BêRE – MENGSEL” vir Pastei Kors, Skons en Souskluitjies


Bere Mengsel- Bron onbekend

Bere Mengsel- Bron onbekend

BêRE – MENGSEL” vir Pastei Kors, Skons en Souskluitjies

Kobus Deminey “

9 en 1/3 kp koekmeel

4 Etl bakpoeier

1 pd margarien / botter / kookvet

3 tl sout

(ek gebruik 2.5 kg meel en 500 g marg)

Meng droë bestanddele. Vryf smeer in. Bêre in glasfles in yskas, en gebruik soos nodig.

Wat kan jy hiermee maak?

VLEISPASTEI – KORS

Maak 1 kp mengsel aan met koue water en skeutjie suurlemoensap. Druk / rol dun uit.

Gebruik soos benodig.

OF

SKONS / BOTTERBROODJIES

1 ½ kp mengsel

½ kp meel

1 eier met ¼ melk geklits

Maak alles aan tot sagte deeg. Druk plat, sowat 2 cm dik. Druk met glas / koekiedrukker in sirkeltjies.

Plaas op gesmeerde bakplaat en bak in warm oond vir so 10 – 15 minute tot goudbruin en gaar.

OF :

SOUSKLUITJIES

(in elektriese braaipan, ek verkies dit, maar dit kan ook in oondpan, bedek deeg bolletjies met foelie, in oond gebak word.)

4 groot etl mengsel

1 groot Etl meel

1 Etl suiker

1 eier

Bietjie melk

Maak sagte deeg aan met bestanddele. Kook sowat 1 ½ cm (! Dis reg ja, cm!) water in braaipan.

Gooi knypie sout en ’n paar klontjies botter by. Laat botter net smelt, skep nou lepelsvol van deeg in water in die pan, sit deksel op en kook /bak vir sowat 10 – 15 minute.

Haal uit. Skep die kluitjies oor in opdienbak warin dik lagie kaneelsuiker gestrooi is, en strooi nog kaneelsuiker bo-oor.Stip met klontjies botter.

Maak in dieselfde pan sous: Kook 1 ½ kp water en ½ kp kaneelsuiker op, bind met bietjie Maizena/Mielieblom, hou warm tot bedieningstyd, giet sous oor kluitjies in bak en Voila!

Maak bg. SKON-degie aan.

Druk plan in oondpan.

Bak in warm oond tot goudbruin.

Haal uit oond, gooi nou ½ kp gesmelte botter oor, laat effe intrek, dan smeer jy lagie Bovril / Marmite oor, rasper lagie Cheddar kaas bo-oor. Rooster.

Sny wiggies en eet sommer buite op stoep !

Ek het ook al tussen die Bovril en kaas, ’n dun lagie fyn gestampte biltong gestrooi, óf ’n lagie gaar spinasie en feta geskep.

En ek het al I.pv. Bovril, tamatiesous of vars dun skyfies tamatie en brosgebraaide maalvleis of spek gebruik

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s