GEMMERBIER PLANTJIE
Jy begin jou plantjie in ‘n een liter fles.
Plaas 8 Sultanas/rosyntjies in die fles saam met die sap van twee suurlemoene, 1 teelepel gerasperde suurlemoenskil, 4 teelepels suiker, 2 teelepels varsgemaalde gemmer en twee… koppies water.
Roer en laat die mengsel staan in ‘n warm hoekie vir twee tot drie dae tot dit begin fermenteer.
Sodra die plantjie begin “groei” moet jy dit elke dag “voer” met twee teelepels gemaalde gemmer en vier teelepels suiker vir ‘n periode van een week.
Om jou bier te brou gooi jy vier koppies kookwater oor vier koppies suiker en meng tot die suiker opgelos is.
Voeg drie liter koue water, die sap van vier suurlemoene en die “plantjie” by.
Sif deeglik deur – gebruik dun doek.
Draai die doek uit in ‘n bak en gebruik die vloeistof wat uit die doek kom vir jou volgende “plantjie”. Begin dit deur twee koppies water, twee teelepels gemaalde gemmer en vier teelepels suiker by te voeg.
“Voer” die plant dan soos voorheen.
Bottel jou bier in dik glasbottels. Na drie dae sal dit gereed wees vir gebruik
GEMMERBIER
Bestandele:
20 ml gemaalde gemmer
10 liter lou water
1.6 kg wit suiker
150g rosyne
10g aktiewe droëgis
10 ml kremetart
10 ml wynsteensuur
Metode:
Voeg die gemmer by die water en suiker en roer tot die suiker opgelos is. Voeg die res van die bestanddele by. Giet die mengsel in ‘n plastiekemmer met ‘n deksel en laat dit 24 uur lank gis. Syg die bier daarna deur en giet die filtraat in gesteriliseerde bottels. Moenie die bottels te vol maak nie. Plaas 2 tot 3 van die rosyne in elke bottel en draai die proppe lossies vas. Laat die bier ‘n dag of twee by kamertemperatuur gis voordat dit in die koelkas bewaar word
GEMMERBIER (PASSOP HY KAN SKOP AS DIT LANK GENOEG GEGIS HET)
9 liter warm water
6 koppies suiker
2 eetlepels gemmer
1 eetlepel kremetart
¾ blokkie saamgeperste suurdeeg
Handvol rosyne
1.Gooi alles bymekaar, behalwe die suurdeeg
2.Roer deeglik, totdat die suiker opgelos is.
3.Breek suurdeeg kleiner en voeg by.
4.Laat staan totdat rosyne bo-op dryf (dit vat langer as bewolk is)
5.Gooi deur ‘n doek en bottel
6.Gooi ‘n paar rosyne in elke bottel
7.Bere in yskas
8.Maak ongeveer 10 liter.
ROOIBOS -GEMMERBIER:
3 liter sterk rooibostee
20 ml gis
750 ml suiker (3 koppies)
3 liter kouer water
30 ml gemmer (fyn)
5 ml kremetart
150 ml rosyne.
Meng die tee en gis.
Voeg die suiker by tee en roer.
Voeg dan die water en gemmer by.
Voeg laaste die rosyne en kremetart by.
Laat staan vir 12 tot 24 ure tot die rosyntjies bo-op dryf en die mengsel begin gis. Gooi deur ’n kaasdoek, bottel en sit in die yskas.
GEMMERBIER SONDER GEMMER
Bestanddele
1 k witsuiker
5 ml Korrel suurdeeg
1,5 l Louwarm water
Metode
Meng alles. Laat 12 uur staan. Syg deur. Gooi in bottels.
GEMMERBIER – maak 9 bottels (750ml
6 en 3/4 L water
1 E suurdeeg
6 k suiker
20 ml jamaika gemmer
6 tot 7 rosyntjies in elke bottel
Meng alles saam en sit in bottels
Laat staan vir 24 uur en moenie die prop opdraai nie.
GEMMERBIER
3 liter water
1/2 k suiker
1/4 blokkie yeast
1/4 t tartaric acid
1/4 t kremetart
1 el gemaalde gemmer
1/4 k rosyntjies
Meng al die bestandele saam, maak toe en laat staan oornag.
Gooi deur n sif en gooi oor in bottles. Bedien koud.
GEMMERBIER
1 eetl gemmer
1 liter kookwater
meng en laat staan vir 20 minute om te trek
voeg by:
5 liter louwater
1 pakkie anchor yeast
6 kop suiker
2 pakkies kremertart
Laat staan vir 2 dae om te trek en te gis.
Bottel.
You must be logged in to post a comment.