Hoe om Sole gaar te maak
Karen Neethling Vd Merwe Sprinkel met vars suurlemoensap, klontjie botter, Maldon sout, vars gemaalde swart peper in ‘n foelie bakkie en bak in die oond, plain en maklik.
Rachel Foit Smeer botter en spices plaas in oondbak gesmeer met botter en plaas onder oondrooster vir paar minute hou dop dit word vinnig gaar en moenie brand ni
Toni Louw-Corbett Marie, weet jy my pa was lief of sole net so op ‘n bakplaat in die oond by 180 C te sit aan altwee kante gesmeer met suurlemoen en botter en dan net so op te dien met ‘n kaassous. Hoop dit help.
Anton Scheepers Maak eers skoon en trek vel af. Glo dit is die belangrikste gedeelte van enige Sole Resep!!! Aromat, wit peper en bedruip met so bietjie suurlemoen. Laat rus vir so 10 minute. Maak gaar in non stick pan met genoeg botter op medium hitte.
Charmaine Amery Kirsten Jy bak dit net in regte botter.
Marileen Naude Ek braai dit in ‘n pan, ook met botter en suurlemoensap, en dan pietersielie by. Dit moet regtig maksimum 5 min aan ‘n kant gebraai word, anders is dit uitgedroog.
Julz van der Merwe Net sos rian,ma x gebryk heelwat botter + x voeg garlic by. Garlic+gemmer is di beste
Anne-Marie Victor Ek verkies sole in die oond grill met net gesmelte botter, suurlemoensap en sout oor.
Rian Olivier In n pan met bietjie botter , sout , pepper en suurlemoensap!
Stompie Theron Borman Bietjie sout en peper en baie regte egte botter bak in oond
Madeleen Grobler Ons het altyd Sole gespice met di Visspice van R. Dan in botter gebraai. Skoonsus het ‘n paar aande gelede te lekker daaraan geeet.
Mariè Wilkins Baie dankie vir julle hulp ek gaan somer more prober.
Ellen Jansen van Vuuren Ek het dit in n glasbak gesit. Spice na smaak. Gooi room oor met gerasperde kaas en bietjie botter. Bak in oond vir so om en by 45 minute. Jy eet jou vingers af.
Karina Marais Rol in meel, dan in eier en braai in pan vir effense degie. Heerlik met suurlemoensap of kaassous bedien.
Marie Fourie Ek smelt net botter,spice vis met Ina paarman se vis spice,knoffel,bak in oond ,word baie vinnig gaar
You must be logged in to post a comment.