Biltong aartappel molshopies


Maggi Oliver het hierdie heerlike biltong molshopies gemaak. Dit is baie lekker saam met braaivleis .

BILTONG-MOLSHOPIES (HEERLIK)

BESTANDDELE:
6 groot aartappels
1 ui, fyn opgekap
olie
klontjie botter
125 ml room (maak die room effens warm)
ekstra melk
25 g fyn biltongpoeier
Ina Paarman’s Chilli & Garlic speserye
sout na smaak
ekstra fyn biltong
gerasperde kaas

METODE:
1. Skil aartappels, sny in stukke en kook tot sag
2. Braai intussen die fyn ui tot gaar
3. Druk aartappels fyn en gooi klontjie botter en room wat bietjie warm gemaak is by
4. Gebruik ekstra melk indien mengsel nog te styf is
5. Meng aartappelmengsel met gebraaide ui, biltongpoeier, speserye en sout tot goed gemeng
6. Vorm molshopies en plaas in oondvaste bak
7. Versier met gerasperde kaas en ekstra biltongpoeier
8. Ons het dit in die mikrogolf warm gemaak net voor ete
9. Baie lekker by ons braaivleis gewees
*Maak die room effens warm dan maak die aartappels nie klontjies nie

Comment here!