SOP!


Aartappel sop -Ifood

Aartappel sop -Ifood

Aartappelsop

1 goot ui fyngekap,
1t knoffel,
1 pakkie bacon fyngesny,
6 groot aartappels in klein blokkies gesny
* braai als saam tot bruin
Voeg 1liter hoenderaftreksel by en kook tot sag
*liquidize tot glad
*voeg knippie nutmeg en 1k melk by
*prut saggies vir 10min
*voeg halwe koppie room by voor opdienning

Variasie: sit gestoomde brokkoli / spinasie by sop voor jy dit liquidize

Boontjie sop-sagetrifle

Boontjie sop-sagetrifle

Boontjiesop
Mariette Visser
1 sakkie (500g) suikerbone
3 liter kookwater
500 – 800g beef shin (bees skenkels) of skaapskenkels of -stowevleis (of albei)
1 groot ui, gekap
1 biefblokkie
1 blikkie (65g) tamatiepasta
25 ml Bisto
15ml Worcestersous
sout en peper
Week boontjies oornag in baie koue water.
Die volgende dag: was en dreineer boontjies en kook dan met 2 liter van die
kookwater tot sag.
Braai ui en vleis bietjie bruin en kook dan met orige 1 liter kookwater tot baie sag.
(‘n Drukkoker/stoompot is baie handig!)
Verwyder die bene en sny vleis inkleiner stukkies en voeg saam met die vleissous en
biefblokkie by die boontjies.
Meng die tamatiepasta, Bisto en Worcestersous met bietjie koue water en roer by
die sop in – geur met sout en peper.
Laat dit goed deurkook en bedien warm.

 

Boontjiesop met spekblokkies

500g pakkie droë suikerbone, 250g gerookte spek, in blokkies gesny oornag geweek in koue water 1 varkpootjie
2.5 liter water 1 groot ui gekap
1 wortel, grof gerasper 65g (1blikkie) tamatiepasta
2 lourierblare 6 wonderpeperkorrels
3 kruienaeltjies ‘n paar gekapte takkies pietersielie
10ml bruinasyn sout en varsgemaalde swartpeper
2 knoffelhuisies skoongemaak olyfolie

Spoel bone af onder koue water en dreineer. Dompel varkpootjie vinnig in kookwater en was goed af. Skep spek in ‘n groot kastrol en braai oor lae hitte tot bros. Skep uit. Braai varkpootjie in dieselfde kastrol tot bruin alkante. Skep bone by varkpootjie in kastrol en voeg water by. Verhit tot kookpunt, en skep skuim af met gaatjieslepel. Voeg res van bestanddele tot em met bruinasyn by, verhit tot kookpunt, verlaag hitte en laat stadig prut met deksel op kastrol vir sowat 2½-3 ure of tot bone sag is. Geur na smaak met sout en swartpeper. Verwyder varkpootjie en druk sommige van die bone fyn met ‘n aartappeldrukker. Proe en geur na smaak indien nodig.

Botterskorsie op-The Sensitive Epicure

Botterskorsie op-The Sensitive Epicure

Botterskorsie Sop
700 g botterskorsie ( butternut)
1 ui, gekap
3 aartappels, in blokkies
1,25 liter hoenderaftreksel
sout en peper na smaak
125 ml room of melk

Braai die ui en voeg die aartappel, butternut en tarragon by. Braai vir ‘n klein rukkie. Voeg dan die hoenderaftreksel by en kook tot die groente sag is. Versap in voedsel verwerker en geur na smaak. Voeg die room of melk by net voor opdiening.

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s