TAMATIEKONFYT:
Gooi tamaties in kookwater – haal uit en trek skil af – Weeg nou jou tamaties – vir elke 1 kg tamaties, 1kg suiker – gooi die tamaties onder in jou pot – druk sommer so met jou hand die tamaties effe fyn – gooi nou die suiker bo-oor – laat staan so ‘n rukkie dat die suiker begin smelt – Ek sit my stoof so op 1 sodat dit net effe hitte gee van onder af – roer gereeld- pasop net dat jou suiker nie brand nie – gooi nou ‘n gekapte gemmer wortel in – Laat kook vir omtrent 2 ure vinnig – gooi so 3 eetl suurlemoensap by –
Toets jou stroop in die yskas om te sien of jou stroop reg is. Om te toets, gooi bietjie stroop in piering en sit in die yskas- laat staan paar minute – as jy dit uithaal en jy draai die bordjie skuins, moet dit soos ‘n traandruppel stadig afloop, indien dit soos water afloop, kook verder.
Hou jou konfyt dop, tamatiekonftyt brand maklik en jy kan dit ook maklik te lank kook en dan is dit taai – indien dit te taai is, gooi nog water by en kook weer vir ‘n rukkie.
Bottel warm
You must be logged in to post a comment.