Tag Archive | botterbroodjies

Kaas Skons (uitrol of uitdruk)


kaasscones

KAASSKONS

Deur: http://lifeandcheese.com/category/cheesey-recipe/

2 koppies meel
2 teelepels bakpoeier
1 teelepel suiker
1/2 teelepel sout
knippie rooipeper (opsioneel)
2 koppies gerasperde sterk kaas
1 koppie volroommelk

Verhit die oond tot 220 ° C. Plaas die bakplaat in die oond om warm te word.
Sif meel, bakpoeier, sout, suiker en rooipeper in ‘n bak. Meng kaas by. Maak ‘n holte in die middel van die meel..

Bestrooi jou werksoppervlakte met meel en sorg dat jou oond op hitte is.

Voeg die melk by, meng deur met ‘n mes. Keer uit op ‘n meelbestrooide oppervlak en vinnig vorm ‘n 3 cm dik reghoek. Sny in 8 stukke en sit op meelbestrooide, warm bakplaat. Bak vir 15-20 minute. Jy sal ruik as julle gereed is. Dit sal mooi opgepof en goudbruin wees.
Jy kan die resep ook in jou muffin pannetjies bak wat gespuit is met spray en cook.

Heerlik! As jy dit nie dadelik wil eet nie, die resep vries goed.

Wenke vir bak van skons

1 Verhit die oond vooraf- dit moet warm wees. . Jy moet nie nog wag vir die oond om op hitte te kom as jou beslag klaar is nie.
2. Verhit die pan – sit dit in wanneer jy die oond aansit.
3. Voeg al die melk op een slag by – dit moet eerder ‘n nat as ‘n droë mengsel wees.
4. Meng dit vinnig deur met ‘n mes te sny , net genoeg om saam te bind. Moet dit nie oor meng.
5. Moenie te veel karring aan jou skon mengsel nie. Dws moenie te veel roer nie. Die oomblik as jy die melk ingemeng het, sny in stukke en kry dit dadelik in die oond.

Ag, en een laaste ding, gebruik ‘n sterk cheddar kaas vir ‘n werklik heerlike botterbroodjie saam met jou gunsteling konfyt en ekstra kaas.

Room skons

Bestanddele
2 Koppies Meel
4 teel  Bakpoeier
Sout
1 kop Room
1 Eier

Metode
Sif droë bestanddele saam. Klits eier in room en meng alles saam tot sagte deeg. Rol uit en druk uit in ronde vorms. Plaas in pan. Bak teen 250º C tot goudbruin.

Toets of gaar en geniet.

DOODVREET-LEPELSKONS

4 kop bruismeel
1 teelepels sout
2 teelepels bakpoeier
2 groot eiers
½ koppie olie
2 teelepels wit suiker
1 kop karringmelk – soos benodig om deeg klouerig slap te maak (om te skep in muffin-panne

Meng olie, eiers, melk tot glad. Meng droë bestanddele en suiker. Meng die mengsel by droë mengsel. Deeg moet slap wees om te skep met lepel, maar nie loperig nie. Skep ‘n groot eetlepel vol in gesmeerde kolwyntjie-pannetjies. Bak by 200º C goudbruin