Lemoenkoek


Lemoenkoek met Stroop

Lemoenkoek met Stroop

Bestandele:

3 eiers geklits
1k suiker
1 en 1/2 k meel
1 en 1/2 t bakpoeier
180ml melk
Sout
45 ml margarien
Voeg suiker by eiers en klits goed. Sif meel, bakpoeier en sout saam. Meng met eiers. Kook melk en margarien saam. Roer in meelmengsel. Bak 20-30 min 180. Laat bietjie afkoel, prik en gooi sous oor:
SOUS

Bestandele:

1 en 1/2 k suiker
1 k water
45 ml margarien.
Kook 5 min, haal af en voeg 1 k lemoensap en 45ml lemoenskil by. Gooi oor koek
As afgekoel het, sprinkel versiersuiker oor.
Kan ook bedien met styfgeklopte room

Ek bak my koek in glasbak, gooi die stroop oor en los dit in die bak. Ek skep dit dan blokkiesgewys uit soos benodig.

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s