GEKOOKTE KLEI
2 k koekmeel
5 eetlepels kremetart
1 k sout
2 k water
5 eetlepels olie
Voedselkleursel
Geursel
Meng als in pot.
Roer met houtlepel tot ‘klei’ ‘n bol begin vorm.
Verminder hitte en hou aan roer totdat die bol lekker solied is.
Knie vir 2 minute.
Laat afkoel voor spel en bêre in ‘n houer in die yskas.
*
MAKLIKE SPEELKLEI
Jy het nodig:
2 koppies meel
1 koppie sout
2 teelepels olie
‘n koppie water
Doen dit so:
Meng die meel en die sout. Voeg dan die olie by en voeg dan die water stadig by tot dit so styf is soos wat jy dit wil hê. Deel op in bolletjies en kleur verskillende kleure met voedselkleursel.
Hierdie klei resep werk baie lekker! Blykbaar kan julle die klei na die tyd teen 250 grade bak vir ‘n uur in die oond, maar ons het dit nog nie probeer nie.
*
LEKKERGOEDKLEI:
(Eetbare klei)
80ml margarien
80ml Stroop
1ml Vanielje geursel
4 k versiersuiker
Smelt die margarien,stroop en vanielje saam. Laat effens afkoel en voeg versiersuiker by.
Knie baie goed om tot klei te vorm.
Verdeel klei en kleur met verskillende kleure kleursel.
As kinders klaar gespeel het, kan hulle die klei eet of terwyl hulle speel
*
SOUT SPEELKLEI
4 koppies koekmeel
4 koppies sout
4 koppies koue water
1/4 koppie kookolie
15ml kremetart
Koekkleursel
Meng bogenoemde tot ‘n gladde deeg.
Plaas in kastrol en laat oor lae hitte kook tot dit so taai soos kougom is.
Roer heeltyd.
Laat afkoel.
Bere in lugdigte houer of plastieksak in yskas
*
SOET SPEELKLEI
80 ml stroop
80 ml margarien
2 ml vanieljegeursel
500 g versiersuiker
koekkleursel, in verskillende kleure
Smelt die stroop en margarien saam
Voeg die versiersuiker by en knie totdat dit ‘n mooi gladde deeg vorm. En ja, jy mag nou maar proe – die klei is so lekker soos fudge!
Verdeel en voeg kleursel by soos verkies
Laat afkoel, sommer in die yskas as julle haastig is.
*
VASELINE SPEELDEEG
2 k koekmeelblom
30 ml alum poeier (apteek)
125 ml sout
75 ml Vaseline
350-375 ml kookwater
Meng alles saam met voedselkleursel.
Ek gebruik baie minder water, want anders is dit te pap. Hierdie klei hou nogal baie lank en raak nie so vinnig droog nie.
KOOL-AID SPEELKLEI
1 koppie meel
¼ koppie sout
1 pakkie Kool-Aid (enige geur)
⅔ koppie water.- jy sal tussen ½ kop na 2/3 kop gebruik
1 eetl Olie
Metode:
Meng die meel, sout, en die Kool-Aid saam.
Kook die water. Voeg die olie by die water.Gooi ‘n bietjie van die water by die droë bestanddele en meng met ‘n lepel. Hou aan water byvoeg en brei die klei tot die kool-aid deurgemeng is en dit soos speelklei voel.
Wenk: Gooi so 1 teelepel “eetbare glitter” by om dit ‘n bietjie op te helder !! Dink net hoe gaan daardie ogies blink as hulle die klei sien.
You must be logged in to post a comment.