Vleisrolletjies/pasteitjies


Rol pasteitjies Deur: http://myfridgefood.com/

Rol pasteitjies
Deur: http://myfridgefood.com/

Rol pasteitjies
Deur: http://myfridgefood.com/
Bestanddele
500gr maer gemaalde beesvleis
250gr roomkaas, versag
1 pakkie taco geurmiddels (enige geurmiddels na smaak is reg)
1 koppie gerasperde cheddarkaas
2 rolle skilferkors rolle (uitgerol en in sirkel gesny. Verdeel dan in kwarte en weer in kwarte
Verhit die oond tot 180 C
Braai maalvleis in ‘n pan. Dreineer vet. Meng geurmiddels, cheddar kaas en room kaas by. Skep ‘n volle eetlepel op elke driekwart stuk en rol op.
Plaas op gespuite bakplaat.
Bak vir 15 minute of tot goudbruin.

*

KLEIN VLEIS PASTEIE/ROLLETJIES

Rencia Odendaal Pretorius

8 kop meel

1 tl sout

500gr to bake stork margarine

Rasper die botter in die meel en soutmengsel in en vryf in met jou vingers

Meng 4 eiergele met 4 eetl asyn en gooi 500ml YSKASWATER by

Meng alles goed en rol uit

Sny jou blokkies vir die pasteitjie – ek en my ma het die groote mooi uitgewek. Sny dit 5cm by 7 cm – dit is ‘n mooi fyn maar groot genoeg pasteitjie.

VLEISMENGSEL:

Maak maalvleis gaar op stoof  SONDER ENIGE WATER OF UIE. Voeg sout en peper by na smaak.

Maak   mash aartappels – kook net die aartappels op en mash met klein bietjie melk

Die formule moet wees bv 1kg maalvleis op 1 kg mash – of 500gr op 500gr – jy bepaal hoeveel pies jy wil maak

Meng die maalvleis en mash en gooi 1 TEELEPEL KAKOA by en meng goed.

Vat jou vinger, maak nat met water en smeer bo-oor die pasteideeg.  Sit vleis in en rol toe.

Seel jou kant mooi toe met water op die vinger wat jy smeer tot glad.

Pak jou vleispasteitjies op bakplaat en dan:

Vat 1 eetlepel mayonnaise gemeng met 1 eiergeel. Met jou  kwassie  verf die hele vleispasteitjie mooi – ooral – probeer om nie plekkies te mis nie want die mayonnaise gee die pie so ‘n mooi bruin goue kleur as gebak is, en as daar plekkies is wat jy nie geverf het nie, is daar  wit kolle op die pie.

Bak vir ongeveer 30 min by 150 grade C

pasteitjies

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s