Tag Archive | curry tripe

Skaap afval/tripe/braun/sult/bron


IMG_9582

Rens se kerrie afval

RENS SE KERRIE AFVAL (Stoompot)

1 skaap afval, skoongemaak

500gr lieslappe in stukkies gesny, of skenkels of tjops of enige vleis wat jy verkies

2 uie grof gekap

4 aartappels in blokke gesny

4 wortels geskil en in ringe gesny

1 eetl kerrie of masala (ons gebruik 2 eetlepels maar dit is eie keuse hoe sterk jy jou kerrie wil he)

2 eetl borrie

4 anys saadjies (anaseed stars)

3 eetl suiker

1 tl knoffelvlokkies

Sout en peper na smaak

50ml wit asyn

Ekstra water indien nodig

Gooi afval en vleis  in stoompot met genoeg water in, sout en so 2 anys blommetjies en 1 ui in 4 stukke gekap (die anys sterretjies gee lekker reuk aan die afval en daai “weghol” reuk is bietjie gebreek)

Stoom vir 30/45 minute

Stoom af – Haal afval uit en behou die water eenkant

Ek verkies om al die bene van die afval af te sny, ek hou net die pootjies heel. Ek sny ook die maag in stukkies. Ons is lief vir fyner afval as die heel stukke

Braai nou jou uie en knoffel tot sag, voeg die kerrie, borrie, suiker en asyn by en roerbraai vir ‘n rukkie

Gooi die afval terug in die pot asook die water wat jy netnou afgegooi het. Voeg nog by indien nodig

Gooi blokkies aartappel en wortels by en anys saadjies

Bring tot stoom en stoom vir 10 minute

Stoom dadelik af.

Gooi enige pakkie soppoeier bv bruin uiesop, chakalaka, sout en peper  by en kook tot dik.

 

KERRIE AFVAL

1 skaap afval
2 groot uie
4 medium aartappels geskil en in blokkies gesny
1 e kerrie
1 e borrie
2 hoogvol e appelkoos konfyt
1/2 k bruinasyn
1 k water
1 Pakkie chakalaka of vegetable curry soppoeier
Braai uie in pan tot bruin. gooi kerrie, borrie, konfyt by en braai verder tot jy hom ruik. Gooi asyn by en roer deur.

Gooi nou water by.
Meng jou aartappelblokkies en afval lekker deurmekaar
Spray jou slow cooker met spray  ‘n cook.
Gooi aartappels en afval in die pot.
Gooi kerrie uie mengsel oor en vul water aand tot afval bedek is.
Meng nou die pakkie spo soppoeier deur als.
Sit op hoog vir ten minste 6-7 ure. Ek sit myne aand as ek werk toe gaan (8uur) en dan eet ons so 6uur se kant.

Bedien met rys of stampmielies

 

SKAAP AFVAL:
1kg skaapafval (kop, pens, pootjies),skoongemaak
30ml kookolie
15ml botter
3 uie, in ringe gesny
2 knoffelhuisies, gekneus
1 groen soetrissie, ontpit en gekap
10ml kerriepoeier
3 tamaties, geskil en gekap
30ml tamatiepasta
5ml sout
varsgemaalde swartpeper na smaak
Kook afval in soutwater vir 3 ure lank, of tot sag. Giet vloeistof af en hou net 250ml in kastrol agter. Soteer uie, knoffel en groenrissie in verhitte olie en botter. Voeg kerrie by en braai vir nog ‘n minuut of twee. Voeg die res van die bestanddele by en prut vir 5-10 minute. Voeg die mengsel by die afval en prut vir nog 5 minute. Sit voor.
Lewer 6 porsies.

kerrie afval

Ilse se kerrie skaap afval

ILSE SE KERRIE AFVAL

2 SKOON afvalle, pens en pootjies
Water
Witasyn

500g skaap kookvleis
2 uie, grof gekap
SOUS:
2 e matige Kerrie
1 e Masala
250ml Bruin asyn
250ml Suiker
250ml Water
1 t Allspice
1 t Koljander
1/2 t fyn naeltjies
1/2 kaneel
1/2 t gemmer
4 aartappels geskil en in groot blokkies gesny

Laat die skoon afvalle oornag week in water en witasyn mengsel. 2 lt water en 500ml asyn.

Sny die pens in repies van so 2cm.
Pak pens en pootjies in groot casserole saam met die uie en skaapvleis.
Meng al die bestanddele van die sous en giet oor.
Meng deur.
Maak toe en sit in oond op 150C vir 4 ure
Sit aartappels by en bak verdere minimum van 1 en half uur voor ete. Hoe langer hoe beter. Verdik sous met Maizena net voor opdiening so dik soos jy dit wil he.

Bedien met rys

 

SKAAPKERRIE AFVAL
1 Skaap afval, ontdooi
4 Gesnyde uie
12.5 ml Olie
1 eetlepel Borrie
2 eetlepels Medium Kerrie
12.5 ml Suiker
50 ml Asyn
1 eetlepel Appelkooskonfyt
10 ml Aromat
Sout en Peper smaak
Kook die skaapafval vir ongeveer 3 ure tot gaar en sag.
Braai die ui in die olie tot sag en deurskynend.
Voeg die Borrie, Kerrie, Suiker en asyn by die uie.
Voeg die Kerrie uie mengsel by die gaar afval en kook dit stadig vir 30 minute.
Genoeg vir 4 persone.

sult

BRAUN
Ilse Mynhardt
2 skaap afvalle (pens en pootjies)
2 kg Bees Shin
Water
Sout & Peper na smaak
1/2 k Bruin asyn
3 e Borrie
2 e Kerrie
1/2 Appelkooskonfyt
1 e Gelatien opgelos in bietjie water
Kook afvalle en beesvleis, saam met sout en peper, in water tot sag.
Verwyder alle bene
Gooi weer terug in pot en roer res van bestanddele saam.
Bring tot kookpunt
Giet in vorm van keuse (bv Leë plastiek coke bottel vir ronder vorm)
Laat stol in yskas
Verwyder en sny in skywe en bedien

 

KERRIESULT

1 skoongemaakte beespoot
2.5kg beesskenkels
5 swartpeperkorrels
1 lourierblaar
3 middelslag uie
30ml sonneblomolie
30ml kerriepoeier
15ml borrie
375ml bruinasyn
30ml appelkooskonfyt
15ml sout
2ml gemaalde koljander
2ml suiker

Bedek die beespoot en skenkels met koue water, voeg die peperkorrels en lourierblaar by en prut dit tot baie sag. Skil die uie en sny dit in skywe. Verhit die olie en soteer die uie, kerriepoeier en borrie daarin. Voeg die res van die bestanddele by die kerriemengsel, verhit stadig tot kookpunt en laat afkoel. Ontbeen die vleis. Maal dit of sny dit in stukkies op. Voeg die kerriemengsel by die vleis en prut dit ‘n uur lank. Giet dit in ‘n nat bak en laat afkoel. Bedek die bak met kleefplastiek en plaas die sult in die yskas om te stol. Dit kan tot 2 weke in die yskas gebêre word.

LET WEL:

Sult moet nie te styf wees nie. As dit die geval is, smelt dit in ‘n groot kastrol oor matige hitte en vog nog kookwater by. Proe daaraan of dit ektra smaakmiddels nodig het voordat dit weer gestol word.

BRAUN
Vat 3kg vark voete en skenkeks en 1kg chuck, kook als saam in stoompot 65min, haal al die bene uit en maak fyn, sny 3uie fyn, kwart kopie asyn en bruin suiker, sout, peper en kerrie na smaak, eetlepel borrie, kook weer saam fyn vleis net tot eie gaar is met 2liter kookwater, gooi uit in bakke en sit in yskas tot geset

 

BEES SULT/BRON

Vat die pens velle moet goed skoongeskrop word, dit moet spierewit wees, en alle pens moet weggewas wees. gebruik baie wit asyn en koeksoda of dit skoon te kry.

Dan: sny die beespens in blokke (groot of klein, maak nie saak nie, kleiner ruite van so 2 x 2 cm is goed
nou:
mens kook die bees pens so:

1 t kookolie
1 ui, geskil en fyngekap
1 – 2 t kerrie poeier
1 t chutney
1 e asyn
1 t tamatiesous
1 t borrie

Verhit die olie in ‘n dikboom kastrol
Braai uie tot deurskynend
Voeg by: chutney, kerrie poeier, borrie en tamatiesous
Roer goed deur
Voeg by: al die beespens stukkies
Roer goed deur
Roer die asyn by
Vul by met kookwater tot alles bedek is.
Bedek en prut stadig
Indien drukkoker gebruik word, prut onder druk vir ten minste 25 minute
Indien in ‘n gewone kastrol op ‘n gewone stoof gekook word, prut ten minste 4 ure, en op gewone manier, bly vloeistof aanvul indien weg kook.

Na die kook proses, koel effens af

Nou behoort die prutsel fyngekook te wees, indien nie, druk met ‘n voedsel drukker (masher) tot kleiner stukkies. Moenie laat dit heeltemal afkoel nie, maar vergiet dit oor in ‘n gesmeerde oondbak, of gepaste glasbak en verkoel
sodra dit verkoel is, sny in blokke of snytjies en bedien na smaak

Die kerrie kan na smaak vermeerder word