.
3. Voeg al die melk op een slag by – dit moet ‘n nat eerder as ‘n droë mengsel wees.
4. Meng dit vinnig deur met ‘n mes te sny , net genoeg om saam te bind. Moet dit nie oor meng.
5. Moenie te veel karring aan jou skon mengsel nie. Dws moenie te veel roer nie. Die oomblik as jy die melk ingemeng het, sny in stukke en kry in die oond asap.
Ag, en een laaste ding, gebruik ‘n sterk cheddar kaas vir ‘n werklik heerlike botterbroodjie saam met jou gunsteling konfyt en ekstra kaas.
MIKROGOLF SKONS
240g Bruismeel (500ml)
25g Margarien
1 Eier 5ml Sout
1X 175ml Joghurt
50g Gerasperde Cheddarkaas.
Sif droë bestanddele saam: vryf margarien in met vingerpunte.
Voeg eier by, dan Joghurt en meng tot ‘n stywe deeg.
Druk uit liggies, sny uit vorms.
Voorverhit verbruiningsbak 3-minute, smeer margarien liggies oor bodem van bak: ses
skons in op ‘n slag, 1-minuut op hoog aan elke kant.
Bedien met botter, konfyt of stroop
ROOM SKONS(uitrol/uitdruk)
Bestanddele
2 Koppies Meel
4 t Bakpoeier
Sout
1k Room
1 Eier
Metode
Sif droë bestanddele saam. Klits eier in room en meng alles saam tot sagte deeg. Rol uit en druk uit in ronde vorms. Plaas in pan. Bak teen 250º C tot goudbruin. Toets of gaar en geniet.
ONTBYT SKONS
Bestanddele
500 ml koekmeel
125 ml gerasperde Cheddarkaas
15 ml bakpoeier
1 eier
5 ml suiker
100 ml melk
2 ml sout
100 ml water
5 ml mosterdpoeier
50 ml kookolie
Paprika
Metode
Sif droë bestanddele. Voeg kaas by. Klits eier, melk, water en olie. Maak holte in middel van droë bestanddele en giet vloeistof in. Meng vinnig tot sagte deeg met vurk. Drup lepels vol op geoliede bakplaat, strooi paprika oor bokant. Bak 10 – 12 min by 220ºC. Sit warm voor met botter.
Lewer 12 groot skons.
SPRITE SKONS
Meng saam:
4 kop bruismeel
1 tl sout
250ml room
Vou in met houtlepel,
250ml sprite koeldrank
Bak by 180 grade vir 20 minute
Beslag maak 18 scons
VINNIGE ONTBYTSKONS
500 ml koekmeel 125 ml gerasperde Cheddarkaas
15 ml bakpoeier 1 eier
5 ml suiker 100 ml melk
2 ml sout 100 ml water
5 ml mosterdpoeier 50 ml kookolie
paprika
Sif droë bestanddele. Voeg kaas by. Klits eier, melk, water en olie. Maak holte in middel van droë bestanddele en giet vloeistof in. Meng vinnig tot sagte deeg met vurk. Drup lepelsvol op geoliede bakplaat, strooi paprika oor bokant. Bak 10 – 12 min by 220ºC. Sit warm voor met botter.
Lewer 12 groot skons
DOODVREET-LEPELSKONS
4 kop bruismeel
1 teelepels sout
2 teelepels bakpoeier
2 groot eiers
½ koppie olie
2 teelepels wit suiker
1 kop karringmelk – soos benodig om deeg klouerig slap te maak (om te skep in muffin-panne
Meng olie, eiers, melk tot glad. Meng droë bestanddele en suiker. Meng die mengsel by droë mengsel. Deeg moet slap wees om te skep met lepel, maar nie loperig nie. Skep ‘n groot eetlepel vol in gesmeerde kolwyntjie-pannetjies. Bak by 200º C goudbruin
GROENTESKONS
Skondeeg:
500 ml (ongesif afgemeet) koekmeelblom
20 ml bakpoeier
10 ml suiker
2 ml sout
60 ml botter
125 ml gerasperde cheddarkaas
50 ml gekapte pietersielie
50 ml fyn gekapte ui
50 ml fyn gekapte tamatie (net die vleis, nie die sap en pitte nie)
25 ml fyn gekapte pietersielie (opsioneel)
1 eier
200 ml melk / suurmelk
Bolaag:
150 – 200g cheddarkaas, fyngerasper
125 ml botter, gesmelt
5 – 10 ml mosterdpoeier
knypie rooipeper
Voorverhit oond tot 220°C. Smeer `n oondvaste bak met `n deursnee van 27 cm. Sif die meel, bakpoeier, suiker en sout saam. Frummel die smeer daarin. Voeg die kaas, pietersielie, ui, tamatie en soetrissie by en meng liggies. Klits eier en melk / suurmelk saam en sny met `n slaplemmes in om `n slap skondeeg te vorm. Skep lepelsvol deeg in die bak. Meng die bestanddele vir die bolaag liggies saam. Versprei dit oor die rou skons. Bak 10 – 15 min tot goudbruin. Sit louwarm voor. (Steek die skons met `n vurk los).
LEMONADE SKONS
4 kop self raising meel
1 x 330 ml lemonade koeldrank
300 ml room
knippie sout
Metode:
Verhit oond tot 220 C. Meng als saam en druk uit op meelbestrooide oppervlak, tot 2 cm dik. Sit op bakplaat en bak 10-15 min lank tot ligbruin bo op. So lig en lekker
SKONS
4 koppies Meel
8 teelepels Bakpoeier
Sout
3 eetlepels Suiker
4 eetlepels Botter (hoog vol)
2 Eiers
1 koppie Melk
Metode:
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Voeg suiker by. Vryf botter in meel mengsel. Klits eiers saam met melk. Maak aan. Voeg nog melk by as deeg te styf is. Skep lepelsvol teen mekaar in gesmeerde bak. Bak by 180ºC tot gaar.
You must be logged in to post a comment.